{"id":8485,"date":"2010-05-11T06:35:33","date_gmt":"2010-05-11T06:35:33","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8485"},"modified":"2010-05-11T06:35:33","modified_gmt":"2010-05-11T06:35:33","slug":"hoes-of-betaal-is-die-wet-wat-nie-faal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8485","title":{"rendered":"Hoes of betaal is die wet wat nie faal"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Vanoggend berig Volksblad, pas na pres. Jacob Zuma sy nooiensjaar op die troon voltooi het, van \u2018n departement wie se posbus nie betaal is nie, met die gevolg dat aansoeke om vakatures na die aansoekers teruggestuur is. Die woordvoerder vir die departement s\u00ea, sou dit blyk die geval te wees, sal die poste opnuut geadverteer moet word.<\/p>\n<p> Die heradvertering sal oneindig meer kos as wat dit sou kos om die posbus betyds te betaal.<\/p>\n<p> In dieselfde stad, soos in verskeie ander munisipaliteite, dra staats- en provinsiale departemente se wanbetaling van munisipale rekeninge ruim by tot die munisipaliteite se noustrop-trekkery.<\/p>\n<p> Talle klein sake-ondernemings trek noustrop oor staats- en semi-staatsinstellings wat eenvoudig voete sleep met die betaling van diensverskaffers. Die vreemde is dat van hierdie ondernemings, met hul onbetaalde fakture in die hand, nie by banke oorbruggingsfinansiering kan bekom nie. Dit het \u2018n aardskuddende rimpeleffek deur die ekonomie as die staat se skuld nie as sekuriteit vir oorbruggingsfinansiering beskou word nie.<\/p>\n<p> Op die makro-skaal het die w\u00eareldmarkte pas \u2018n loesing gekry oor die Griekse ekonomiese krisis. Boonop het Griekeland, vergeleke met \u2018n land soos Spanje wat dalk volgende witpens boontoe kan dryf, \u2018n piepklein ekonomie.<\/p>\n<p> Herstel was gou, toe \u2018n reddingsboei deur sterker ekonomie\u00eb aangebied is, maar die belangrike was dat hierdie reddingsboei voorwaardes bevat soos \u2018n perk op salarisverhogings en die alte ruim bonusse, en dat belasting verhoog moet word. Die Griekse staatsdienswerkers het nog vir oulaas met gewelddadige betogings aan die illusie van \u2018n Utopia probeer klou, wat bloot die hulpverleners se skeptisisme oor die regruk verhoog het.<\/p>\n<p> In Suid-Afrika is die begrotingstekorte by minstens sommige van die departemente van gesondheid \u2013 selfs met reuse vakaturelyste \u2013 nie goeie nuus vir die ekonomie nie. Die land se vergrote werkloosheidskoers toon immers dat daar \u2018n groot behoefte is om elke denkbare pos te vul.<\/p>\n<p> Die tekorte op die paaiebegroting het \u2018n regstreekse impak op die land se makro-ekonomie.<\/p>\n<p> Dit is duidelik dat die land hom in \u2018n posisie bevind waar hy die sente moet omdraai, en terselfdertyd geld in omloop moet plaas om die ekonomie te stimuleer. Die Reserwebank speel \u2018n belangrike rol, maar daar is tog \u2018n paar lesse wat uit die Griekse tragedie te leer is:<\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Sorg dat produktiwiteit in pas is met jou land se handelsvennote, wat in effek die hele w\u00eareld is. Wanneer produktiwiteit te laag daal, word dit relatief goedkoper om dieselfde vervaardigde produkte van oorsee in te voer as om dit plaaslik te vervaardig.<\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Daar is geen plek vir korrupsie en onbekwaamheid nie. Die w\u00eareldbank beskryf korrupsie as die diefstal van \u2018n land se toekoms. Selfs al is die betrokkenes nie in staat om die skadelikheid van hul optredes te begryp nie, is dit geen rede om die blinde oog daarop te draai nie, en nog minder om die onderliggende etiek hieraan te herdefinieer sodat sekere skadelike praktyke hier te lande aanvaarbaar word nie.<\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Ekonomies maak dit sin om die produktiewe werkskeppingsektor ryk te laat word, omdat daardie sektor as enjinkamer vir die ekonomie dien. Die bottel bars egter as die onproduktiewe sektor op dieselfde wyse beloon word, en veral hierdie ruim, gewoonlik staatsbesoldigings \u2013 benut om luukshede soos peperduur vuurwaens in toe voer. Suid-Afrika is nou die land met die grootste meetbbare inkomstegaping ter w\u00eareld.<\/p>\n<p> \u2018n Korrupte en parasiet-gedrewe kultuur sal enige ekonomie laat sukkel, ongeag hoeveel myne so \u2018n land het \u2013 genasionaliseer of andersins. As Zuma in sy tweede jaar meer vertroue as in sy eerste wil inboesem, sal hy korrupsie en onbekwaamheid, moet aanspreek. Dan is daar geen ruimte vir kaderontplooiing nie. Politiek-wetenskaplikes meen egter so iets sou te veel van pres. Zuma se styl tot dusver afwyk om \u2018n \u2018n realistiese verwagting te wees.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">casino game<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ru.golos.ua\/suspilstvo\/shokin_uvolil_prokurora_harkova_1161\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vanoggend berig Volksblad, pas na pres. Jacob Zuma sy nooiensjaar op die troon voltooi het, van \u2018n departement wie se posbus nie betaal is nie, met die gevolg dat aansoeke om vakatures na die aansoekers teruggestuur is. Die woordvoerder vir die departement s\u00ea, sou dit blyk die geval te wees, sal die poste opnuut geadverteer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8485","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8485","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8485"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8485\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8485"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8485"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8485"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}