{"id":8463,"date":"2010-05-09T09:35:37","date_gmt":"2010-05-09T09:35:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8463"},"modified":"2010-05-09T09:35:37","modified_gmt":"2010-05-09T09:35:37","slug":"die-anc-het-regses-nodig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8463","title":{"rendered":"Die ANC het regses nodig"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Iets was vir my lank raaiselagtig. Blanke rassisme en spesifiek regse  Afrikaners se sogenaamde rassisme word vir baie dinge geblameer wat  skeefloop in Suid-Afrika. Di\u00e9 refrein het \u2018n legio verskillende  gedaantes, maar kom altyd op dieselfde neer: die ANC of swartes oor die  algemeen se probleme is alles te wyte aan sogenaamde blanke rassisme.  Alles wat skeef en krom is in Suid-Afrika, ja, selfs swart-op-wit  moorde, is eintlik nie die swartes se eie skuld nie, maar blankes, veral  regse blankes, s\u2019n. Al wat \u2018n probleem is word glo veroorsaak deur  sogenaamde rassisme. Rassisme kan uiteraard baie dinge insluit, soos om  oor misdaad te kla, korrupte ANC-kaders te betrap of om te aan te dring  op behoorlike dienslewering. Die blote besit van \u2018n wit vel kwalifiseer  jou stellig deesdae onmiddellik as \u2018n regse rassis.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Uitstekende voorbeeld van die verplasing van blaam vir al  Suid-Afrika se probleme op sogenaamde blanke rassisme is die brief wat  ene Afrikaan, \u2018n welbekende self-, Afrikaner- en Boerehater, wat met  geweldige ironie vir ons sit en skree vanuit Europa omdat hy self te  bang is om in Afrika te woon,<a href=\"http:\/\/www.litnet.co.za\/cgi-bin\/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&amp;cause_id=1270&amp;news_id=86595&amp;cat_id=160\"> vandag op Litnet skryf<\/a> (die \u201chulle\u201d hiernaas is nou glo die regses  of die Afrikaners): \u201cHoe langer hulle aanhou met hul onverdraagsame  houding teenoor egte Afrikane, mense soos my Tswana-vriende, die vrou  van Zeerust en ekself, hoe langer stel hulle ons mense in gevaar met  misdaad en plaasmoorde.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie selfde persoon, Afrikaan, het ook al voorheen beweer dat  boere verdien om in plaasmoorde te sterf want hulle mishandel hul  werkers, al probeer hy dit ontken en weier hy om sy bewerings onder sy  eie naam kwyt te raak. Om bostaande onsinnige drek, wat nuwe dieptes van  hierdie ekstreem-linkse se reeds welbekende absurdheid peil, na sy  logiese uiteinde te voer: Swartes is geensins toerekeningsvatbaar nie.  Dis altyd die (regse) blanke se skuld, maak nie saak h\u00f3\u00e9 swartes optree  nie. Laasgenoemde is uiteraard tekenend van ware en opperste rassisme  aan Afrikaan se kant, omdat hy swartes duidelik as breinlose robotte  beskou wat slegs optree in reaksie op wat blankes doen, en nie die  kapasiteit het om die towerkrag van die bose blanke man se invloed af te  skud nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die logiese uiteinde van Afrikaan se siek en verwronge siening is dat  blanke regses, indien nie Marzaan Kruger self nie, die skuld moet dra  vir die skokaanval waartydens swart misdadigers \u2018n eenjarige babatjie se  skedel bykans verbrysel het. Ek moet dit onmiddelik duidelik maak dat  ek, \u2018n Suid-Afrikaner wat gewoond is aan skokberigte, persoonlik diep  geskud is deur die aanval op haar en die vlak van barbarisme haas  ondenkbaar vind. Ek is self die pa van \u2018n jong Afrikanerkind, en kan my  nie eens indink hoe haar ouers moet voel nie. Dis egter net my eie  standpunt, maar skynbaar nie Afrikaan s\u2019n nie. Volgens hom is dit nie sy  geliefde \u201cegte\u201d (sic) Afrikane wat haar aangeval het se eie skuld nie,  maar eerder \u2018n pap baba of onbekende regses wat iets moes gedoen het om  die aanval op haar te ontketen. Is sy volgens Afrikaan tans in  intensiewe sorg omdat sy moontlik op \u2018n onverdraagsame manier gehuil het  agv die \u201cegte Afrikane\u201d (sic) wat by haar huis ingebreek het? Kennelik  het Afrikaan hom geweldig verkneukel aan die laakbare skokaanval op  Marzaan, daar waar hy op lafhartige wyse in Amsterdam vir die einste  Afrikane wegkruip, want dit \u201cbewys\u201d sy stelling, en toon aan dat babas  agv onverdraagsame rassiste se optrede ernstig beseer word. Natuurlik  kan hy slegs die mees vae, verregaande, breindood en absurde aantygings  maak, sonder enige bewyse hoegenaamd, maar die dom linkse (is daar enige  ander soort?) het hom nog nooit aan die feite gesteur nie. Ek wag in  spanning dat hy ons probeer wysmaak iewers is daar \u2018n regse agter die  aanval op Marzaan. (En as daar \u2018n hel is, wens ek die sub-menslike skuim  wat haar aangeval het, ewigdurende marteling daar toe.)<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p><a href=\"http:\/\/antonbarnard.praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2010\/05\/marzaan.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/antonbarnard.praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2010\/05\/marzaan-236x300.jpg\" title=\"Marzaan\" class=\"size-medium wp-image-1677\" width=\"236\" height=\"300\" \/><\/a><\/p>\n<p class=\"wp-caption-text\">Is dit hoe &#8216;n onverdraagsame  Afrikaner lyk, Afrikaan?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As mens vir \u2018n oomblik jou eie brein afskakel, en die absurde snert  aanvaar dat blanke rassiste, Afrikaners of regses (laasgenoemde is  uiteraard almal eufemismes vir een en dieselfde ding onder die linkses)  aan die wortel l\u00ea van al die agterstande en probleme in Suid-Afrika, en  jy neem \u2018n treetjie terug om na die geheelbeeld te kyk, is die antwoord  tog voor-die-hand-liggend. Verwyder Afrikaners bloot uit die prentjie,  et voil\u00e0! Al die land se probleme is opgelos. Die ANC kan dan sy  moderne, gesofistikeerde Afrikastaat bou en die voorbeeld van al die  eweneens suksesvolle, vooruitstrewende Afrikalande noord van SA se  grense na-aap, vry van die belemmering wat al die blankes met hul  teenwoordigheid veroorsaak. Soos Jimmy Manyi dit herhaaldelik stel: daar  is miljoene Afrikane wat net wag vir hul beurt om die Nobelprys vir  fisika in te palm, wat slegs deur blankes teruggehou word. Separatisme,  wat die blygemaakte veiligheidswag Nathi Mthethwa so intens grief, sou  Afrikaners ook tot voordeel strek. Marzaan se kanse om op daardie  skokkende wyse in \u2018n Afrikanerrepubliek aangeval te word, sou \u2018n klein  fraksie van haar kanse in Suid-Afrika gewees het. As mens dit in hierdie  lig beskou, is dit vreemd dat die ANC nie die nommer een voorstaanders  is van \u2018n volkstaat nie. \u2018n Volkstaat is immers iets wat presies d\u00edt sal  vermag: dit sal Afrikaners en ons chroniese rassisme uit die samelewing  verwyder, en sodoende die land se probleme eensklaps oplos.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nietemin is die ANC onverbiddelik gekant teen die gedagte van blanke  separatisme. Weereens: ons rassisme is glo \u2018n groot deel van die land se  problematiek, maar hulle wil ook nie juis ontslae wees van ons nie.  Sonder die regse bedreiding sou 2010 se SWB mos hoeka verseker wees van  sukses. Maak enige melding van separatisme of \u2018n Afrikanertuisland, en  die linkses wil egter slange vang. Hulle kan ons nie uitstaan nie, maar  hulle wil nie van ons ontslae wees nie. Wat gaan dus hier aan?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is van mening dat ons die antwoord kan vind in minister Nathi  Mthethwa se leedvermakerige propaganda oor die sogenaamde regse komplot  wat hy die afgelope week in die parlement gebesig het. Ek het hoegenaamd  geen idee oor hoe waar die aantygings oor laasgenoemde komplot sou wees  nie. Die feite klink egter vir my bra dun op die grond. \u2018n Hele vyf  sogenaamde regses gaar glo wapens en springstof op om glo \u2018n  ongespesifiseerde township op te blaas. Watter township, of is dit  sommer almal? Hoeveel springstof moet jy opgaar om Soweto plat te vee,  behalwe as dit miskien Plutonium-239 is waarmee jy \u2018n kernwapen wil bou?  Kan dom regses en blote Afrikaners die fisika baasraak om \u2018n kernwapen  te bou? (Antwoord: ja, ons het al ses keer so gemaak daar by Pelindaba,  maar gun my my sarkasme.)<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe dit ook al sy, al klink di\u00e9 sameswering vir my dik vir \u2018n  daalder, is dit \u2018n goeie aanduiding van waarom die ANC Afrikaners nodig  het. Regse Afrikaners (en is dit nie ongeveer 99% van alle Afrikaners  deesdae wat die ANC met \u2018n enorme passie haat nie?) is glo \u2018n bedreiging  vir die 2010 Sokkerw\u00eareldbeker. Al vyf van die gearresteerders sou  kwansuis die hele toernooi glo kon ontwrig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elders in die land is daar egter \u2018n veel groter en veel meer  realistiese bedreiging vir 2010 se SWB as vyf verdwaalde sogenaamde  regse samesweerders. Een van Cosatu se vakbonde, SATAWU, dreig om \u2018n  grootskeepse staking van stapel te stuur. Dit sal die land se ekonomie  letterlik laml\u00ea. Enkele jare gelede, tydens \u2018n  vragmotorbestuurderstaking, het vulstasies se petrol en diesel juis  opgeraak. Di\u00e9 staking kan presies dieselfde gevolge, en erger, h\u00ea, en  die SWB begin oor \u2018n maand. Dit sou \u2018n totale ramp wees as die besoekers  in \u2018n land opdaag waar die vervoerstelsel nie werk nie. SATAWU se  staking is dus \u2018n ekstreme, realistiese en onmiddelike gevaar vir 2010  se SWB.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar, volgens Nathi Mthethwa en sy breindood  linkse sikofante soos  Litnet se Afrikaan, is dit eintlik daai vyf gevaarlike, regse Afrikaners  wat glo die probleem is, nie die ANC se 80,000 plus eie Cosatu-trawante  nie.  Dis dan seker ook nie die horde swart misdadigers wat babas se  koppe papslaan, wat bejaardes martel en voorstedelike huise binneval om  te roof, verkrag en moor wat buitelanders se lewens en eiendom bedreig  nie, maar eerder die imagin\u00eare blanke, regse bedreiging. Ons almal weet  immers hoeveel buitelandse toeriste sedert 1994 deur gevaarlike regse  Afrikaners vermoor is (antwoord: nul.) Ek wonder of die ANC of die  Britse konsulaat waarskuwings gaan uitreik aan sokkertoeriste: \u201cBly om  hemelsnaam weg van blanke gebiede, veral waar Afrikaners woon.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So gepraat van moontlike probleme tydens die 2010-toernooi:  Johannesburg se noordelike voorstede sit om die beurt sonder krag en  water vir dae lank nou al. Ek skryf hierdie op my skootrekenaar met  batterykrag want dis donker in ons buurt. Ook hier is die krag af  vanaand. Laa\u2019k raai. Aapstat se hoof elektriese ingenieur is moontlik \u2018n  ontplooide ANC-kader wie se kennis van elektriese netwerke beperk is  tot kabeldiefstal aan sy kant. Wanneer dieselfde by \u2018n 2010-wedstryd  gebeur omdat die ANC eenvoudig nie die kapasiteit het om te beplan vir  die toekoms nie, omdat instandhouding van jou land se infrastruktuur  skynbaar in Afrikapolitiek getroef word deur die drang om \u2018n blink motor  te ry, gaan dit seker ook regse saboteurs se handewerk wees. Daai  einste regse saboteurs wat veroorsaak het dat ons ligte vanaand af is,  mnr Mthethwa, wat seker by Alec Erwin se sogenaamde Koeberg-saboteurs  gaan kers opsteek het? Gee my asb hulle name dat ek hulle \u2018n aanslag vir  die kragopwekker wat ek sal moet koop se koste kan gee!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarop ek hier afstuur, is natuurlik dat die ANC die Afrikaners en  veral die denkbeeldige regse bedreiging nodig het, agv sy eie volslae  onvermo\u00eb om enige iets te doen behalwe om die land se rykdom te plunder.  Afrikaners mag nie \u2018n volkstaat kry nie, want op wie sou die ANC se eie  tekortkominge dan blameer kon word?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom: die ANC het \u2018n sondebok nodig, en welke beter sondebok en  gogga as die denkbeeldige, gevaarlike Afrikaner kan jy kry om die babas  in die townships mee bang te maak? Hierdie strategie werk uiteraard vir  die ANC, want dis maklik om ongesofistikeerde, agterlike indiwidue wat  geen kapasiteit het om vir hulself te dink nie (nie almal van hulle  swart nie), hul propaganda vir soetkoek te maak opvreet.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0434\u043b\u044f \u0434\u0456\u0432\u0447\u0430\u0442\u043e\u043a \u0456\u0433\u0440\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Iets was vir my lank raaiselagtig. Blanke rassisme en spesifiek regse Afrikaners se sogenaamde rassisme word vir baie dinge geblameer wat skeefloop in Suid-Afrika. Di\u00e9 refrein het \u2018n legio verskillende gedaantes, maar kom altyd op dieselfde neer: die ANC of swartes oor die algemeen se probleme is alles te wyte aan sogenaamde blanke rassisme. Alles &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8463\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die ANC het regses nodig&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-8463","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8463","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8463"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8463\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8463"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8463"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8463"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}