{"id":8460,"date":"2010-05-07T06:17:56","date_gmt":"2010-05-07T06:17:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8460"},"modified":"2010-05-07T06:17:56","modified_gmt":"2010-05-07T06:17:56","slug":"sal-die-regte-suid-afrika-asseblief-opstaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8460","title":{"rendered":"Sal die regte Suid-Afrika asseblief opstaan"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u201cBloemfontein \u00e9n platteland slaggereed vir WB.\u201d So lui \u2018n lokblokkie op Volksblad se voorblad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook op die voorblad gee die minister en kommissaris van polisie Suid-Afrikaners en die buiteland die versekering dat die polisie alles onder beheer het nadat \u2018n groep regses aangekeer is wat glo met bonontploffings in swart woongebiede die sokker sou probeer ontwrig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volksblad se bekroonde rubriekskrywer, Gert Coetzee, het gister uitgewei oor hoe positief hy oor die komende toernooi is, en dat Suid-Afrika dit met groot sukses gaan aanbied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl daar positiewe tekens is, is daar ook vandag, Vrydag, lang ritse vullissakke op sommige Bloemfonteinse sypaadjies wat al Woensdag opgepik moes gewees het. Die vorige week, tydens die amptelike staking, is dit wel verwyder.<\/p>\n<p>Ook in vandag se Volksblad is \u2018n foto en berig oor \u2018n slaggat wat inwoners al rooi laat sien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie van die beoordeling dat alles tydens die toernooi vlot sal verloop, is gebaseer op die aannames dat alles tydens die aanbied van die w\u00eareld-rugby en Krieket-toernooie vlot verloop het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is om appels met pere te vergelyk. Die sokkertoernooi is, volgens genl. Andr\u00e9 Pruis 70 keer groter as die vorige twee saam. Tydens die krieket het genoeg sake ontspoor om \u2018n eenvoudige stelling dat alles vlot verloop het, onder verdenking te plaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die afskakeling van aftastingtoerusting omdat die netwerke te stadig was wat moes kontroleer dat kaartjies nie vervals is nie, is een. \u2018n Gekontrakteerde mediaskakelfirma wat nie iemand in diens gehad het wat die amptelike wedstrydmediaverslae vir die w\u00eareldmedia kon opstel nie, is nog een. Uiteindelik is \u2018n vrywilliger van \u2018n ander firma gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 het egter nie toegang gehad tot enige woordverwerker nie, en is boonop deur \u2018n senior IKK-ampsbekle\u00ebr uit die sigveld verwyder omdat hy dit in sy per uniform durf waag het om krieket te kyk. Die man moes toe agter die pawiljoen, soos \u2018n blinde, die amptelike mediaverslae opstel, en na die wedstryd vervaard iemand soek om dit te tik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander vrywilligers het net soveel stories vertel wat die hare laat regop staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel dit ondenkbaar is dat sulke blapse herhaal sal word, is dit tog kommerwekkend dat die volgende toernooi oneindig groter is. Verder was daar geen poging om inligting en voorstelle te bekom by die mense wat aan die kontakvlak van sake wat verkeerd geloop het, blootgestel was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie sake tydens die Konfederasiebeker, veral oor hoe misdaadsake hanteer is, het kommer gewek. Omdat die Konfederasie-beker met \u2018n besoekende Leeu-toer saamgeval het, was dit ook moeilik om altyd te bepaal of misdaad met die rugby of sokker verband gehou het. Kort hierna het die Vrystaatse polisiekomissaris \u2018n mediaverbod teen Volkblad en sy gemeenskapskoerante ingestel. Dit is intussen opgehef, maar uit \u2018n onlangse insident op die Lesothogrens lyk dit asof misdaad steeds selektief na die media gekommunikeer word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die smoor van inligting oor misdaad aan die een kant, en die groot klok oor optredes teen regses laat dit ook klink of \u2018n politieke filter as norm gebruik word, wat soos gebruiklik, die gevaar van polarisasie verhoog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop lyk die kanse goed dat Vrystaat landbou se beplande hofsaak teen die regering oor gebrekkige beveiliging van burgers sal voortgaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die vernaamste redes wat aangevoer word dat alles tydens die toernooi vlot gaan verloop, is dat die stadions betyds klaargebou is. Niemand sal stry dat dit \u2018n grootse poging geverg het nie. Vergeleke met die omvang van die toernooi, is die stadions net \u2018n molshoop teen die berg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat meer kommerwekkend is, is in hoe \u2018n mate die inhoud van die gasheerstad-ooreenkomste teen die bors gespeel word. Af en toe glip brokkies uit, soos die afstande van die stadion waar straatsmouse sake mag doen. Onlangs het dit via \u2018n SABC-TV-nuusbulletin aan die lig gekom dat dit selfs boomplant- en vullisherwinningsaksies insluit om die sokker se koolstof-voetspoor teen te werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van besondere boomplantaksies, veral om met die sokker verband te hou, is nog min gesien. In Bloemfontein het die munisipaliteit vierkant vasgeskop teen planne van \u2018n stedelike Bewarea om \u2018n herwinningsaanleg in bedryf te stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoeveel ander vereistes is daar in hierdie ooreenkomste waarvan die publiek nie kennis dra nie?<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/articles\/298893-remont-sistemy-vypuska-otrabotannyh-gazov\/\">\u0433\u043e\u0444\u0440\u0430 \u0434\u043b\u044f \u043e\u0442\u0432\u043e\u0434\u0430 \u0432\u044b\u0445\u043b\u043e\u043f\u043d\u044b\u0445 \u0433\u0430\u0437\u043e\u0432 \u0433\u0435\u043d\u0435\u0440\u0430\u0442\u043e\u0440\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cBloemfontein \u00e9n platteland slaggereed vir WB.\u201d So lui \u2018n lokblokkie op Volksblad se voorblad. Ook op die voorblad gee die minister en kommissaris van polisie Suid-Afrikaners en die buiteland die versekering dat die polisie alles onder beheer het nadat \u2018n groep regses aangekeer is wat glo met bonontploffings in swart woongebiede die sokker sou probeer &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8460\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Sal die regte Suid-Afrika asseblief opstaan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8460","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8460","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8460"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8460\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8460"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8460"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8460"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}