{"id":8451,"date":"2010-05-06T07:26:56","date_gmt":"2010-05-06T07:26:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8451"},"modified":"2010-05-06T07:26:56","modified_gmt":"2010-05-06T07:26:56","slug":"die-griekse-tragedie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8451","title":{"rendered":"Die Griekse tragedie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Danksy die impak op die Suid-Afrikaanse aandelebeurs en die rand se waarde neem Suid-Afrikaners kennis van wat in Griekeland met sy kleinerige ekonomie en net meer as tien miljoen burgers aan die gebeur is. Die Griekse tragedie be\u00efnvloed Europa, en Suid-Afrika word weer deur die groot volumes handel met Europa be\u00efnvloed, met dubbel-genoteerde maatskappye wat die strooptog op die JSE ingelui het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Griekeland is kniediep in tamatiestraat. Die IMF waarsku dat ander Europese lande deur Griekeland \u201cbesmet\u201d kan word. Veral Portugal word nou genoem, maar Spanje se naam word ook gereeld uit die hoed geruk. Spanje se ekonomie is veel groter as di\u00e9 van Griekeland en \u2018n krisis gaan baie negatiewer op Europa en die w\u00eareldmarkte inwerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die IMF het net benadruk watter Europese lande nie bedreig word nie \u2013 Duitsland en Frankryk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duitsland is ook die land wat uiteindelik vir die leeueaandeel van die Grieke se reddingsboei moet instaan. Die gewone Duitsers is na berig word erg taai in die bek, en die Griekse betogings teen die voorwaardes vir hulp is ook nie bevorderlik om die Duitsers se gemoed te verander nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die probleem \u2013 in sy eenvoudigste vorm gestel \u2013 is dat die Grieke se produktiwiteit en byvoorbeeld aftree-ouderdomme laag is, en dat vergoeding aan di\u00e9 van Utopia herinner. Bonusse is gelykstaande aan twee maande se salaris, en verhogings was nou jare lank \u2018n gegewe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veel meer is betaal as wat verdien is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou het die borrel gebars, en vir hulp moet Griekeland ondernemings gee soos dat daar \u2018n paar jaar lank geen salarisverhogings gaan wees nie, en ook nie bonusse nie. En nou is die Grieke, wat aan die luilekker lewe gewoond geraak het, nie be\u00efndruk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen floreer die valuta-spekulante, en bemoeilik sake aansienlik vir die IMF. Die Europese Kommissie maak stem dik en gaan alles in sy vermo\u00eb doen om te keer dat die finansi\u00eble marke die valutaspekulante se jagveld word.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: &amp;quot;Arial&amp;quot;; font-size: small;\"><span style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial;\" lang=\"AF\"><o:p>&nbsp;<\/o:p><\/span><\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/big-bad-wolf\/\">big bad woolf<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Danksy die impak op die Suid-Afrikaanse aandelebeurs en die rand se waarde neem Suid-Afrikaners kennis van wat in Griekeland met sy kleinerige ekonomie en net meer as tien miljoen burgers aan die gebeur is. Die Griekse tragedie be\u00efnvloed Europa, en Suid-Afrika word weer deur die groot volumes handel met Europa be\u00efnvloed, met dubbel-genoteerde maatskappye wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8451","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8451","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8451"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8451\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8451"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8451"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8451"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}