{"id":8434,"date":"2010-05-05T05:59:43","date_gmt":"2010-05-05T05:59:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8434"},"modified":"2010-05-05T05:59:43","modified_gmt":"2010-05-05T05:59:43","slug":"vrystaat-van-modelrepubliek-tot-free-state-province","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8434","title":{"rendered":"Vrystaat \u2013 van modelrepubliek tot Free State Province"},"content":{"rendered":"<p>Presies waar het sake in die Vrystaat verkeerd begin loop?<\/p>\n<p>Tot baie na-aan die aanbreek van die nuwe bedeling het die Vrystaat besonder goed gevaar in opnames, soos gesindheidsopnames deur die RGN.<\/p>\n<p>Die feit dat die vorige bedeling daarin geslaag het om taamlike ho\u00eb stempersentasies te verkry in die destydse hoogs omstrede swart munisipale verkiesings, is in ander provinsies afgemaak as \u201cdie ANC is nie juis in die Vrystaat teenwoordig nie\u201d eerder as om toe te gee dat die Vrystaatse amptenary oor sekere kwaliteite beskik.<\/p>\n<p>Selfs \u2018n groep jong belhamel-aanhangers van mev. Winnie Mandela, destyds by Brandfort ingeperk, is deur skoliere van \u2018n skool waar hulle probeer onrus aangestig het terug tot by Mama Whetu se huis gejaag en afgeransel.<\/p>\n<p>Toe kom die verkiesing en die Vrystaat blyk een van die mees ANC-gesinde provinsies te wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voor die verkiesing was daar ook lastige insidente, soos die dekadelange gesloer met die goedkeuring van Senekal se verbypad, wat nou etlike dekades later steeds nie gebou is nie, en die omstrede mediese skandeerder-voorval waar \u2018n reuse span LUK\u2019s en aanhangsels oorsee is, amptelik om een uit te soek, maar waar die professor dit lank reeds gedoen het. Soos \u2018n rubriekskrywer tussen die lyne gespot het: Hulle kon hoogstens die kleur gaan uitsoek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen die agtergrond wat deesdae die media haal, klink daardie insidente maar mak. \u2018n Burgemeester is vermoor te midde van sterk aanduidings van faksiegevegte. In Bloemfontein moes die polisie taamlik hardhandig teen SAMWU-betogers optree. Die betogers het onder meer spesiale Fifa-T-hemde wat hulle onlangs ontvang het, verbrand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos dit nou al te duidelik blyk: As iemand oor iets ontevrede is, moet hy net die komende sokkertoernooi as hefboom gebruik, al is dit net dreig om te gebruik, en hy het dadelik die regering se volle aandag, en is boonop bykans gewaarborg om \u2018n stewige opstopper en bloedneus te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit dat net 5 Vrystaat munisipaliteite onder administrasie is, is geen refleksie van verslae van die ouditeur-generaal, die Groen Druppel-verslae vir drinkwater en vir goed-funksionerende rioolplase nie, dit reflekteer ook nie die provinsies se padtoestande nie, en die gesondheidsdienste bly ongesond.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas het dit aan die lig gekom dat die polisie \u2018n internasionale skietinsident naby die Lesotho-grens verswyg het, wat sterk herinner aan die Midge Fergusson-insident waar \u2018n buitelandse besoeker tydens die Konfed-toernooi vir dood deur rowers gelaat is, en die slagoffer in \u2018n hospitaalbesoek van \u2018n ho\u00eb polisieoffisier die indruk gekry het die polisie is meer oor die beeld-aspek van die saak begaan as dat die insident plaasgevind het. Di\u00e9 voorval het ook bykans net die buitelandse media gehaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In dieselfde tyd is \u2018n vrou wat die roof van \u2018n hangertjie vir versekeringsdoeleindes gerapporteer het deur \u2018n histeriese stasiebevelvoerder gebel en uitgetrap omdat sy \u201cpetty crime\u201d gerapporteer het. \u201cn Mens rapporteer nie petty crime nie want dit laat ons syfers sleg lyk.\u201d Die vrou se eie GPF het hom oor di\u00e9 saak in \u2018n muur vasgeloop. Kort hierna het die provinsiale kommissaris \u2018n mediaverbod op Volksblad en sy gemeenskapskoerante geplaas. Hoewel dit opgehef is, ervaar ander publikasies effektief steeds \u2018n mediaverbod.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die blote feit dat Skoor op nasionale vlak skynbaar op die punt staan om weer met \u2018n arendsoog na die omstrede wapentransaksie te kyk, is afdoende bewys dat \u2018n benadering tot volstruispolitiek oor die negatiewe, nie die negatiewe laat weggaan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig is die Vrystaat nie die uitsondering nie, en kan verskeie ander provinsies wat verskeie sake betref, die Vrystaat \u2018n paar lesse kom leer om hoe om sake nie te hanteer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is duidelik dat die ANC begin kriewelrig raak oor volgende jaar se munisipale verkiesing. Die gebrek aan leiding en die Malema-stert wat die ANC swaai, laat baie kiesers wat voorheen blind lojaal was nou met nuwe o\u00eb die saak betrag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma se reaksie was soos te wagte is flou. Die kiesers is, volgens hom, onder \u2018n morele verpligting om vir die ANC te stem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMoreel\u201d en \u201cmoraliteit\u201d is sulke vloeibare sake, die president wil \u2018n openbare debat hieroor laat voer om dit opnuut te begrens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eens het Nero musiek gemaak terwyl Rome brand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volksblad vra ook vandag die vraag reguit of Zuma na sy eie beplanningskommissie gaan luister.<\/p>\n<p>Of gaan iemand anders weer die skuld kry? Dit behoef ook geen profeet om te weet wie die sondebokke gemaak gaan word nie.<\/p>\n<p>Met \u2018n vorige reeks munisipale oproere deur die Vrystaat het \u2018n Vrystaatse LUR, wat weens haar omstrede optredes wat sy self luid aangekondig het die bynaam \u201cHooterbek\u201d by haar kollegas gekry het, die blaam vir die oproer op opposisiepartye se navorsers geplaas wat die tekortkominge en wanpraktyke onder die kiesers se aandag sou gebring het.<\/p>\n<p>Die begrotings is hierna so ingeperk dat die opposisiepartye effektief sonder navorsers gelaat is.<\/p>\n<p>Nou moet die fout meer generies gesoek word.<\/p>\n<p>Miskien het Sasco met gister se aanhef van die liedjie, \u201cMaak dood die Boere\u201d in Kovsies se studenteparlement die antwoord verskaf oor wie te blameer is. \u2018n Mens kan maar net bid dat dit \u2018n jeugdige sotheid was, en dat die ANC ook hier nie net lippediens gaan wys nie.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\">\u043a\u0443\u043f\u043b\u044e \u043c\u0435\u0434\u0438\u0446\u0438\u043d\u0441\u043a\u0443\u044e \u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0443<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Presies waar het sake in die Vrystaat verkeerd begin loop? Tot baie na-aan die aanbreek van die nuwe bedeling het die Vrystaat besonder goed gevaar in opnames, soos gesindheidsopnames deur die RGN. Die feit dat die vorige bedeling daarin geslaag het om taamlike ho\u00eb stempersentasies te verkry in die destydse hoogs omstrede swart munisipale verkiesings, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8434\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vrystaat \u2013 van modelrepubliek tot Free State Province&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8434","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8434","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8434"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8434\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8434"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8434"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8434"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}