{"id":8429,"date":"2010-05-05T04:45:10","date_gmt":"2010-05-05T04:45:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8429"},"modified":"2010-05-05T04:45:10","modified_gmt":"2010-05-05T04:45:10","slug":"185-kommissie-vaar-ellendig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8429","title":{"rendered":"185-Kommissie vaar ellendig"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Taal, Godsdiens en Kultuurgemeenskappe het in die ad hoc verslag van die Komitee in die Hersiening van Hoofstuk 9 instellinge van die Grondwet (gedateer 31 Julie 2007), \u2018n baie swak rapport gekry. Sedertdien is die verslag van die ad hoc Komitee nog nie ter tafel geneem nie. Nou blyk dit dat die Kommissie sedert 1 Januarie 2010 nog vrotter vaar as die voorafgaande vyf jaar.<\/p>\n<p>Sedert hierdie datum het die Afrikaner Alliansie nog nie \u2018n woord van die Kommissie gehoor nie. Inmiddels word ek as eertydse Kommissaris meegedeel dat die werksaamhede van die Kommissie, wat sy Kommissarisse betref, prakties tot \u2018n stilstand gekom het. Van die redes wat aangevoer word, is dat die betaling van die personeel, sodanig is dat daar weinig geld vir projekte is.&nbsp; Inmiddels moes die Kommissie \u2018n bedrag van R380 000 aan die voormalige Hoofuitvoerende Beampte van die Kommissie vir wederregtelike ontslag betaal.&nbsp; Ook is nagelaat om in \u2018n vorige boekjaar belasting aan die Belastinggaarder oor te betaal.<\/p>\n<p>Ek word meegedeel dat die Voorsitter van die Kommissie ook belangrike inligting in sake die wanfunksionering van die Hoofuitvoerende Beampte van die Kommissie vir Mediasie (die sg. CCMA)&nbsp; weerhou het en verklaar het dat daar nie klagtes teen die Beampte was nie.&nbsp; Dit nou in weerwil van die feit dat ekself geskrewe klagtes in sake die Hoofuitvoerende Beampte na die Openbare Beskermer verwys het; klagtes wat nie behoorlik ondersoek is nie.&nbsp; Dit ook ten aansien van die feit dat \u2018n voormalige kommissaris en wat ook nou as kommissaris dien, \u2018n mosie van wantroue teen die Hoofuitvoerende Beampte aanhangig gemaak het.<\/p>\n<p>Inmiddels word verneem dat ook die Kommissie vir Geslagsgelykheid in die verknorsing sit en dat hulle onder administratiewe bestuur geplaas is.<\/p>\n<p> Die wanfunksionering van die Kommissie is gewoon \u2018n wandaad teen die belastingbetalers en \u2018n bedrogspul ten aansien van die sg. beskerming en bevordering van gemeenskapsregte.<\/p>\n<p>Vrygestel deur dr. Christo Landman, voormalige Kommissaris van die Artikel 185 Kommissie en Voorsitter van die Afrikaner Alliansie.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/30-osveshchenie-v-prikhozhej-kak-organizovat\">\u0432\u0430\u0440\u0438\u0430\u043d\u0442\u044b \u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u044f \u043f\u0440\u0438\u0445\u043e\u0436\u0435\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Taal, Godsdiens en Kultuurgemeenskappe het in die ad hoc verslag van die Komitee in die Hersiening van Hoofstuk 9 instellinge van die Grondwet (gedateer 31 Julie 2007), \u2018n baie swak rapport gekry. Sedertdien is die verslag van die ad hoc Komitee nog nie ter &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8429\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;185-Kommissie vaar ellendig&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-8429","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8429","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8429"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8429\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8429"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8429"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8429"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}