{"id":8404,"date":"2010-05-02T05:28:29","date_gmt":"2010-05-02T05:28:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8404"},"modified":"2010-05-02T05:28:29","modified_gmt":"2010-05-02T05:28:29","slug":"n-eie-staat-vir-afrikaners","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8404","title":{"rendered":"&#8216;n Eie staat vir Afrikaners&#8230;"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><em><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories2\/wingard_johann.jpg\" \/>Die afgelope week was dit presies 20 jaar sedert hierdie artikel van my op 26 April 1990 in Beeld verskyn het. <\/em><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Omdat daar seker baie min PRAAG-lesers is wat hierdie artikel gelees het, plaas ek dit hier op die PRAAG-werf.  Ek glo dat my argumente vandag nog presies dieselfde krag het.  Die gevare wat &#8216;n swart regering inhou en soos destyds voorsien was, is bewaarheid.  In 1990 het ons nog die staatsmag besit om ons besluite self af te dwing.  Die Volkstaatopsie sou in 1990 en kort daarna oorweldigend deur die internasionale gemeensskap ondersteun gewees het, omdat dit die resep vir vrede bevat het.  Intussen is die kanse verspeel deur &#8216;n volkstaat te probeer stig nadat alle staatsmag oorhandig was, en nadat daar streng beperkings op die stigting van so &#8216;n staat in art 235 van die grondwet geplaas is.  Destyds sou die staat so groot soos Frankryk gewees het, maar n\u00e1 die magsoorgawe het die territoriale aspirasies gekrimp tot Orania, &#8216;n feit wat ek baie moeilik kon ondersteun.<\/em><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Hier volg die artikel wat ek verbatim hieronder plaas.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor die kwessie van &#8216;n volkstaat word deesdae al hoe sterker gedebatteer in die media. Aan die een kant word &#8216;n baie sterk rassistiese betekenis daaraan verleen en dan weer kom &#8216;n kultuurori\u00ebntasie na vore.  Feit is dat daar angs in die hart van veral &#8216;n sekere groep Afrikaners is wat &#8216;n onsekere toekoms onder &#8216;n potensi\u00eble swart meerderheidsregering, vrees. Vir hierdie mense is hul toekomstige oorlewing as blanke Afrikaners in &#8216;n eie soewereine staat, belangriker as hul aardse besittings.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer hierdie saak dus te berde gebring word, word sterk emosies wakker gemaak. &#8216;n Toekomstige bed\u00e9ling wat nie hiermee rekening hou nie, sal, ondanks versekeringe van gesofistikeerde ingeboude magsbalanse uitloop op &#8216;n tragiese nuwe Suid-Afrika, waarin swartgeweld verruil word vir witgeweld en &#8216;n tweede Noord-Ierland of &#8216;n Libanon. In sy geskiedenis moes Afrikaners een of meer maal elke eeu &#8216;n ernstige grondliggende strategiese besluit neem: In 1652 toe hulle nog &#8216;n soort Hollands gepraat het, is die eerste groot besluit geneem. Toe weer in 1688 het Franssprekendes na Suid-Afrika gekom. In 1836  het Afrikaners getrek en later die Boererepublieke gevorm. In 1899 is &#8216;n w\u00eareldmoondheid in &#8216;n wapenstryd gedaag met die w\u00eareld se simpatie vir die Boere, en in 1948 het die Afrikaners die politieke mag van die land oorgeneem. Die volgende groot besluit wat die Afrikaner sal moet neem sal waarskynlik in 1991\/2 wees. Hy gaan drie keuses h\u00ea. Hy sal, en dis keuse een, nie die situasie aanvaar nie. Hy sal veg soos in 1899, en die plaaslike en oorsese  ondersteuning vernietig in &#8216;n wapenstryd wat hy nie kan wen nie. So nie, keuse nommer twee, sal hy hom onderwerp aan die reels van die spel en sy Afrikanerskap uitleef in &#8216;n multikulturele bestel. Die derde keuse: is om te trek. Die punt is dat hy &#8216;n keuse moet h\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om te verwag  dat daardie spesiale Afrikaner hom willens en wetens moet onderwerp sonder &#8216;n keuse, is groteske politieke onsensitiwiteit. Die probleem word vererger deur hierdie spesiale Afrikaner se leierskorps wat gefragmenteerd is en in verskillende rigtings trek, elkeen met &#8216;n eie visie wat die hele spektrum dek, van die AWB se gewapende opsie af, tot by die NP se magsdelingsopsie. Hierdie gefragmenteerdheid kan verskoon word in die lig van die leiers se insig in die rol wat hulle moet speel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die staatspresident en sy kabinet het &#8216;n globale verantwoordelikheid teenoor die fisieke en politieke belange van al die volkere van Suid-Afrika, asook die land se rol in &#8216;n internasionale netwerk van politiek, wetenskap en ekonomie. Hy bly egter &#8216;n Afrikaner en &#8216;n mens kan dus verwag dat hy simpatiek sal wees teenoor die saak van ander Afrikaners.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regse faksieleiers het &#8216;n veel kleiner verantwoordelikheid, wat slegs die emosionele aspekte van hul ondersteuners beskerm sonder die verantwoordelikheid of bevoegdheid van die fisieke sy. Dis presies hier waar die knoop l\u00ea en waar die wekroep tot die wapen ontstaan om eie belange te beskerm. Die Afrikaner-Volkstaat soos gedefinieer deur prof. Carel Boshoff word beskou as &#8216;n eerlike poging om &#8216;n praktiese opsie te vind, mits mens die gedeelte in Namibi\u00eb weglaat. Die yl bevolktheid sou min verskuiwings verg en geeneen het aanspraak op hierdie grond behalwe burgers wat eiendom sal kan koop nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie groot stuk aarde wat baie herinner aan Arizona en Kaliforni\u00eb, sou &#8216;n streekmoondheid kon word as daar &#8216;n miljoen Japannese, Taiwannese, Duitsers of Afrikaners sou woon. Dit is die mensemateriaal wat van &#8216;n land &#8216;n sukses maak.  Voeg daarby nog natuurlike hulpbronne soos mangaan, ystererts, lood en ander metale, gas aan die weskus, water in die H.F. Verwoerddam en die P.K. le Rouxdam wat sinlik gelei kan word tot aan die kus, &#8216;n matige klimaat en die grondslag vir &#8216;n lewensvatbare ekonomie is reeds gel\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die landboupotensiaal is laag maar kan wetenskaplik geoptimaliseer word, ingestel op vrugte- en vleisproduksie. &#8216;n Mens kan jou voorstel dat die silikonvallei van die suidelike halfrond hier gevestig sou kon word met &#8216;n nuwe universiteit aan die oewers van die Oranjerivier of by Saldanabaai, met tegnikons by Upington, Kuruman en Springbok. Hier kon &#8216;n eerste w\u00eareld milieu gehandhaaf word sonder die verantwoordelikheid om &#8216;n tragiese derde w\u00eareld op te hef soos elders in Afrika. Hier kon moderne chemiese aanlegte wat aardgas as voerbron gebruik, asook staalfabrieke en legeringsaanlegte gebou word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verantwoordelikheid van werkskepping vir &#8216;n agtergeblewe gemeenskap is nie &#8216;n oorweging nie. Sy markte sal die nuwe Suid-Afrika sowel as ander w\u00eareldekonomi\u00eb wees. Hy sal &#8216;n sterk rol speel in die ekonomiese, wetenskaplike en politieke ontwikkelling van die streek deurdat dit allerwe\u00eb erken sal word as &#8216;die vreedsame opsie&#8217; met internasionale ondesteuning. Burgerskap sal gekoop moet word soos in Switserland en elders, tensy regstreekse familiebande volgens internasionale re\u00ebls sulke burgerskap toelaat. Die koste van burgerskap kan R50 000 per familie oorskry en &#8216;n volksbank so aan goedgekeurde behoeftiges die geld voor-skiet om hul vaste bate en dus burgerskap te bekom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Werkspermitte aan vreemdelinge sou moeilik bekombaar wees soos in Japan, Wes-Europa, Amerika en elders, en ras of kleur behoort nie &#8216;n oorweging te wees nie aangesien burgers na hierdie deel van die w\u00eareld aangetrokke sou voel om &#8216;n Afrikanervolkstaat te skep met die doel om sy taal, kultuur en tradisies onbevange uit te bou in &#8216;n eerste w\u00eareld milieu, en nie net op soek na werk nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is slegs&#8217;n klein venster van geleentheid oop wat binne die volgende 24 maande benut sal moet word of anders permanent gesluit sal wees. Die geleentheid moet nou aangegryp word om ook langs die onderhandelingstafel te gaan sit, en die verantwoordelikheid van die wat hulleself as leiers beskou, is nou op die spel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Kristalhelder visie, wat gegrond is op harde logika en wat tred hou met die werklikhede van die tyd, is nou nodig om die negatiewe emosionele argumente teen die regering se skikkingsinisiatiewe te vervang. Sterk pragmatiese leierskap wat hierdie Afrikanerfaksie sal besiel en hoop gee, is nou  meer nodig as ooit tevore. &#8216;n Duidelike keuse moet gestel word. Of jy werk saam om die nuwe  Suid-Afrika te laat slaag in al die werklikhede wat dit inhou of jy trek na &#8216;n nuwe tuiste.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geweld as &#8216;n opsie is onprakties en onaanvaarbaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Noorwes-Kaap kan miskien net verseker dat die streek die kosbare siel van die Afrikaner vir altyd sal vertroetel sonder nog &#8216;n bloedvergietingsfase.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Johann Wingard is voorsitter van &#8216;n groot Ingenieursmaatskappy wat die Mossgas projek onlangs gebou het.<\/em><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">BEELD 26 April 1990<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">spins no<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/08\/183752.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u0432\u044c\u044e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die afgelope week was dit presies 20 jaar sedert hierdie artikel van my op 26 April 1990 in Beeld verskyn het. Omdat daar seker baie min PRAAG-lesers is wat hierdie artikel gelees het, plaas ek dit hier op die PRAAG-werf. Ek glo dat my argumente vandag nog presies dieselfde krag het. Die gevare wat &#8216;n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[],"class_list":["post-8404","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c113-johann-wingard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8404","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8404"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8404\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8404"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8404"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8404"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}