{"id":8398,"date":"2010-05-01T07:23:26","date_gmt":"2010-05-01T07:23:26","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8398"},"modified":"2010-05-01T07:23:26","modified_gmt":"2010-05-01T07:23:26","slug":"die-skisofreniese-bruin-steun-vir-afrikaans","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8398","title":{"rendered":"Die skisofreniese bruin steun vir Afrikaans"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Een van die groot mites wat veral deur Naspers versprei word, is dat  blote getalle deurslaggewend sou wees vir die oorlewing van Afrikaans.  Dit is dus volgens Naspers se ideologie lewensbelangrik dat bruines en  Afrikaners \u201chande sou vat\u201d (om nou \u2018n polities-korrekte Azani\u00eb-isme te  besig.)<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die probleem is egter dat daar niks noodwendig hieraan is nie. Blote  getalle is geen versekering vir \u2018n taal se oorlewing nie. Daar is baie  meer Xhosas en Zoeloes in Suid-Afrika as wat daar Afrikaners is (digby  die 16 miljoen in totaal vir die twee groepe saam), maar dit is \u2018n feit  dat beide Xhosa en Zoeloe op \u2018n afwaartste trajek is, die oorweldigende  getalle ten spyt. Bykans alle swart ouers dring aan op skoolonderrig in  Engels. Bitter weinige akademiese geskrifte of letterkunde word in hetsy  Zoeloe, hetsy Xhosa uitgebring.<br \/> Daar is andersyds amper presies soveel sprekers van die Baskiese taal as  wat daar Afrikaners is, sowat 2,5 miljoen, maar die Baske se taal en  kultuur floreer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verskil tussen Xhosas en die Baskiese taal is natuurlik dat die  Baske beide \u2018n sterk sin vir nasionalisme het, en hul taal \u2018n trotse  deel van hul  identiteit vorm, teenoor die Xhosas wat hulself byna skaam  vir hul eie taal asook kultuur, en nie wil toelaat dat hul kinders in  Xhosa opgevoed word nie. Die intelligentsia onder die Xhosas mors geen  tyd om spoedig te verengels sodra hulle die geleentheid kry nie. Die  Xhosas, wat waarskynlik voorheen die belangrikste deel van die ANC  uitgemaak het, het agv Engelse sendingwerk in die Ooskaap \u2018n soort  Pan-Britse, multi-kulti, rigtinglose en grootliks betekenislose  re\u00ebnboognasie-identiteit begin aankleef.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Juis om hierdie rede is Naspers se nimmereindigende propagandaveldtog  en misplaaste blydskap oor die enkele bruines wat hulle op louwarm en  skynheilige wyse vir Afrikaans beywer (Lionel Adendorf en Christo van  der Rheede, byvoorbeeld), uiters na\u00efef. Dis louwarm want mens kan nie  eens s\u00ea dat daar juis bruin deelname aan die stryd om Afrikaans is nie.  Watter bruin stemme het opgegaan teen die gedwonge verengelsing van  Ho\u00ebrskool Ermelo? Watter bruin akademici se voorkeurtaal is Afrikaans?  Jonathan Jansen steek weliswaar sy uiters irriterende preke teenoor  Afrikaners af in Afrikaans, maar maak dan aanspraak daarop dat hy Engels  as huistaal het. Ditto vir Cheryl de La Rey, die rektor van UP, wat om  die dood nie Afrikaans wil praat nie. Dis skynheilig omdat daai einste  sogenaamde bruin kampvegters vir die taal, nie skroom om hul eie kinders  na Engelse skole te stuur nie. Dis alweer die ou storie: Moenie maak  soos ons maak nie, maak soos ons s\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stryd om die oorlewing van Afrikaans gaan oor meer as die blote  praat van die taal. Dit gaan ook oor die behoud van \u2018n kultuur en \u2018n  erfenis, waarvan Afrikaans \u2018n integrale deel is. Wanneer die ANC dus  Pretoria se naam wil verander, is dit \u2018n aanslag op beide die taal  Afrikaans maar ook op Afrikaners se kulturele erfenis. Ek sien geen  bruin leiers opstaan en te velde trek teen die naamverandering van  Pretoria nie. Waarop dui dit? \u2018n Gebrek aan \u2018n gedeelde kulturele  erfenis, moontlik? Wat ek van die bruin kultuur sien, wissel van \u2018n  Arabies-be\u00efnvloede Moslemkultuur tot by \u2018n soort Amerikaanse  ghetto-kultuur, kompleet met halfmasbroeke en straatrenne. Van \u2018n  gedeelde kultuur tussen die bruines en Afrikaners sien ek al hoe minder  tekens. As iemand wil aanvoer dat \u2018n blote gedeelde taal d\u00edt is wat  mense saamsnoer, waarom beywer die Skotse Nasionale Party hom dan vir  Skotse selfbeskikking?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer daar wel die louwarm bruin steun vir Afrikaans kom, wat  Naspers so opgewonde maak, skep sulke steun dikwels groot agterdog by  Afrikaners. Terwyl ek nou op die onderwerp is: Afrikaners is blanke  Afrikaanssprekendes. Met laasgenoemde kategorisering sou min bruines  verskil. Dis ondenkbaar dat Allan Boesak, Robert McBride, Trevor Manuel,  Cheryl de la Rey of Jonathan Jansen hulself as Afrikaners aan iemand  sou voorstel. Dit is slegs die skisofreniese, linkse blanke Afrikaner,  wat een ding s\u00ea maar gans en al \u2018n ander ding doen (hulle sal nooit in  \u2018n bruin buurt gaan woon of met \u2018n bruin vrou trou nie) wat verward is  daaroor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om terug te keer na die punt hierbo, wanneer daar wel bruin steun vir  Afrikaans is, gaan dit dikwels gepaard met \u2018n verskeidenheid eise en  gedwonge skuldgevoelens. Afrikaners moet byvoorbeeld eers bieg dat hulle  rassiste is (Jonathan Jansen se gunstelingstokperdjie) en hulle moet  nimmereindigende verskonings vir slawerny en apartheid aanbied, voordat  die bruines hul louwarm steun vir Afrikaans sal bied. Sodoende word daar  grootskeepse agterdog gewek dat daar eintlik politieke agendas agter  die sogenaamde bruin steun vir Afrikaans sou wees. Daar is heelwat  kodespraak vanuit die sogenaamde bruin kampvegters vir Afrikaans  hieroor. Afrikaans moet glo \u201cdie baggasie van die verlede agterwe\u00eb laat\u201d  (lees: Afrikaners moet ons plek ken en ons neerbuig voor die nuwe bruin  en swart heersers van die land.)<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voorts is die bruin steun vir Afrikaans ook ietwat skisofrenies van  aard, omdat die ANC se oorheersende ideologie van rassistiese  transformasie tot die bruines se onregverdige voordeel is. Transformasie  behels o.a. die etniese reiniging van blankes uit poste . Bykans al die  rektore van Afrikaanse universiteite is gevolglik bruin. Is al daardie  aanstellings suiwer op meriete, of het die ANC bruines geko\u00f6pteer in sy  veldtog van etniese reiniging van blanke mans, met die bruin rektore as  gewillige meemakers in hierdie veldtog?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Transformasie behels egter ook, benewens die etniese teikening van  blanke mans die moord op Afrikaners se kultuur en taal \u2013 die  naamverandering van Pretoria en die veldtog teen Ho\u00ebrskool Ermelo se  taalbeleid, byvoorbeeld. Die bruines sit dus met \u2018n dilemma. Rassistiese  transformasie is tot hul voordeel wanneer dit by hul beroepslewe kom.  Hoe kan hulle dan wil deel word van \u2018n groter taalkulturele stryd teen  transformasie, wanneer Afrikaans ook deel is van d\u00edt wat geteiken word,  benewens blanke mans?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Laat Naspers dus maar gerus begaan met hul na\u00efewe opgewondenheid oor  die sogenaamde bruin steun vir Afrikaans, steun wat al te dikwels met  die albatros van verskuilde agendas om sy nek kom, en van Afrikaners  verwag om gedwe\u00eb ons plek as tweedeklasburgers te aanvaar, en  nimmereindigende verskonings, ook van Afrikanerskinders wat na 1994  gebore is, vereis. Waarop ek s\u00ea: basta! Ek kruip voor niemand nie, veral  nie Jonathan Jansen, Allan Boesak of Robert McBride nie. Afrikaans se  oorlewing hang van jou en my, die Afrikaners, af. Dit sal in Pretoria se  voorstede beklink word, nie op die Kaapse Vlakte nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Lees ook die res van Anton Barnard se bydraes op sy woernaal,<\/em> <a href=\"http:\/\/antonbarnard.praag.co.za\">SAmizdat<\/a>.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/16-arkhitekturnoe-osveshchenie\">\u0430\u0440\u0445\u0438\u0442\u0435\u043a\u0442\u0443\u0440\u043d\u043e\u0433\u043e \u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62776-interesnye-fakty-o-yurii-danilchenko.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van die groot mites wat veral deur Naspers versprei word, is dat blote getalle deurslaggewend sou wees vir die oorlewing van Afrikaans. Dit is dus volgens Naspers se ideologie lewensbelangrik dat bruines en Afrikaners \u201chande sou vat\u201d (om nou \u2018n polities-korrekte Azani\u00eb-isme te besig.) Die probleem is egter dat daar niks noodwendig hieraan is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8398\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die skisofreniese bruin steun vir Afrikaans&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[167,7029,5812,9869,9589,4892,8823,643,21092],"class_list":["post-8398","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-afrikaans","tag-bruines","tag-cheryl-de-la-rey","tag-die-skisofreniese-bruin-steun-vir-afrikaans","tag-jason-lloyd","tag-jonathan-jansen","tag-lionel-adendorf","tag-naspers","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8398","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8398"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8398\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8398"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8398"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8398"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}