{"id":8385,"date":"2010-04-29T06:36:07","date_gmt":"2010-04-29T06:36:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8385"},"modified":"2010-04-29T06:36:07","modified_gmt":"2010-04-29T06:36:07","slug":"jafel-se-tafel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8385","title":{"rendered":"Jafel se tafel"},"content":{"rendered":"<div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deesdae kan aangehoudenes ook stem.&nbsp; Maar stem is nie al wat di\u00e9 manne kan doen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Koshuismaat het regte geswot, en vakansies tuis by Worcester gehelp aankla. Een van sy bekendste \u201ckli\u00ebnte\u201d was Jafel. Di\u00e9 het so gereeld in die beskuldigdebank gepryk, hulle kon daai konstruksie al \u201cJafel se tafel\u201d noem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe Jafel aan sy naam gekom het, is \u2018n storie op sy eie. Soos die oorlewering loop, had Jafel \u2018n Slamse oupa, Jaffer. Di\u00e9 naam, het Jafel ge\u00ebrf.<\/p>\n<p>Maar hier in Worcester in val Jaffer half vreemd op die witmense se oor, en \u2018n paar van die manne het, na hulle gesien het hoe vernuftig Jafel \u2018n bottel kan kis maak, hom Jafel begin noem.<\/p>\n<p>Daai storie eindig toe ook nie daar nie. Agter die witmanne aan, het van die bruin mense hom toe ook so begin noem, maar dit as Dzafel uitgespreek. Di\u00e9 naam het weer na die witmanne toe teruggewerk, en naderhand het almal Jafel as Dzafel uitgespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op \u2018n mooi dag word Jafel weer in die hof ingebring. Di\u00e9 stap twee rye spore, en kan nie aangekla word nie. Die tweede beskuldigde word ingebring, maar hy het duidelik \u2018n soen van die dame met die lang nek weg. Ook die derde is erg gekoring, terwyl die vierde duidelik \u2018n dinee van Bachus bygewoon het. Uiteindelik moet al die sake van die manne wat in die selle was oorstaan. Op \u2018n manier het van Worcester se spogprodukte in die selle beland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die volgende dag is dit of die aanklaers dubbel sien, want dis presies dieselfde storie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Derde dag was egter skeepsreg. \u2018n Sersant word betrap waar hy koeldrankstrooitjies aan die manne in die selle verkoop. Met di\u00e9 strooitjies gewapen, kan hulle deur die venstertralies tot in die geut buite bykom, en di\u00e9 is soos Sasol se spreekwoordelike pype vol brandewyn. Nie heeltemal brandewyn nie, maar daai erg gegiste doppe wat oorbly as die skoon wyn afgetap is. Di\u00e9 goed is sterk \u2013 die drinkers daarvan se trots. Soos een vir Herrie se oom Rons&nbsp; ges\u00ea het, hy drink petrol ook, maar dan moet dit BP wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die sersant tien uit tien vir entrepreneurskap moes kry, het hy ook \u2018n voltal met dwarsboming van die gereg losgeslaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nooit in die annale van Worcester se hofgeskiedenis is daarna soveel manne met babelas aangekla nie. Di\u00e9 keer sou \u2018n grandpa-verkoper goed geld gemaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die lawaaiwater en Jafel se verbintenis daartoe lewer menige staaltjies op.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jafel was naamlik \u2018n kampioen-vingerbokser. Die gevolg was dat die bendemanne lugtig was vir die man se vingerboks-vermo\u00eb, maar hy tog gereeld iewers heel kis gel\u00ea het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om Jafel met die vingerboks in aksie te sien is iets besonders. Sy handspoed is verstommend, en sy reflekse, selfs wanneer hy gekoring was, uit die boonste rakke. Dis die aardigste as hy sy vernuf demonstreer, en sy vingerpunte kon \u2018n millimeter van jou o\u00eb af tot stilstand. En het my kamermaat my verseker, die hofordonanse het hom verseker as Jafel jou speels met die vingers in die ribbes pomp, is jy vas oortuig jy het \u2018n borskasoorplanting nodig. Nie \u2018n enkele heel rib nie, glo jy vas. Die geneigdheid was dus om half wyd van Jafel te bly as hy die slag kapabel was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was chaos toe Jafel nog rugby gespeel het. Voor rustyd het die opponente al hulle reserwes opgebruik. En Jafel is ook g\u2019n so baie gegeelkaart en gerooikaart soos mens sou verwag nie \u2013 Jafel se handspoed het daarvoor gesorg. Na oorleg tussen die klubs is besluit om Jafel van flank na vleuel te skuif, maar dit het ook gelol want Delicious het geweet om die bal net na Jafel te skuif om \u2018n drie te kry. Niemand het gewaag om binne Jafel se verwoestende vingers se trefafstand te kom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar een ding was sy baas&#8230;die lawaaiwater.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eendag tref die eerwaarde hom toe ook aan waar hy in \u2018n dro\u00eb watervoor l\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die domineesgoed gee hom so \u2018n paar stywe sole in die ribbes, en toe Jafel sy ooghe oopkry, en min of meer gefoukus kry op die kwaai bakkies wat op hom neerkyk, vra domineesgoed:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEn toe Jafel, as die Here jou nou moet kom vat?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jafel se instinkte is sterk, en met sy vingers wat so pons \u2013 pons die lug in, s\u00ea hy dreigend: \u201cDis darem ook nie sommer net vir k\u00f4 vat nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie dat Jafel onverskillig oor die godsdiens gestaan het nie. By geleentheid pik-pik hy weer straat af, met sy kompas wat heel duidelik \u2018n elektriese storm beleef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis net toe lat die pastoor met sy bakkie verbykom. Agterop had hy \u2018n paar jong gemeentelede wat goed geesgevang het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns gaan hemel toe, ons gaan hemel toe!\u201d sing die spannetjie so ver soos die bakkie gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jafel steek vas, oorweeg die storie \u2018n oomblik, en toe brul hy agter die bakkie aan: \u201cVat my sjaam!\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 aand, op pad huis toe, is hy met twee rye spore kortpad huis toe, maar onderweg oorval die vreeslikste ramp hom. Of liewer, nie oorval nie, inval, want hy stort in \u2018n le\u00eb graf in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Heeltemal te gepleister om uitgekruip te kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Ruk later kom Kerneels verby, wat self goed gekuier het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHelp my, ek kry koud,\u201d kerm Jafel uit die graf. Kerneels strompel tot gevaarlik na-aan die graf se rand en loer in: \u201cNou vi wat het djy djou dan ook oopgeskop?\u201d en met di\u00e9 strompel hy min gespin verder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis al goed donker, en Jafel het in \u2018n hoekie gaan sit so opgetrek in \u2018n bondeltjie, om so warm as moontlik te bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met di\u00e9 kom Eric verby, ook goed gekletter, en val by Jafel in die graf in. Hy weet niks van die geselskap daar in die hoek nie, en steier regop om te begin kyk na maniere om uit die penarie en die graf uit te kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHet djy dalk da\u2019 vi\u2019 my \u2018n m\u00eatsjie?\u201d verneem Jafel uit sy hoek uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar sy woorde is skaars uit, toe is Eric sonder vat los by die graf uit, en reeds op vol spoed toe hy buite grondvat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe hulle die oggend Jafel stokstyf uit die graf haal, toe wys sy vingers nog dreigend die lug in. Hy is nie sonder \u2018n st\u00eand gekomhaal nie.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\">\u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62806-pamyatnik-ivanu-sirko-popolnil-ryady-dostoprimechatelnostej-xarkova.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u043e\u0441\u044c\u0435<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deesdae kan aangehoudenes ook stem.&nbsp; Maar stem is nie al wat di\u00e9 manne kan doen nie. \u2018n Koshuismaat het regte geswot, en vakansies tuis by Worcester gehelp aankla. Een van sy bekendste \u201ckli\u00ebnte\u201d was Jafel. Di\u00e9 het so gereeld in die beskuldigdebank gepryk, hulle kon daai konstruksie al \u201cJafel se tafel\u201d noem. Hoe Jafel aan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8385\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Jafel se tafel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[115],"tags":[],"class_list":["post-8385","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c106-verhale"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8385","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8385"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8385\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8385"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8385"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8385"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}