{"id":8384,"date":"2010-04-29T06:33:30","date_gmt":"2010-04-29T06:33:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8384"},"modified":"2010-04-29T06:33:30","modified_gmt":"2010-04-29T06:33:30","slug":"kreasionisme-en-evolusionisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8384","title":{"rendered":"Kreasionisme en evolusionisme"},"content":{"rendered":"<p><p style=\"text-align: justify;\">Moontlik, omdat verlede jaar Darwinjaar was, is \u201cdebatte\u201d in koerante en op die internet oor evolusie volop. Hierdie \u201cdebatte\u201d is dikwels erg nydig, en is dikwels sprekend van groot onkunde. Die indruk word gewoonlik gelaat dat dit handel oor Christen-kreasioniste aan die een kant, en ate\u00efstiese evolusioniste aan die ander kant.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog is dit nie so eenvoudig nie, soos blyk uit \u2018n RSG-debat waar \u2018n teoloog die standpunt van evolusie gestel het, en \u2018n argitek die standpunt van kreasionisme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie is \u2018n eerlike poging om die speelveld te skets sonder om eie voorkeure te vermeld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hooftrekke kan ses benaderings tot die debat ge\u00efdentifiseer word, waarvan sommige meer verbaal, en ander minder is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die persoon wat glo die Bybelse skeppingsverhaal is presies soos die Bybel dit skets, en vir wie die fokus op glo en geloof, en nie bewyse val nie. Die Bybel is immers \u2018n geloofsboek, nie \u2018n wetenskap- of geskiedenisboek nie. Gewoonlik speel die sondeval \u2018n belangrike rol om as motivering vir Jesus se kruisdood te dien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; \u2018n Tweede benadering word die jong aarde kreasionisme genoem. Hierdie groep verskil van eersgenoemde deurdat hulle hul standpunt dat die aarde sowat 6 000 jaar oud is (daar is enkele variasies) probeer bewys, en \u2018n eie wetenskap hiervoor ontwikkel het, wat bykans elke aspek van die konvensionele wetenskap bevraagteken en verdag probeer maak. Die sondvloed speel \u2018n uiters belangrike rol, en sou ook die hele aarde oordek het. Wat die nie-biologiese wetenskappe betref, het dit sekere ooreenkomste met die konvensionele wetenskap, behalwe dat alles oneindig vinniger sou geskied het. Kontinentale drywing sou bykans oornag plaasgevind, en die sondvloed se water \u201cingesluk\u201d het. Olie- en steenkoolvelde het baie gou ontwikkel. Wat die biologiese wetenskappe betref, was daar \u2018n tyd toe alle spesies nog gelyk sou bestaan. Die mens en die dinosourus sou saam geleef en saam in die ark gewees het. Dit laat Bybelse argeolo\u00eb wat met die opgrawing van stede soos Jerigo werk wat ouers as 6 000 jaar is in \u2018n moeilike posisie.<\/p>\n<p>&#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die geloofsonderbou vir hierdie groepering is sterk gevestig in fundamentalistiese kerkgroepe wat in die 70\u2019ger jare van die vorige eeu in die VSA \u2018n oplewing getoon het, en in \u2018n groot mate via kerkverbande in die Baptisties-charismatiese&nbsp; konteks na Suid-Afrika gekom het.<\/p>\n<p>&#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die derde groep, die ou aarde kreasioniste, het nie \u2018n probleem met die wetenskaplike beraming van die aarde se ouderdom van meer as vier miljard jaar nie. Die rasionaal hiervoor word in die Bybel self gevind, naamlik Psalm 90: 4, en 2 Petrus 3:8, wat die konsep tuis bring dat God se tyd nie ons tyd is nie (Hy is immers die Skepper van tyd ook). Dit word simbolies uitgedruk as een dag is soos \u2018n duisend jaar (simboliek vir selfs die ewigheid), en \u2018n duisend jaar wat vir God soos een dag is. Hierdie groep ontken \u201cspecies hopping\u201d en voer aan dat \u201cdie afwesigheid van tussenvorme\u201d as bewys hiervoor dien. Namate meer en meer tussenvorme ontdek word, kwyn hierdie groep ten koste van die jong aarde kreasioniste.<\/p>\n<p>&#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die vierde groep word dikwels verkeerdelik gelyk gestel aan die \u201cintelligent design.\u201d Hul korrekte naam is De\u00efstiese evolusioniste, ook soms Te\u00efstiese evolusionisme genoem. Hulle glo God skep en gebruik evolusie as meganisme. Christen-paleontolo\u00eb maak die grondslag hiervan uit, en vandag is dit die amptelike standpunt van die NG Kerk en die Hervormde Kerk. Hulle gebruik ook die teksverse hierbo vermeld om die aarde se ouderdom Bybels te verklaar. Daar is uiteraard baie predikante en lidmate wat nie die standpunte deel nie. Die Gereformeerde Kerke (Doppers) se formele sinodebesluit is ook hiermee versoenbaar, maar baie verwarring bestaan onder lidmate en predikante oor die werklike standpunte wat deels veroorsaak is deur die mediaverklaring wat na die sinodebesluit uitgereik is, en \u2018n ander standpunt gestel het. Hierdie benadering verklaar die voorbeeld hierbo vermeld waar die NG teoloog \u201cdie evolusie\u201d se standpunt, en \u2018n argitek die jong aarde kreasionisme se standpunt gestel het.<\/p>\n<p>&#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Toevallige evolusie behels \u2018n ate\u00efstiese standpunt waar God afwesig is in Sy skepping. Mutasies vind deurlopend ongerig plaas, en natuurlike seleksie sorg dat net die lewensvatbare gemuteerde vorme kan bly voortbestaan. Onkundiges verwys dikwels hierna as Darwanisme. Dit is verkeerd aangesien Darwin, toe hy geleef het, niks van genetiese mutasies sou kon weet nie, en Darwin eintlik slegs in die Engelse w\u00eareld as toonaangewend beskou word. In Die Franssprekende w\u00eareld was daar verskeie kenners wat voor hom soortgelyke teorie\u00eb geformuleer het.<\/p>\n<p>&#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; \u201cIntelligente ontwerp\u201d is aanvanklik ontwerp om die Amerikaanse vertolking van godsdiensvryheid in skole, wat in effek op \u2018n beleid van \u201cgeen godsdiens\u201d neergekom het, te omseil. Daar is gehoop dat die howe simpatiek sou wees dat die aanbied van die evolusieleer in skole na \u2018n Skepper kon verwys, as die Skepper uiters vaag geformuleer sou wees. Die poging was egter nie geslaagd nie, en is deur die howe beskou as \u2018n slenter van Christene om De\u00efstiese evolusie in die skole te laat leer. Hoewel hierdie benadering slegs as juridiese noodmaatre\u00ebl ontwerp is, het dit sedertdien op eie bene begin staan, en is volgens sommige berigte so radikaal en onverdraagsaam dat dit hoegenaamd nie as \u2018n grondslag vir gemeenskaplike denke kan dien nie.<\/p>\n<p>Soos gemeld, uit die debatte sou afgelei kon word dat daar net twee opsies op die tafel is \u2013 jong aarde kreasionisme wat \u201cdie Christelike standpunt\u201d verteenwoordig, en die toevallige evolusie wat \u201cate\u00efste se standpunt\u201d verteenwoordig. Die probleem word vererger deurdat die jong aarde kreasioniste na hul eie benadering as \u201ckreasionisme\u201d verwys asof die ou aarde kreasionisme nie (meer) bestaan nie. Die toevallige evolusioniste eis ook dikwels evolusie as hul uitsluitlike domein op.<\/p>\n<p>\u2018n Christen wat sonder die nodige agtergrond op so \u2018n debat afkom, sal maklik \u2018n idee kan vorm dat daar net twee opsies is: As hy \u2018n Christen wil wees moet hy glo die aarde is 6 000 jaar oud. As hy glo die aarde is ouer, kan hy nie \u2018n Christen wees nie.<\/p>\n<p>Predikante en lidmate van kerkverbande wat in ou aarde kreasionisme of De\u00efstiese evolusie glo, is gewoonlik in hierdie debatte afwesig. \u2018n Belangrike rede is waarskynlik dat die opkoms van jong aarde kreasionisme onderskat word. Die opvatting bestaan dikwels verkeerdelik dat die jong aarde kreasioniste se voortbestaan vergelyk kan word met die pous se volharding dat die aarde plat is, selfs lank na Magellaan se ekspedisie om die aarde gevaar het. Asof dit gaan oorwaai. Die verbetenheid waarmee aanhangers van die jong aarde wetenskap hul opvattings verdedig (en selfs jong aarde Evangelisasieaksies op die been bring) wys dit sal nie gebeur nie. Boonop is daar \u2018n stroming van lidmate van die susterkerke na charismatiese kerke. Hoewel \u2018n standpunt oor kreasionisme of evolusie waarskynlik selde \u2018n rol by hierdie skuif speel, bevind meer en meer mense hulle in kerkverbande wat die jong aarde kreasionisme aanhang.<\/p>\n<p>In Europa is wel deeglik kennis geneem, deurdat die Europese Unie \u2013 met die steun van die regerende Christen-demokratiese Partye \u2013 \u2018n beleidsdokument aanvaar het met die titel: \u201cDie gevaar van kreasionisme.\u201d<\/p>\n<p>In Nederland vind dorpsmuseums wat ongehinderd jare lank hul omgewing se geskiedenis uitgebeeld, skielik dat hulle onder druk kom wanneer na duine van miljoene jaar oud verwys word. Dit is immers onmoontlik as die aarde net 6 000 jaar oud is.<\/p>\n<p>Die debatte op die webblaaie van koerante neem werklik dikwels die karakter aan van iets wat nie tot eer van God sterk nie. Aan die een kant word heel kerkverbande tot die ate\u00efsme gereken, en omgekeerd is daar reaksies soos: \u201cjou god.\u201d<\/p>\n<p>Wedersydse beskuldigings van bedrog is volop. Jong aarde kreasioniste verwys graag na die ouderdomme van fossiele as bedrog, en selfs dat dit \u201cvervaardig\u201d word. Omgekeerd wys wetenskaplikes (daar is al verskeie boeke geskryf om die jong aarde wetenskap as kwasi-wetenskap uit te wys) byvoorbeeld na die bekende voorbeelde van die lawa van Mount St. Helens waar die jong aarde wetenskaplikes aangedring het op \u2018n koolstoftoets en voor betaal het, terwyl die instansie wat die toets gedoen het, reeds vooraf verduidelik het so \u2018n toets is nie toepaslik nie, en \u2018n foutiewe lesing gaan oplewer.&nbsp; Die ander voorbeeld waarna gereeld verwys word, is dat \u2018n jong aarde wetenskaplike self vasgestel het die \u201cmensspore\u201d waarop dinosourusse sou getrap het, ook deur dinosourusse gemaak is.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/\">\u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d \u0430\u0432\u0442\u043e\u0438\u043d\u0441\u0442\u0440\u0443\u043c\u0435\u043d\u0442\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/society\/64045-danilchenko-yu-b-i-prokuratura-zhdut-maksimalnogo-nakazaniya-dlya-organizatora-russkoj-vesny.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Moontlik, omdat verlede jaar Darwinjaar was, is \u201cdebatte\u201d in koerante en op die internet oor evolusie volop. Hierdie \u201cdebatte\u201d is dikwels erg nydig, en is dikwels sprekend van groot onkunde. Die indruk word gewoonlik gelaat dat dit handel oor Christen-kreasioniste aan die een kant, en ate\u00efstiese evolusioniste aan die ander kant. Tog is dit nie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8384\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kreasionisme en evolusionisme&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-8384","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8384","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8384"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8384\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8384"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8384"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8384"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}