{"id":8383,"date":"2010-04-29T06:29:25","date_gmt":"2010-04-29T06:29:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8383"},"modified":"2010-04-29T06:29:25","modified_gmt":"2010-04-29T06:29:25","slug":"china-bou-reaktors-in-pakistan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8383","title":{"rendered":"China bou reaktors in Pakistan"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">China het ingestem om twee nuwe burgerlike kernreaktors in Pakistan te bou, volgens Chinese maatskappye en amptenare in Islamabad en Beijing, in &#8216;n ooreenkoms wat die globale debat oor die kernhandel en -verspreiding weer kan laat opvlam.&nbsp;<\/p>\n<p> Die besluit om reaktore te verskaf aan Pakistan, wat &#8216;n kernwapenarsenaal en &#8216;n geskiedenis van bande met Noord-Korea, Iran en Libi\u00eb het, weerspie\u00ebl China se groeiende diplomatieke selfvertroue. Dit weerspie\u00ebl ook Beijing se ambisie om &#8216;n internasionale verskaffer van kernenergie te word en belig Pakistan as &#8216;n gesogte Suid-Asiese strategiese vennoot. <\/p>\n<p> Die nuwe ooreenkoms met Pakistan, wat nog openbaar gemaak moet word, skep &#8216;n dilemma vir die Amerikaanse administrasie van President Barack Obama, wat Chinese steun vir nuwe sanksies teen Iran nodig het, maar wat nie wil h\u00ea die kernsperverdrag moet ondergrawe word nie. Kernversperring is een van Washington se belangrikste buitelandse beleidsdoelwitte. <\/p>\n<p> China het met die bou van &#8216;n kernreaktor in Chashma in Pakistan se Punjabprovinsie in 1991 afgeskop en werk aan &#8216;n tweede rektor is in 2005 begin en sal na verwagting volgende jaar voltooi wees. Onder die nuwe ooreenkoms, sal Chinese maatskappye ten minste twee nuwe 650-MW reaktors in Chashma oprig. <\/p>\n<p> &#8216;n Pakistanse regeringsamptenaar wat vertroud is met die onderhandelinge met China het gister ges\u00ea: &#8220;Ons Chinese broers het weer eens aan ons verwagtinge voldoen. Hulle het ingestem om voort te gaan saam met ons in die veld van kernenergie.&#8221; <\/p>\n<p> In &#8216;n verklaring op sy webwerf, het China se Nasionale Kernkorporasie ges\u00ea dat die Chinese en Pakistanse regerings &#8216;n ooreenkoms om die konstruksie van die twee nuwe reaktors te finansier in Februarie onderteken het. Verlede jaar, is Sjanghai se Kerningenieursnavorsings- en Ontwerpinstituut gehuur om die twee nuwe reaktore te ontwerp. <\/p>\n<p> Diplomate in China het ges\u00ea hulle is vertel dat Beijing die formele goedkeuring gegee het vir die ooreenkoms, al het hulle gewaarsku dat daar kan nog steeds op die laaste oomblik haakplekke in die samesprekings tussen die twee regerings kan opduik.<\/p><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Mark Hibbs, senior medewerker by die <em>Carnegie<\/em> <em>Endowment<\/em> <em>for<\/em> <em>International<\/em> <em>Peace<\/em> se kernbeleidsprogram, het ges\u00ea dat China besluit het om voort te gaan met die transaksie omdat hulle &#8220;om politieke redes gevoel het dat Pakistan vergoed moet word op die een of ander wyse vir die VSA-Indi\u00eb kernooreenkoms.&#8221; Die ooreenkoms tussen Washington en New Delhi fasiliteer kernsamewerking hoewel Indi\u00eb nie die Kernsperverdrag onderteken het nie.&nbsp;<\/p>\n<p> &#8220;Nadat die stof gaan l\u00ea het oor die VSA-Indi\u00eb-kernooreenkoms, het China beweeg in die rigting dat hulle kernhandel sal ondersteun as dit voordelig is vir Chinese handel,&#8221; het hy bygevoeg. <\/p>\n<p> Die Obama administrasie kan ook nie teen China se nuwe kernooreenkoms met Pakistan optree nie, het mnr Hibbs s\u00ea, want Pakistan se steun is nodig in Afghanistan asook Chinese steun teen Iran se kernprogram. Hy het ook ges\u00ea die VSA sou dit moeilik vind om China teen te staan n\u00e1 die ondertekening van die VSA en Indi\u00eb se siviele kernooreenkoms. <\/p>\n<p> Westerse diplomate in Islamabad het ges\u00ea die VSA sal waarskynlik China se toenemende rol as &#8216;n verskaffer van kernenergie aan Pakistan aanvaar. <\/p>\n<p> &#8220;So lank as wat China nie met kernwapens aan Pakistan lewer nie, sal hierdie soort van samewerking help met Pakistan se frustrasie dat hulle geen siviele kernooreenkoms met die VSA kon sluit nie,&#8221; s\u00ea &#8216;n Westerse waarnemer. &#8220;Dit is nie &#8216;n volmaakte uitkoms nie.&#8221; <\/p>\n<p> Die ooreenkoms kom nadat Pakistan elektrisiteit moes sny as gevolg van onderinvestering in die energiesektor. Yusuf Raza Gilani, Pakistan se eerste minister, het verlede week in die openbaar versoek dat Pakistani&#8217;s nie openbare eiendom in protes teen die kragtekort beskadig nie.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/podemnoe_oborudovanie\/\">\u0430\u0432\u0442\u043e\u043f\u043e\u0434\u044a\u0435\u043c\u043d\u0438\u043a \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeTv9mi0NPY\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>China het ingestem om twee nuwe burgerlike kernreaktors in Pakistan te bou, volgens Chinese maatskappye en amptenare in Islamabad en Beijing, in &#8216;n ooreenkoms wat die globale debat oor die kernhandel en -verspreiding weer kan laat opvlam.&nbsp; Die besluit om reaktore te verskaf aan Pakistan, wat &#8216;n kernwapenarsenaal en &#8216;n geskiedenis van bande met Noord-Korea, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8383\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;China bou reaktors in Pakistan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-8383","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8383","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8383"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8383\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8383"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8383"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8383"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}