{"id":8379,"date":"2010-04-29T05:34:15","date_gmt":"2010-04-29T05:34:15","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8379"},"modified":"2010-04-29T05:34:15","modified_gmt":"2010-04-29T05:34:15","slug":"wit-armoede-steeds-onopgelos","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8379","title":{"rendered":"Wit armoede steeds onopgelos"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">President Jacob Zuma kan een ding s\u00ea net om die volgende dag \u0149 handomswaai te maak op sy mening. Hy sal vir Julius Malema berispe net om hom te los as daar tugstappe moet kom.  Hy sal staatsdiensamptenare waarsku om nie vir \u201capartheid\u201d die skuld te gee nie, net om in sy volgende toespraak te vertel dat apartheid gelei het tot swartes se ekonomiese agterstand. Zuma sal \u0149 nasionale MIV\/Vigs veldtog loods net om met begerige o\u00eb na die danseresse te loer.<\/p>\n<p>So het Solidariteit se Helpende Hand \u0149 stel met hom afgetrap toe hy met agt ministers opgedaag het by \u0149 klomp arm-blankes en die son, maan en sterre belowe het. \u0149 Maand verder en niks het gebeur nie.<\/p>\n<p>\u0149 Maand n\u00e1 besoek bly Zuma se beloftes leeg<\/p>\n<p>President Jacob Zuma, agt kabinetministers en verskeie regeringslui het op 30 Maart tydens \u0149 besoek aan die informele nedersetting Bethlehem meer as 1 000 arm wittes opnuut verseker dat daar vir hulle staatshulp beskikbaar is. Dit is reeds byna \u0149 maand later en steeds is daar geen hulp vir hulle nie, het Solidariteit Helpende Hand ges\u00ea.<\/p>\n<p>Volgens dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, het die organisasie reeds inligting ingewin oor verskeie voorvalle waar arm wittes toegang tot die beloofde staatshulp geweier is.<\/p>\n<p>Rina Vrey (78), wat tydens president Zuma se besoek verlede maand die Helpende Hand Afrikaner Armoede-verslag aan hom oorhandig het, is kort na die besoek ingelig dat haar aansoek vir ouderdomspensioen vir die derde keer afgekeur is. Haar aansoek is intussen eers n\u00e1 direkte korrespondensie met die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Edna Molewa, op 21 April goedgekeur.<\/p>\n<p>\u201cTydens \u0149 besoek wat Helpende Hand onlangs aan Sassa se kantore gebring het, is Helpende Hand ingelig dat die aansoeke vir vanjaar se voedselkoepons ter waarde van R1 080 reeds op 31 Maart, \u0149 dag na die president se besoek, gesluit het. Beverly Maunatlala, \u0149 inspekteur by Sassa, het by navraag oor president Zuma se beloftes dat arm wittes nou vir die koepons kan aansoek doen, ges\u00ea die president weet nie wat in hulle begroting aangaan nie. Maunatlala het ook beklemtoon dat die koepons net in Maart uitgedeel is,\u201d verduidelik Langner. Volgens haar is die \u201cvoedselkoeponstelsel korrup.\u201d<\/p>\n<p>Intussen het meer as 70 ma\u2019s wat op 30 Maart aansoek gedoen het vir die voedselkoepons steeds geen terugvoer in die verband ontvang nie. Helpende Hand het onlangs Sassa se kantore saam met verskeie van di\u00e9 ma\u2019s besoek om die aansoeke op te volg, maar is ingelig dat die aansoeke reeds gesluit het. Talle van die aansoekers het al sedert 2008 soveel as drie keer onsuksesvol vir voedselkoepons aansoek gedoen.<\/p>\n<p>\u201cEk wag al twee jaar vir die beloofde voedselkoepons. President Zuma het ons reeds tydens sy besoek in 2008 voedselkoepons beloof. Ek was al hoeveel keer by die welsynskantore, maar elke keer is daar een of ander verskoning,\u201d s\u00ea Irene Erasmus \u0149 gemeenskapsleier van Elandspoort.<\/p>\n<p>Volgens Langner is amptenare van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling verlede maand uitgekryt as rassisties toe hulle voedselkoepons aan arm wittes wou uitdeel.<\/p>\n<p>Langner s\u00ea Helpende Hand is uiters bekommerd oor \u0149 duidelike oningeligtheid van inspekteurs by Sassa oor die kwessie van wit armoede.<\/p>\n<p>Maunatlala het ges\u00ea die werknemers van Sassa weet nie waar die informele nedersettings van arm wittes in Pretoria is nie. Daarbenewens blyk dit uit gesprekke met personeel dat die agentskap net in swart gebiede werksaam is.<\/p>\n<p>Hoewel Helpende Hand daagliks oorval word met klagtes van siekes, gestremdes en bejaardes van regoor Suid-Afrika wie se aansoeke vir ongeskiktheidstoelaes keer op keer afgekeur word, blyk daar steeds geen uitkoms vir hulle te wees nie. Verskeie aansoeke vir onder meer ongeskiktheidstoelaes vir arm wittes word telkens afgekeur. \u201cDie rede vir die afkeur van aansoeke is in baie gevalle onduidelik en in sommige gevalle word die rede bloot as \u2018for other reason\u2019 aangeteken,\u201d s\u00ea Langner.<\/p>\n<p>Intussen het Helpende Hand by verskeie staatsbronne verneem dat daar steeds geen besigheidsplan opgestel is om die toenemende armoede onder wittes in Pretoria aan te pak nie.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/blood-suckers\/\">blood suckers game<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>President Jacob Zuma kan een ding s\u00ea net om die volgende dag \u0149 handomswaai te maak op sy mening. Hy sal vir Julius Malema berispe net om hom te los as daar tugstappe moet kom. Hy sal staatsdiensamptenare waarsku om nie vir \u201capartheid\u201d die skuld te gee nie, net om in sy volgende toespraak te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8379\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wit armoede steeds onopgelos&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-8379","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8379","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8379"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8379\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8379"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8379"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8379"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}