{"id":8360,"date":"2010-04-27T07:53:54","date_gmt":"2010-04-27T07:53:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8360"},"modified":"2010-04-27T07:53:54","modified_gmt":"2010-04-27T07:53:54","slug":"die-vryheid-van-vryheidsdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8360","title":{"rendered":"Die vryheid van Vryheidsdag"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Min mense sal daarvan verskil dat vanjaar se Vryheidsdag in \u2018n redelike ander konteks staan as voriges. Die redes hoekom ander kontekste waargeneem word mag egter erg uiteenlopend wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Deel fokus die \u201candersheid\u201d op \u2018n onlangse toespraak van pres. Jacob Zuma waarin hy senior regeringslui meedeel dat alles wat (nog) verkeerd is nie meer voor die deur van apartheid gel\u00ea kan word nie. Van die dagbladpers neem ook hierdie koers in.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Ander deel wat nie meer ge\u00efgnoreer kan word nie, al word dit hoe polities verkeerd beskou, is die omvang van uitsprake ten gunste van \u2018n vrye volkstaat. Deesdae trek baie mense wat met die laaste referendum \u201cnee\u201d gestem het saam met mense wat op sterkte van versekerings van die destydse regering \u201cja\u201d gestem het saam in hierdie tuig. &nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die optimisme wat straal uit Zuma se uitspraak, dui daarop dat daar ook onder baie van die nie-volkstaters \u2018n groot ongelukkigheid is met die huidige toedrag van sake. Dit verg net \u2018n dwars woord van Julius Malema om nog \u2018n groep na die volkstaatkamp of emigrasiekamp te dryf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig moet Zuma se uitsprake nog aan die toets van die tyd onderwerp word. Beteken dit byvoorbeeld dat die behoefte aan die Black Management Fofrum, die Black Lawers Association, die Black Journalist Association en vele meer as oorbodig beskou gaan word &#8230;dat dit nie meer nodig sal wees om die beweerde sleureffek van apartheid teen te werk nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beteken dit dat Manyi en kie hul aandrang op voortgesette en verskerpte affirmative action gaan laat vaar? As apartheid nie meer geblameer kan word nie, is daar immers niks meer om reg te stel nie, en ontaard dit in doodgewoon rassistiese affirmative action.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beteken dit \u2018n horde regeringslui wat kort-kort na die behoefte van grondhervorming verwys, gaan nou di\u00e9 praatjies laat vaar? Lui dit veral die einde in van grondgryp-praatjies van Malema en kornuite in, asook voortdurende dreigemente om eie verskansing van eiendomsreg in die grondwet se Handves van Menseregte te ondergrawe?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gaan die verskillende pleknamekomitees \u2013 veral di\u00e9 in Limpopo en die Vrystaat nou hul obsessie oor naamsveranderings te midde van erg gelaaide uitsprake laat vaar?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig is daar ruim rede vir skeptisisme. Die land se landbouers sal goed onthou hoe die destydse pres. Mbeki persoonlik die Landbou-strategiese plan onderteken het. Met \u2018n getekende dokument in die sak, was Agri SA optimisties. Kort hierna ruk die minister van landbou by \u2018n Oos-Kaapse saamtrek \u2018n dokument uit met presies die teenoorgestelde inhoud. In plaas daarvan dat haar dokument dadelik ashoop toe is soos dit veronderstel was om die geval te wees, is lank daaroor gekoek en gebroei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Mens wil nie graag die stelling maak dat die plan wat Mbeki geteken het, vir hom dieselfde waarde gehad het as die traktaat wat Dingaan met Retief onderteken het nie, maar die ooreenkomste was ongelukkig ook daar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Slegs die tyd sal leer of Zuma se uitspraak deel van \u2018n uniforme&nbsp; regeringsvisie uitmaak en op die aanbreek van \u2018n nuwe ingesteldheid dui, en of dit bloot \u2018n taktiese opmerking vir die spesifieke gehoor was. Hieraan maak hy hom immers ruimskoots skuldig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oorwig van getuienis lyk of laasgenoemde die geval is. Zuma se opmerking sou veel meer gewig gedra het as hy in dieselfde asem vir Gwede Mantashe oor die kole gehaal het omdat di\u00e9 toe pas beweer het die huidige vlaag van korrupsie is van die apartheidstelsel ge\u00ebrf. Niemand ontken dat daar ook korrupsie in die ou bedeling was nie, maar hoogstens kan ges\u00ea word die ANC het nie korrupsie uitgedink nie, net vervolmaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met \u2018n vorige Olimpiese Spele het Spanje nasionale eenheid probeer bevorder, deur Barcelona as die gasheerstad te gebruik. Barcelona is die hoofsetel van die Katalaanse minderheidsgroep, wat gedeeltelike selfbestuur het. En hoewel die Spaanse koning prominent aangebied is, en baie moeite gedoen is om dit as \u2018n trotse Spaanse geleentheid aan te bied, het dit eerder \u2018n as stimulus vir Katalaanse nasionalisme gedien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Binnekort breek die Fifa-eindtoernooi in Suid-Afrika aan. Deur intensiewe reklame word ook hard gewerk aan die vestiging van \u2018n nasionale gevoel. Al die eendjies is egter duidelik nie in \u2018n ry nie. Juis nou verwys die Fifa-advertensie na gasheerstede wat erge emosies ontlok, soos Tshwane en Mangaung. Die RSG-advertensie sluit met \u2018n Engelse slagspreuk af. Die Vrystaatse pleknamekomitee het juis nou gekies om die kwessie van plekname op die spits te dryf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iemand voel gewoon nie vry as daar om elke hoek en draai teen hom gediskrimineer word, sy kultuur vertrap word, en hy verkwalik word dat die son in die winter al hoe later opkom nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/brands\/manufacturer\/de-markt\">Markt<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/analiziruem-deklaratsiyu-o-dohodah-yuriya-danilchenko\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Min mense sal daarvan verskil dat vanjaar se Vryheidsdag in \u2018n redelike ander konteks staan as voriges. Die redes hoekom ander kontekste waargeneem word mag egter erg uiteenlopend wees. \u2018n Deel fokus die \u201candersheid\u201d op \u2018n onlangse toespraak van pres. Jacob Zuma waarin hy senior regeringslui meedeel dat alles wat (nog) verkeerd is nie meer &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8360\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die vryheid van Vryheidsdag&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8360","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8360","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8360"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8360\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8360"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8360"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8360"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}