{"id":8353,"date":"2010-04-27T05:46:31","date_gmt":"2010-04-27T05:46:31","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8353"},"modified":"2010-04-27T05:46:31","modified_gmt":"2010-04-27T05:46:31","slug":"nasiebouer-of-vryheidsoeker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8353","title":{"rendered":"Nasiebouer of vryheidsoeker?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories2\/wingard_johann.jpg\" \/>Die ondenkbare is besig om te gebeur. Die gedrukte media noem dit die  verregsing van Afrikaners, oftewel \u2018n migrasie na die regterkant van die  politieke spektrum. Dit is die  einde van Afrikaners se deelname aan die ANC se nasiebouproses. Die sokkerw\u00eareldbeker sal geen verskil  aan hierdie fenomeen maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Polarisasie tussen die rassegroepe is \u2018n werklikheid. Daar het egter ook \u2018n sterk polarisasie  binne Afrikanergeledere ontstaan. Dit is di\u00e9 tussen die nasiebouers, oftewel diegene wat binne die ANC-oorheerste politieke stelsel wil bly, en wat glo dat \u2018n Westerse  liberaal-demokratiese bestel wel deur die huidige kleptokrasie bestuur sal kan  word. Dan is daar die vryheidsoekers wat nie onder dieselfde vlag as die ANC-ideolo\u00eb en hul  populistiese ondersteuners wil bly nie&nbsp;  Vryheidsoekers weier om veel langer dieselfde vlag, grondwet of volkslied  met ANC-simpatiseerders te deel of om langer die grusame moorde op  onskuldige mans, vrouens en kinders te duld.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Nuwe politieke stryd tussen die nasiebouers en vryheidsoekers het dus  ontstaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige waarnemers sal wil beweer dat dit die historiese kloof tussen  die verkramptes en verligtes is wat weer manifesteer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander sal weer volhou dat hierdie polarisasie nog altyd latent was  sedert die Anglo-Boereoorlog en nou weer na vore kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Derde groep sal beweer dat Julius Malema se gedrag en uitsprake asook  ET se dood vir hierdie polarisasie verantwoordelik is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Laaste groep sal beweer dat die beskawingsbotsing tussen wit en swart  nou besig is om uit te woed en dat die grondoorsake veel dieper l\u00ea as bogenoemde  redes; wat hulle as snellermeganismes vir polarisasie  beskou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die hedendaagse konteks  was die oorgrote meerderheid blankes voor 1994 nog regs, ja selfs die NP-ondersteuners. (Lees weer my  artikel <a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/johann-wingard-magazine-419\/7810-om-regs-of-verregs-te-wees.html\">Om regs of verregs te wees<\/a> om die generiese omskrywing van die term  binne die regte konteks te verstaan.)<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar tydens die Mandela-tydvak was daar \u2018n sigbare migrasie na links, weg  van die beskerming van eiebelang, na die belange van die NSA-nasie en die land  as geheel. Dit was verantwoordelik  vir die opkoms van die DA, self \u2018n liberale party, met \u2018n lang linkse  geskiedenis.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 1994 het baie blankes hulself as entoesiastiese nasiebouers  beskou. Diegene wat die hasepad na  oorsese lande gekies het, het nie kans gesien vir die nasiebouproses nie, maar  het terselfdertyd ook nie geglo aan die haalbaarheid van vryheid vir Afrikaners  binne die nuwe ANC-oorheerste \u201ckleptokrasie\u201d nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Begin mens om te delf na oorsake waarom die nasiebouers al hoe minder  raak en die vryheidsoekers al hoe meer, kom jy by die punt waar jy moet erken  dat die Afrikaners inderdaad uit twee hoofgroepe bestaan, nl. die etniesgesinde  Afrikaners en die nasiebou-Afrikaners.&nbsp;  Na gelang van die politieke gebeure in die land ossileer die groepe tussen  die twee pole.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die migrasie na regs kan nie net toegeskryf word aan die geskiedkundige  gom van godsdiens, taal en kultuur nie, maar waarskynlik eerder aan  oorlewingsopsies wat al minder raak. \u2018n Natuurlike aansluiting vind dus plaas by die tradisionaliste, oftewel  die historiese Boere-Afrikanergemeenskap wat dieselfde onderliggende weersin in  die beskawingsbotsing beleef.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou waarom is alle Afrikaners dan nie vryheidsgesind nie? Waarom is hulle dan nie etniesgesind  nie en verkies hulle om Suid-Afrikaners te wees?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar moet in gedagte gehou word dat duisende Afrikaners ten brode van  die staat of sy instellings afhanklik is. \u2018n Sigbare afwysing van hul nuwe base sal dus hul loopbane benadeel. Heimlik is baie van hulle waarskynlik  reeds besig om te verregs.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan is daar nog die stoere De Klerk-aanhangers wat uit historiese  lojaliteit&nbsp; glo dat die nuwe bestel  sal werk of gemaak kan word dat dit kan werk. Hierdie groep krimp waarskynlik by die  dag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die vryheidsoekers sal dit betaamlik wees om hierdie beweging na  regs te verstaan en akkommoderend te bestuur. Dit sal betaamlik wees om die verlore  Afrikanerseuns en &#8211; dogters weer binne die laer te  verwelkom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die verlede het die media smalend na die sogenaamde laertrekmentaliteit as isolasionisme verwys, byna asof dit \u2018n refleksbeweging van \u2018n  sterwende groepie is. Vandag  bespeur mens egter weer \u2018n sterk opwelling van daardie mentaliteit, maar hierdie  keer as \u2018n noodsaaklike oorlewingsmeganisme.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stryd het dus veel groter geword as \u2018n stryd om net bepaalde  ideologie\u00eb te ondersteun. Die stryd  begin nou fisiese dimensies aanneem, waarvoor vryheidsgesinde Afrikaners hulle  moet voorberei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eerste stap is om bymekaar te maak wat bymekaar hoort. Dit is die totstandkoming van \u2018n  gesagsowerheid vir etniesgesinde Afrikaners.&nbsp; Daarsonder kan en sal daar geen  vordering na vryheid wees nie.&nbsp; Ons  kan nie net staatmaak op die beskerming wat Solidariteit of Afriforum ons in die  howe bied nie.&nbsp; Buiendien is hul  hande gebind deur hul eie ledekorps se belange en hul eie grondwet en  beleid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die terrein waarop beweeg moet word, strek veel verder as net dit. Die gesagsowerheid moet \u2018n volk  verteenwoordig by bilaterale gesprekke met die staat en die buiteland.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarmee moet daar nie langer gesloer word nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/gimalayskaya-sol-ozdoravlivayush\/\">\u0430\u0431\u0430\u0436\u0443\u0440 \u0441 \u0433\u0438\u043c\u0430\u043b\u0430\u0439\u0441\u043a\u043e\u0439 \u0441\u043e\u043b\u044c\u044e \u0434\u043b\u044f \u0431\u0430\u043d\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/shokin-uvolil-prokurora-xarkova\/\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ondenkbare is besig om te gebeur. Die gedrukte media noem dit die verregsing van Afrikaners, oftewel \u2018n migrasie na die regterkant van die politieke spektrum. Dit is die einde van Afrikaners se deelname aan die ANC se nasiebouproses. Die sokkerw\u00eareldbeker sal geen verskil aan hierdie fenomeen maak nie. Polarisasie tussen die rassegroepe is \u2018n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[2188,227,9855,9854,2149,9851,9852,8868,21092,9853],"class_list":["post-8353","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c113-johann-wingard","tag-afrikaners","tag-anc","tag-beskawingsbotsing","tag-etniesgesind","tag-mandela","tag-nasiebouer-of-vryheidsoeker","tag-nasiebouers","tag-polarisasie","tag-rubrieke","tag-vryheidsoekers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8353","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8353"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8353\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8353"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8353"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8353"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}