{"id":8350,"date":"2010-04-26T13:58:34","date_gmt":"2010-04-26T13:58:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8350"},"modified":"2010-04-26T13:58:34","modified_gmt":"2010-04-26T13:58:34","slug":"n-land-van-botsings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8350","title":{"rendered":"\u2018n Land van botsings"},"content":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se paaie is gevaarlik met talle botsings wat jaarliks lewens eis. In die parlement word gedurig stof opgeskop oor botsende belange, en Jan en Alleman beleef die gevolge van kulturele botsings.<\/p>\n<p> Dit is insiggewend dat die Openbare Beskermer bevind het pres. Jacob Zuma is skuldig deur die versuim om sy belange binne die etiese kode se spertyd te verklaar. Dit is ook kommerwekkend dat die OB bevind het Zuma is nie al kabinetslid wat agter di\u00e9 deur staan nie.<\/p>\n<p> Intussen woed die debat en verwarring oor Chancellor House voort. Trouens, die geval Chancellor House is \u2018n duidelike demonstrasie van hoekom mense in politieke gesagsposisies wyd moet hou as belangebotsings voorkom.<\/p>\n<p> Om \u2018n hipotetiese voorbeeld ter demonstrasie te gebruik: \u2018n Minister van Waterwese verkry ex officio kennis van \u2018n nuwe dam en besproeiingskema. Om grondspekulasie te voorkom, word so \u2018n projek aanvanklik in die grootste geheimhouding gevoer.<\/p>\n<p> Intussen gaan die minister en koop grond persoonlik op by eienaars wat van g\u2019n sout of water weet oor die komende projek nie, en kort voor lank, verkoop hy die grond teen \u2018n stywe wins. \u2018n Ruk later is die einste minister \u2018n gunsteling vir \u2018n ho\u00ebr aanstelling, wanneer iemand met die sak patats vorendag kom, en die minister oornag in die vergetelheid verdwyn.<\/p>\n<p> In die Chancellor House-geval het die Kabinet Eskom-verhogings goedgekeur, wat \u2018n groter wins vir Chancellor House beteken, wat weer meer geld vir die ANC beteken. Dit is moeilik om te begryp hoe geen belangebotsings hierin gesien kan word nie.<\/p>\n<p> Tenderpreneurskap het \u2018n siekte geword. In die Vrystaat word die een tender na die ander nou deur die howe nietig verklaar, en in die jongste geval is gelas dat niemand wat by die toekenning van die ongeldige tender betrokke was, by die hersiening betrokke mag wees nie.<\/p>\n<p> Gerugte oor korrupsie met tenders kom al \u2018n baie lang pad. Lank voor 1994 het gerugte reeds die rondte gedoen oor tenderkorrupsie in Qwaqwa. Daar het tsj\u00f4tsj\u00f4 die naam \u201chandling fees\u201d gekry \u2013 \u2018n bedrag wat glo deur amptenare ge\u00ebis word om tenders hoegenaamd oorweeg te laat word.<\/p>\n<p> Na 1994 het gerugte en selfs be\u00ebdigde verklarings eerder meer as minder geword, en in een geval is die premier self beskuldig. Di\u00e9 premier is volgens die gerugte so kontant dat hy sy koevertjies persoonlik gaan optel.<\/p>\n<p> Uit die hoeveelheid tenders wat nou in die howe beland en tersyde gestel word, wil dit voorkom asof baie maatskappye nou rug styfmaak.<\/p>\n<p> Dit is skynbaar al manier om hierdie verrotting van die samelewing te stuit.<\/p>\n<p> Voor die vorige algemene verkiesing het Zuma en hierdie premier asof in tandem beloftes gemaak oor hoe korrupsie uitgeroei gaan word. Die premier is selfs uitgelag toe hy by \u2018n Salga-kongres beloof het korrupte en onbekwame burgemeesters gaan die trekpas kry.<\/p>\n<p> Na die verkiesing het dit geblyk dat dit \u00f3f vals beloftes was, \u00f3f dat daar \u2018n groot verskil is tussen wat die vis se kop hier as verkeerd en korrup beskou, en wat in die w\u00eareld as korrup ervaar word. Gou-gou is verklaar dat daar niks mee verkeerd is met die luukse motor wat die nuwe minister van Vervoer by padmakers gekry het nie. Die motor is darem uiteindelik, leedvermakerig, van die hand gewys.&nbsp;&nbsp;&nbsp; <\/p>\n<p> Uiteindelik het Zuma die behoefte gestel dat oor etiek en moraliteit debat gevoer moet word. Dit blyk dat hierdie debat onder meer ten doel moet h\u00ea om te besin of dit wat deur sommige gemeenskappe \u2013 en die w\u00eareld \u2013 as verkeerd beskou word, maar deur ander nie, inderdaad verkeerd is.<\/p>\n<p> Dat daar \u2018n ernstige behoefte aan \u2018n besinning oor moraliteit nodig is, kan nie betwyfel word nie.<\/p>\n<p> \u2018n Goeie voorbeeld van die behoefte aan morele standaarde is hoe die Vigsveldtog verloop. Die gratis uitdeel van kondome het aanvanklik deel uitgemaak van die aksie, tot gevind is dat di\u00e9 praktyk immoraliteit en losbandigheid bevorder, en dus Vigsverspreiding aanhelp. Kort hierna blyk dit, toe dit aan die lig kom dat kondome in die sensus-veldwerkers se toerusting bygevoeg is, dat die kondoombenadering weer voluit geld. Pas het pres. Zuma self weer aangekondig dat miljoene kondome as deel van die veldtog versprei gaan word.<\/p>\n<p> Terwyl almal wat \u2018n bietjie kennis het, weet die Vigspandemie kan slegs deur ho\u00eb morele waardes aan bande gel\u00ea word.<\/p>\n<p> Om immoraliteit te bevorder, het egter ook ander newe-effekte. Pas het die land weer verneem van \u2018n eenjarige babadogtertjie wat om haar lewe veg na sy en haar versorger deur inbrekers aangerand is. Die dogtertjie het onder meer skedelbreuk.<\/p>\n<p> Vrae word gevra oor hoe siek \u2018n gemeenskap moet wees om sulke barbare voort te bring.<\/p>\n<p> Die land se misdaadstatistieke is reeds ou nuus, en so ook die feit dat gesaghebbende instansies meen die werklike syfers is eintlik ho\u00ebr. Kommer word oor die ho\u00eb vlakke van geweldsmisdaad uitgespreek.<\/p>\n<p> Enkele jare gelede was politieke navorsers in die Vrystaat gewalg toe daar binne enkele weke \u2018n vlaag opspraakwekkende verkragtings was. Die jongste slagoffer was drie maande oud, en die oudste 103 jaar oud. Siek.<\/p>\n<p> \u2018n Vis vrot van sy kop af. As die leierskap nie duidelik die streep trek oor norme nie, het die bevolking nie goeie rolmodelle nie.<!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/pressy\/\">\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u0435\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se paaie is gevaarlik met talle botsings wat jaarliks lewens eis. In die parlement word gedurig stof opgeskop oor botsende belange, en Jan en Alleman beleef die gevolge van kulturele botsings. Dit is insiggewend dat die Openbare Beskermer bevind het pres. Jacob Zuma is skuldig deur die versuim om sy belange binne die etiese &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8350\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;\u2018n Land van botsings&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8350","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8350","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8350"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8350\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8350"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8350"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8350"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}