{"id":8349,"date":"2010-04-26T13:38:18","date_gmt":"2010-04-26T13:38:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8349"},"modified":"2010-04-26T13:38:18","modified_gmt":"2010-04-26T13:38:18","slug":"teokrasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8349","title":{"rendered":"Teokrasie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Tradisioneel word ges\u00ea die staat, as dit \u2018n sekere soort staatkundige bedeling het) is \u2018n demokrasie, terwyl die kerk \u2018n teokrasie is. Die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (Doppers) is \u2018n voorbeeld wat op \u2018n teokrasie aanspraak maak.&nbsp; Tog, na \u2018n sinode voorheen \u2018n beswaarskrif gehandhaaf het en \u2018n vorige besluit herroep wat vrouediakens toegelaat het, het \u2018n gemeente in die Karoo&nbsp; op sy webblad geskryf die inwoners van die hemel het hieroor geween.<\/p>\n<p> \u2018n Gemeente meen dus dat die hemelinge oor \u2018n teokratiese besluit geween het.<\/p>\n<p> Die begrip van dolerende gemeentes (gemeentes wat in protes of beswaard is) word dikwels deur gemeentes self soos \u2018n titel gebruik.<\/p>\n<p> Wanneer die mens die teokrasie toepas is dit dus gebrekkig.<\/p>\n<p> Dit sou moontlik beter wees om twee begrippe te gebruik, naamlik \u2018n Godsregering as proses, en teokrasie as stelsel, en hulle te onderskei.<\/p>\n<p> Teokrasie as staatsbestel manifesteer hom op talle maniere. Sekerlik die bekendste hedendaagse teokrasie is di\u00e9 van die Tibettaanse, waar die Dahlia Lama boonop nou \u2018n regering in ballingskap voer na die gebied deur China ingelyf is.<\/p>\n<p> Sedert die val van die sjah van Iran, voer die ajatollas \u2018n de facto teokrasie. Tot die Tweede W\u00eareldoorlog het die Sjinto-Japannese geglo die keiser is \u2018n regstreekse afstammeling van \u2018n god, min of meer soos die Egiptenare oor die faro\u2019s geglo het.<\/p>\n<p> Die Asteke het \u201csimboliese\u201d oorlo\u00eb teen ander stamme gevoer om menslike offerandes vir hul godsdiens te bekom. By geleentheid het die geharde Cortez en van sy manne in afgryse vanuit \u2018n paleisvenster gesien hoe \u2018n piramiede rooi kleur van die menslike offers se bloed. Ook die Inkas het geglo hul aardse heerser is \u2018n goddelike afstammeling.<\/p>\n<p> Israel is in die tydperk tussen Josua en koning Saul deur rigters regeer, in wat waarskynlik as \u2018n teokrasie bekend sou staan. Trouens, Moses en Josua se leierskap sou ook deel hiervan kon wees. Van die rigters, soos Simson, het nie altyd al te voorbeeldig opgetree nie.<\/p>\n<p> In die tyd toe die pous nog gesag as aardse heerser gehad en \u201cbulle\u201d uitgevaardig het, het die Christendom ook na-aan \u2018n teokrasie geword. Talle oorblyfsels van hierdie opvatting is steeds te bemerk.<\/p>\n<p> As invalshoek is die kerk met \u2018n boom se stam vergelyk, en ander lewensvorme as takke wat uit die stam groei. Hieronder sou \u2018n mens die staat, die gesin, die huwelik en ander tipies tel. In teorie het die pous dus seggenskap oor elke lewensaspek van mense binne die kerk se invloedsfeer gehad. Aardse heersers wat hul gesag teen die pous getoets het, moes boete doen soos met kaal knie\u00eb \u2018n lang tel trappe uitklim.<\/p>\n<p> In die Middeleeue is die gedagte van teokrasie gevoer na die vlak van die erflike koning \u2013 die Here sou dan deur die skep van lewe, bepaal dat Sy keuse as troonopvolger gebore word. Dit het ook \u2018n sekere vorm van onaantasbaarheid vir die koning geskep, wat selfs aan onbevraagbaarheid gegrens het.<\/p>\n<p> \u2018n Wisselvorm word aangetref in die vorm van primitiewe dolosgooierey en die spreek van die Orakel van Delphi. Die Christendom, veral in die Judese aanloop, ken die praktyk van profete wat selfs die konings van God se instruksies voorsien het.<\/p>\n<p> Hoe sou \u2018n teokrasie vandag daaruit sien?<\/p>\n<p> In \u2018n Protestants-demokratiese omgewing sou die vertrekpunt wees dat die Christen sy Christenskap in alle lewensfere, die kerk en die staat ook, uitleef. Hy is dus nie minder Christen wanneer hy in die kerk sit, in sy huisgesin funksioneer, in sy werkplek, op die skoolbeheerliggaam, en die uitoefen van sy stemreg nie. Voeg hierby \u2018n inskrywing in die grondwet dat die grondwet, en selfs die handves van menseregte, God as hoogste gesag erken, en dat sittings van die parlement en kabinet met gebed geopen word, en siedaar, \u2018n \u201cteokrasie.\u201d Die Christen se lig, hoe hy Christus uitstraal, moet immers oral skyn, en nie onder die bed weggesteek word nie. (Die Suid-Afrikaanse grondwet voldoen nie aan al hierdie vereistes nie.)<\/p>\n<p> Die Christen sluit God immers nie Sondag na die aanddiens in die kerk toe, en sluit God weer die volgende Sondag oop nie.<\/p>\n<p> Hoekom die vraagteken?<\/p>\n<p> Die demokrasie is \u2018n mens-ontwerpte stelsel. Vanuit \u2018n Christelike perspektief is dit dus gebrekkig. Dit manifesteer in soveel modelle dat dit onmoontlik is om een te kies as \u201cChristus-vriendelik\u201d of \u201cideaal vir die teokrasie\u201d te beskryf.<\/p>\n<p> Ten eerste moet \u2018n gemeenskap in effek Christelik-homogeen wees. Ideaal moet dit ook kultureel homogeen wees, want die oomblik as \u2018n staat heterogene (geloofs-) kenmerke het, sal so \u2018n demokratiese teokrasie deur sommiges as onderdrukkend ervaar word wat nie dieselfde morele kodes of geloofsoortuigings aanhang nie.<\/p>\n<p> Dit moet in gedagte gehou word dat die demokrasie soos ons dit ken, prim\u00ear uit die liberalisme gebore is, en liberalisme prim\u00ear in die humanisme (die mens regeer) staan. Christen-demokrate is byvoorbeeld gewoond daaraan om te hoor \u201cgodsdiens moet uit die politiek gehou word.\u201d Moet dit dan uit skole geweer word (soos sommiges dit wil h\u00ea, uit die werkplek, uit die gesin, uit die huwelik? Hoekom nie dan sommer uit die kerk (as menslike manifestasie) nie?<\/p>\n<p> Parlement\u00ear kan \u2018n mate van buigsaamheid verdiskonteer word, deur te onderskei tussen \u201cgodsdiens\u201d en God self. Die parlement bied immers nie die Nagmaal aan nie, maar die Christen-parlementslid is immers nie veronderstel om God buite te laat as hy die parlement se deure ingaan nie. (En sjoe, kyk \u2018n mans na baie se optrede op rugbystadions, lyk dit nie of dieselfde toeskouer die volgende dag as lidmaat in die kerk sit nie).&nbsp; <\/p>\n<p> Die werklike toets kom wanneer hy oor wetgewing moet stem wat die teenoorgestelde behels as wat sy kerk leer. Wetgewing soos di\u00e9 oor aborsies, oor dobbel, pornografie, die wettiging van protitusie en vele meer. Boonop vereis die koukusgebondenheid wat deel van die Suid-Afrikaanse politiek is dat iemand dikwels tussen sy kerk en sy amp as parlementslid \u2018n skisofreniese houding moet inneem.<\/p>\n<p> Beteken dit dat die demokrasie nie as basisvorm vir teokrasie kan deug nie?<\/p>\n<p> Bied enige ander hedendaagse regeervorm \u2018n beter basis vir teokrasie?<\/p>\n<p> Of moet \u2018n nuwe model vir teokrasie gevorm word?<\/p>\n<p> Of, moet die demokrasie hervorm word om as geskikte platform vir teokrasie te dien?<\/p>\n<p> Met ongeveer 80 persent Suid-Afrikaners wat verklaar dat hulle Christene is, is dit in beginsel \u2018n onnodige vraag. As daardie 80% kiesers parlementslede instem wat soos goeie Christene die land sal regeer, is dit immers so na-aan \u2018n teokrasie as wat kan kom.<\/p>\n<p> Dit is agter as \u2018n mens na die lewenshandel en selfs ideologiese uitgangpunte van hierdie 80 % kyk, dat \u2018n mens vrae kan begin vra.<\/p>\n<p> Juis in reaksie op die vorige artikel waarna hierbo verwys is, was daar \u2018n reeks reaksies wat op geen manier versoenbaar was met die reaksie van ander lesers nie. Die eertydse Admissiestudie van die Afrikaanse susterkerke is selfs as die werk van die groot verleier beskryf. Die ironie, die artikel was hoofsaaklik histories \/ argeologies, en nie teologies nie.<\/p>\n<p> In alle billikheid, van die lesers se reaksie het \u2018n pragtige Christelike gesindheid van liefde (wat sentraal in die Bybel staan) en nie-veroordeling uitgestraal.<\/p>\n<p> Maar as Afrikaanssprekende Christene mekaar so aan die keel gryp, hoe gaan dit lyk as agnostici, ate\u00efste, heidene en ander bykom?<\/p>\n<p> Oor dieselfde tyd kon \u2018n mens \u2018n prentjie hiervan vorm, met debatte wat onder meer deur die bekendmaking van die 1,9 miljoen jaar oue aapmens-skelet by die Wieg van die Mensdom ontketen is.<\/p>\n<p> Kreasioniste, veral jong aarde kreasioniste, en evolusioniste het mekaar iets allerverskrikliks met die teerkwas bygedam. En hoewel mense wat die amptelike standpunte van die grootste susterkerke aanhang grootliks nie aan die \u201cdebatte\u201d deelgeneem het nie, is hulle net so lekker met die teerkwas bygedam en tot nie-Christene \u201cverklaar.\u201d \u2018n Oningeligte wat na die \u201cdebat\u201d sou kyk sou maklik die afleiding kon maak dat om \u2018n Christen te wees, geglo moet word die skepping is 6 000 jaar oud, dat Bybelse argeolo\u00eb wat met veel ouer tydperke werk, deel van \u2018n yslike bedriegspul is.<\/p>\n<p> En vorm nou \u2018n teokrasie via demokrasie met di\u00e9 spulletjie wat van Christelike liefde en \u2018n verbod op veroordeling gestroop is.<\/p>\n<p> Is enige ander model as die demokrasie meer geskik vir teokrasie?<\/p>\n<p> Die antwoord is waarskynlik nee.<\/p>\n<p> Is \u2018n teokrasie \u2018n saak van onmoontlikheid?<\/p>\n<p> Die staatkundige antwoord is waarskynlik ja. Die teologiese antwoord is dat niks vir God onmoontlik is nie.<\/p>\n<p> Maar dan word van \u2018n Godsregering gepraat, en nie \u2018n teokrasie nie, en God is immers nie aan menslike regeermodelle gebonde nie.<\/p>\n<p> Beteken dit dat die mens, die Christen, handegevou en fatalisties agteroor moet sit dat God Sy eie ding moet kom doen?<\/p>\n<p> Nee, stellig nie. God ken talente aan mense toe wat soos Godgegewe gawes aangewend moet word. En oor talente miskien net \u2018n paar opmerkings. Uit die 1983-vertaling van die Bybel word die indruk in hoofsaak gelaat dat daar meestal na enkele muntstukke verwys word waar die ouers vertaling, en ook vertalings in ander tale na talente verwys. Dit is nie noodwendig verkeerd nie, maar waar na die toewysing van talente verwys word, is dit iets wat in \u2018n enorme bedrag geld uitgedruk sou kon word. Deur die loop van Bybelse tye het die gewig van \u2018n talent aansienlik verskil, maar dit het gewoonlik na sowat 50 Kg silwer verwys, of te wel een talent gelykstaande aan ongeveer 6 000 werksdae se loon.<\/p>\n<p> So is daar mense wat die talente ontvang het om met staatkundige modelle te kan werk, en iets te ontwerp wat so Christenvriendelik as moontlik sal wees. \u2018n Model wat so ver as moontlik sal verhinder dat ons God Sondae in die kerk oop- en toesluit. Uit \u2018n teokratiese oogpunt \u2013 die Christen moet as Christen vinger trek. Vanuit die Christen-demokratiese en Christen-volkseie-oogpungt: Die kerk kan nie maar \u2018n apatiese toeskouer wees oor wat in ander lewensfere aangaan nie. Die kerk as instelling het \u2018n profetiese roeping. En die kerk kan as instelling in beginsel nie vrede daarmee h\u00ea as sy lidmate Sondae die Here in die kerk toesluit, en die week sekul\u00ear \/ agnosties leef deur byvoorbeeld partye te steun wat oor beginselsake presies die teenoorgestelde as hul kerke glo nie.<\/p>\n<p> Die Gereformeerde Kerke het byvoorbeeld \u2018n sinode-opdrag dat leraars voor \u2018n verkiesing moet preek om riglyne vir die uitbring van die stem te verskaf, sonder om \u2018n politieke keuse voor te skryf. (Met Admissie-opleiding, en kwalifikasies in die staatsreg en Politieke Wetenskap, kon ek geen kop of stert van hierdie preek \u2013 die een wat ek wel gehoor het \u2013 uitmaak nie. Boonop was ek self \u2018n kandidaat. Ek glo bitter min lidmate het \u2018n \u201clamp vir die voet\u201d gekry. Die beginsel bly egter gesond).<\/p>\n<p> \u2018n Model, waar menseregte uitgel\u00ea sal word, die instink sal wees om die beginsel van natuurlike geregtigheid uit te l\u00ea soos die Heilige Gees en die Woord dit in \u2018n mens se hart l\u00ea. Waar, wanneer oor wetgewing besin word, werklik besin word hoe die Here verwag Sy kinders na daardie wetgewing moet kyk.<\/p>\n<p> \u2018n Model waar wetgewing so opgestel word waar dit bevorderlik is vir \u2018n klimaat van moraliteit. Waar korrupsie nie \u2018n norm is nie, maar \u2018n onding wat uitgeroei moet word.<\/p>\n<p> Die belangrikste is \u2013 waar die regeerders \u2018n navolgingswaardige voorbeeld stel, sodat die publiek, veral die jong mense, ge\u00efnspireer word om mense se voorbeeld met entoesiasme na te volg omdat hulle die Here deur daardie mense sien.<\/p>\n<p> Die konteks waarbinne die vraag oor teokrasie gevra is, was die volkstaat.<\/p>\n<p> In \u2018n sekere opsig sal \u2018n volkstaat weens groter homogeniteit \u2018n teokrasie makliker uitvoerbaar maak.<\/p>\n<p> Ongelukkig het die godsdiensopvattings van die Afrikaner ontsettend ver uitmekaar gedryf. Enigeen wat objektief hierna kyk, sal weet dat dit wat mense vanuit die Israel Visie-spektrum van \u2018n teokrasie sal verwag, baie ver sal verskil van die verwagtinge van mense binne byvoorbeeld die susterkerke, die AGS en die Afrikaanse Baptistekerk.<\/p>\n<p> Terwyl daar raakvlakke is tussen die CVO- en Christian Schools waarbinne baie Afrikaanssprekendes hul kinders plaas, is die verskille ook baie groot.<\/p>\n<p> Op die eenvoudige vlak sou ons s\u00ea \u2018n staatkundige model sal een wees waar die regeerstyl so sal wees dat dit die Bybelse boodskap ten beste projekteer.<\/p>\n<p> Op die diep filosofiese vlak sou ons s\u00ea die hi\u00ebrargie van wetskringe \/ lewensfere wat ons via Kuiper en Dooyeweerd van leer, moenie regop staan nie, maar op sy kant l\u00ea. Dit beteken wel dat die hoogste orde, die geloofswetskring, op dieselfde vlak as die laer orde wetskringe soos getal en ruimte l\u00ea, maar die belangrike is dat nou onderskei word tussen God, wat uit die wetskringe losgemaak word, en die menslike manifestasie daarvan, soos die kerk.<\/p>\n<p> So spreek God enersyds regstreeks tot alke aspek van Sy Skepping, van die mens se geloof, sy kerk, sy kultuur, sy gesondheid, sy regstelsel, sy staat, tot die ruimte en getalle.<\/p>\n<p> En tweedens, suurdeeg die Christen se uitlewing van sy Chistenskap ook horisontaal deur na alle anders aspekte waar hy betrokke is \u2013 word die wetskringe en lewensfere in werklikheid die prosesse en filters van \u2018n stelselteorie, afgestem op die behaviouralistiese &#8230;.onderhewig aan die Wil van God.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\">\u043c\u0435\u0434\u0438\u0446\u0438\u043d\u0441\u043a\u0443\u044e \u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0443<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/info.html?_m=publications&#038;_t=rec&#038;id=147165\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tradisioneel word ges\u00ea die staat, as dit \u2018n sekere soort staatkundige bedeling het) is \u2018n demokrasie, terwyl die kerk \u2018n teokrasie is. Die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (Doppers) is \u2018n voorbeeld wat op \u2018n teokrasie aanspraak maak.&nbsp; Tog, na \u2018n sinode voorheen \u2018n beswaarskrif gehandhaaf het en \u2018n vorige besluit herroep wat vrouediakens toegelaat het, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8349\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Teokrasie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-8349","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8349","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8349"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8349\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8349"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8349"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8349"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}