{"id":8338,"date":"2010-04-23T06:02:24","date_gmt":"2010-04-23T06:02:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8338"},"modified":"2010-04-23T06:02:24","modified_gmt":"2010-04-23T06:02:24","slug":"n-insident-wat-die-hnp-help-skep-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8338","title":{"rendered":"\u2018n Insident wat die HNP help skep het"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Dit is min of meer die jaar 1969.&nbsp; Ek was \u2018n arrogante student aan die UOVS.&nbsp; Op daardie stadium was ek voorsitter van Huis Hendrik Verwoerd, lid van die studenteraad, voorsitter van die Kultuur-filosofiese Studiekring en redakteur van die teologiese blad Tussen Ons. &nbsp;<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Insgelyks was ek leier van die Raad van Afrikaner Studente (RAS), \u2018n geheime organisasie, wat as teenvoeter vir \u2018n ander geheime organisasie moes optree. Ons was regs en die ander organisasie \u2018n stutorganisasie van die Nasionale Party.&nbsp; Ons was Calvinisties, onder die leiding van prof. Piet Kock en van Herman Strauss.&nbsp; Ons het geglo dat die beleid van afsonderlike ontwikkelling net kan werk as die eenheidstaat kan opsplits in \u2018n verskeidenheid etniese state en dat die kultuurstate in \u2018n konfederale verband \u2018n Suider-Afrikaanse regstaat vorm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Transvaal het leiers soos Albert Hertzog, Jaap Marais, en Willie Marais, Louis Stofberg, ontevrede geluide oor die rigtinglose leierskap van John Vorster gemaak.&nbsp; By RAS het ons besluit om dr. Albert uit te nooi om ons te kom inlig.&nbsp; Die gasheer sou die Kultuur Filosofiese Studiekring wees.&nbsp; Ons \u201cgeestelike\u201d leier, dr. Piet Kock, het my gewaarsku dat dr. Albert nie veel van die Calvinisme af weet nie.&nbsp; Maar, die uitnodiging was reeds gerig en deur dr. Hertzog aanvaar.&nbsp; Om my verleentheid te spaar het ek Pretoria toe gery om dr. Hertzog in persoon te vra om sy aanbieding oor die Calvinistiese boeg te gooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Pretoria het ek dr. Hertzog en sy Engelse vrou in Waterkloof besoek.&nbsp; Ons het uitgerekte gesprekke gehad.&nbsp; Dr. Hertzog het my toe genooi om die toespraak vir Bloemfontein te skryf en aan hom voor te l\u00ea, wat ek gedoen het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Notas nou nog in my besit het die volgende bevat:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7&nbsp;&nbsp; &nbsp;Dat die Calvinistiese samelewingsleer die beginsel van soewereiniteit-in-eie-kring ontwikkel het.&nbsp; Hiervolgens het God nie net eiesoortige plante, diere en mense geskep nie, maar ook eiesoortige instellinge van die samelewing (kerk, staat, en ander organisasies). Hierdie instellinge besit interne selfbeskikking.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7&nbsp;&nbsp; &nbsp;Dat die Westminster-sisteem van denke individuele menseregte oorbeklemtoon, ten koste van kultuurinstellinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7&nbsp;&nbsp; &nbsp;Dat \u2018n volk in kultuurgevulde instellinge (huwelik, gesin, familie, ens.) tot uitdrukking kom en dus eiesoortigheid, veral binne \u2018n plurale samelewing kan opeis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Hertzog het getrou by my toespraak gebly en net daarop uitgebrei.&nbsp; Die nasionale pers-koerante het natuurlik die vure aangeblaas en begin praat van \u2018n studente-opstand teen Vorster se rigtinglose geploeter in modderwater.&nbsp; Ek is in Bloemfontein uitgesonder en twee-drie studente in Pretoria het \u2018n sg. \u201csmeerbrief\u201d teen Vorster versprei.&nbsp; Hierop het Vorster sy bekende toespraak gemaak \u201chulle (daardie studente) kon \u2018n toekoms gehad het, maar nou het hulle nie meer \u2018n toekoms nie\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp; In Bloemfontein is ek gevra om by die Nasionale Jeugbond van die NP \u2018n toespraak te hou.&nbsp; Ek het Vorster se \u201cuitwaartse beleid\u201d trompop aangeval.&nbsp; Die Sondagkoerant, Beeld, van daardie tyd, het my toespraak op die voorblad onder die kopskrif \u201cVuiste vir Vorster\u201d&nbsp; geplaas.&nbsp; Daaropvolgend het die veiligheidspolisie, te same met die pro-NP-stutorganisasies \u2018n veldtog teen my begin om te keer dat ek die volgende president van die Afrikaanse Studentebond word. \u2018n Kolonel het prof. Herman Strauss gaan sien en versoek dat ek nie weer plek in \u2018n koshuis kry nie.&nbsp; \u201cLandman ondermyn die regering\u201d, was sy woorde.&nbsp; Prof. Strauss het my, in die teenwoordigheid van Henry Lederle, nou \u2018n professor in die teologie, iewers in die buiteland, ingelig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Kaapstad het dr. Albert Hertzog my toespraak gebruik om sy beroemde (of is dit berugte?) Calvinistiese toespraak te hou.&nbsp; Hy het Vorster se beleid indirek aangeval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie toespraak het daartoe gelei dat eerste minister Vorster vir dr. Hertzog laat roep het.&nbsp; Dr. Albert is na Libertas, die ampswoning in Pretoria, ontbied.&nbsp; Daar aangekom was mev. Vorster in die tuin.&nbsp; Sy het aan dr. Albert ges\u00ea dat die Eerste Minister in die kamer op die tweede verdieping was.&nbsp; Dr. Hertzog het geklop. Die klop was beantwoord met \u201ckom binne\u201d.&nbsp; John Vorster het in sy onderbroek met gekruisde bene op die bed gel\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het dr. Hertzog versoek om te bedank.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Albert het botweg geweier en gewoon geantwoord dat Vorster dan maar sy kabinet moes skommel en hom wat Hertzog is uitlaat. Die koerante het gezoem en die joernalis-lakeie van die NP het geskryf en geskryf en geskryf &#8230; om die regte klimaat te skep vir die politieke isolasie van Albert, Hertzog, Jaap Marais en Willie Marais.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe kom die Transvaalse Kongres van die NP.&nbsp; Ek was daar.&nbsp; John Vorster se toespraak het die deur geopen na veelrassige sport.&nbsp; Dr. Hertzog het opgestaan en betoog dat Vorster derhalwe dr. Verwoerd se sportbeleid wysig.&nbsp; Vorster en sy napraters het betoog dat die sportbeleid dieselfde bly, maar dat Maori\u2019s&nbsp; wel ontvang sou word.&nbsp; Hertzog het opgestaan en betoog dat dit die dun wig was wat die deur na veelrassigheid sou oopmaak.&nbsp; \u2018n Ordemosie, \u2018n ou slenter, is voorgestel dat die debat gestaak word en dat daar gestem word. Die debat is kortgeknip.&nbsp; Die stemvee van die NP het met \u2018n tiental uitsonderinge vir die Vorster-beleid gestem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Minister Botha was die voorsitter.&nbsp; Hierop moes elke persoon wat teen die Vorster-beleidswysiging gestem het opstaan.&nbsp; Hulle name en kiesafdelings is genoteer.&nbsp; Langs my het \u2018n organiseerder van die NP gesit.&nbsp; My woorde aan hom was: \u201cnou het die begin van die einde van die NP begin\u201d.&nbsp; Die Maandag daarop is die name van die dissidente op die voorblad van die NP-pers gepubliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Hertzog het sy kiesafdelingsbestuur vir die daaropvolgende Saterdag byeen geroep.&nbsp; In Ermelo aangekom, was dr. Hertzog verbaas om te sien dat minister Van Rensburg, as ek reg onthou, deur Vorster opdrag gegee is om die kiesafdelingsbestuur in te lig.&nbsp; Dit sonder vooraf mededeling aan dr. Hertzog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In kort: die tirannie van Vorster en die leierloosheid van die NP toe, het Albert Hertzog eintlik geen keuse gegee nie as om die NP te verlaat.&nbsp; So het my woorde waar geword.&nbsp; Vorster wat met sy onderbroek aan vir Hertzog probeer uitskop het, se diktatuur het die HNP tot stand laat kom.&nbsp; Intussen het die onderbroek van Vorster aanleiding gegee tot die kortbroek van opvolgende leiers wat die Afrikaner uiteindelik kaalgat van sy land beroof het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So terloops, een van die uitverkopers van die Afrikaner was lid van Ras, het Ras aan \u2018n ander geheime organisasie uitverkoop om sy plek daarin te verseker en uiteindelik was dit juis hy, wat die lakei van De Klerk was, wat in die onderhandelinge gekapituleer het.&nbsp; Julle weet wie dit is?&nbsp; \u2018n Jakkals verander van haar, maar nooit van streke nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/maslo-kompressornoe-f10663003\/\">\u043c\u0430\u0441\u043b\u043e \u0434\u043b\u044f \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440\u0430 \u043a\u043e\u043d\u0434\u0438\u0446\u0438\u043e\u043d\u0435\u0440\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/nahnews.org\/160337-kto-pomogaet-xarkovchanam-skryvatsya-ot-mobilizacii\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is min of meer die jaar 1969.&nbsp; Ek was \u2018n arrogante student aan die UOVS.&nbsp; Op daardie stadium was ek voorsitter van Huis Hendrik Verwoerd, lid van die studenteraad, voorsitter van die Kultuur-filosofiese Studiekring en redakteur van die teologiese blad Tussen Ons. &nbsp; Insgelyks was ek leier van die Raad van Afrikaner Studente (RAS), [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82],"tags":[],"class_list":["post-8338","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c72-christo-landman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8338","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8338"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8338\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8338"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8338"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8338"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}