{"id":8333,"date":"2010-04-22T13:57:21","date_gmt":"2010-04-22T13:57:21","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8333"},"modified":"2010-04-22T13:57:21","modified_gmt":"2010-04-22T13:57:21","slug":"einde-van-belgie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8333","title":{"rendered":"Einde van Belgi\u00eb?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Liberale aan weerskante van die  taalverdeling word geblameer vir die jongste krisis van die Belgiese regering. Die Belgiese premier,  Ywes Leterne, van die Vlaamse Christen-demokratiese Party (CD &amp; V), het  sy regering se bedanking by koning Albert II aangebied.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die CD &amp; V het \u2018n spesiale,  kort verklaring uitreik om te verduidelik dat di\u00e9 party alles in sy vermo\u00eb gedoen het om die  leisels met onderhandelinge bymekaar te hou, maar dat die liberale dit  onmoontlik gemaak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die twis hou verband met die  taalstryd in die omgewing van Brussel, die tweetalige hoofstad.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Vlaamse nasionalistiese party,  Nieuw-Vlaamse Alliantie (N-VA), &nbsp;is op die oomblik besig om in peilings veld te wen.  Die leier, Bart De Wever, verwys al \u2018n geruime tyd na Belgi\u00eb as staat as  iets van die verlede. Volgens hom bestaan Belgi\u00eb nog net in naam.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wever, wat met \u2018n Nederlandse vrou  getroud is, voorsien egter nie dat \u2018n onafhanklike Vlaamse staat by Nederland sal aansluit nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl verwag sal word dat baie,  veral Franstaliges, hard sal veg om Belgi\u00eb as staat te laat voortbestaan aangesien die  welvarender Vlaandere die Franstalige Walloni\u00eb jaarliks met miljarde Euro\u2019s subsidieer, is dit duidelik dat die Franstalige liberale hul eie saak  nou geen guns bewys het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vlaminge se draad is skynbaar  op met die platsak Walloni\u00ebrs se meerderwaardige ingesteldheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien die regering se bedanking  aanvaar word, beteken dit dat Nederland en Belgi\u00eb se regerings kort na mekaar tot \u2018n val gekom  het. Die redes waarom dit gebeur het is egter heeltemal verskillend. In  Nederland het die voortgesette teenwoordigheid in Afganistan as deel van die  Navo-magte die Partij van de Arbeid uit die regering laat stap.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien dit sou blyk dat Belgi\u00eb nou  as staat gaan ophou bestaan, kan dit egter skielik \u2018n groot invloed op die Nederlandse verkiesing h\u00ea. Hoewel die kwessie van eenwording met Vlaandere in die Nederlandse nasionale politiek nie \u2018n sterk saak is nie, is provinsies soos Limburg en Brabant met die totstandkoming van Nederland en Belgi\u00eb  ongeveer middeldeur gesny. Die inwoners van hierdie provinsies met hul eie  dialekte het volgens sommige bronne sterker bande met hul provinsiale bure oorkant  die nasionale grens as met hul nasionale regerings.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit kan skielik \u2018n kwessie word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\">\u0434\u0438\u0437\u0430\u0439\u043d \u0431\u0430\u043d\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/subordinate_offices_.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Liberale aan weerskante van die taalverdeling word geblameer vir die jongste krisis van die Belgiese regering. Die Belgiese premier, Ywes Leterne, van die Vlaamse Christen-demokratiese Party (CD &amp; V), het sy regering se bedanking by koning Albert II aangebied. Die CD &amp; V het \u2018n spesiale, kort verklaring uitreik om te verduidelik dat di\u00e9 party &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8333\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Einde van Belgi\u00eb?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[8866,9832,162,9836,6925,21089,9834,8839,9835,9833],"class_list":["post-8333","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-belgie","tag-einde-van-belgie","tag-internasionale-nuus","tag-liberale","tag-nederland","tag-nuus","tag-regeringskrisis","tag-vlaandere","tag-wallonie","tag-yves-leterme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8333","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8333"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8333\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8333"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8333"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8333"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}