{"id":8323,"date":"2010-04-22T05:33:14","date_gmt":"2010-04-22T05:33:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8323"},"modified":"2010-04-22T05:33:14","modified_gmt":"2010-04-22T05:33:14","slug":"mev-dokter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8323","title":{"rendered":"Mev. Dokter"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Oom Cheese het, soos \u2018n mens sou verwag, eers by \u2018n kaasfabriek gewerk. \u2018n Fabriek in die Oos-Vrystaat wat lank nie meer bestaan nie, in \u2018n dorpie waar die stasie nog net \u2018n herinnering is aan die dae toe daar nog gereeld treine geloop&#8230;en in die dorpie aangedoen het.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Toe ek jare later een aand in die dorpie oorgeslaap het, het die hotel nog bestaan. Danksy die Oog waar die manne wat die mure staande gehou het, die hotelgaste tot in die vroe\u00eb oggendure uit die slaap gehou het.<\/p>\n<p> Oom Cheese se vrou, tannie Stoney, het so ver ons weet nooit by \u2018n steengroef gewerk nie. Nog minder had sy in haar jeug \u2018n onbesonnenheid aangevang waarvoor sy \u2018n tyd lank moes gaan klippe kap. Haar nooiensvan was, volgens oorlewering, Steenkamp.<\/p>\n<p>Maar of tannie Stoney nog kan onthou, is amper moeilik om te dink. Van mens maar onthou was sy met oom Cheese getroud, en sedert oom Cheese jare gelede van die aardse smarte bevry is, stap tannie Stoney nou aan om die eeu vol te maak.<\/p>\n<p> Na die kaasfabriek gesluit het, het oom Cheese en tannie Stoney na \u2018n groter buurdorp getrek, en oom Cheese het as makelaar gewerk om hom uit die kwaad te hou. Gepas Oos-Vrystaats was hul ruim huis vol Claerhouts en Amenbergers \u2013 \u2018n kleurvolle vrolikheid.<\/p>\n<p> Dis by oom Cheese en tannie Stoney wat ek van hierdie latere dorp se eertydse kleurryke karakter gehoor het. Ja, by hul beide, want so lank was hulle getroud dat hulle so \u2018n storie in aflosse vertel het, elkeen het mooi geweet watter deel van watter storie het die beste by elkeen se vertelstyl gepas, \u2018n kuns wat \u2018n mens meer kere kry as mens mooi oplet. Nou nie daai soort waar die een die storie probeer vertel, en die ander een hom \u2013 ja hom \u2013 beterweterig probeer reghelp nie.<\/p>\n<p> Omdat die uwe \u2018n paar minder aangename ervarings met distriksgeneeshere gehad het, het hul storie vermoedelik gevolg op iets wat ek so in die geselskap moes genoem het.<\/p>\n<p> Ja, hul dorp het ook \u2018n baie kleurvolle distriksgeneesheer gehad. By geleentheid voel die tuinman olik, vertel hulle, en hulle stuur hom dokter toe.<\/p>\n<p> Nie lank nie, is die tuinman terug, grootoog.<\/p>\n<p> \u201cDaai baas dogter het my sommer deur die baadjie se mou ge-inject,\u201d rapporteer hy terug. Oom Cheese en tannie Stoney was nie verbaas nie.<\/p>\n<p> By geleentheid ry hulle met kli\u00ebnte om na \u2018n plaas te gaan kyk. Maar oom Cheese is nie heeltemal seker waar die plaas is nie, en bedink nog waar om te gaan pad verneem, toe is die \u201cdogter\u201d in \u2018n stofwolk by hulle verby. Net \u2018n entjie verder, onder \u2018n boom langs die pad, is \u2018n \u201ckliniek\u201d en daar sal hulle stellig met die beduieslag geholpe raak.<\/p>\n<p> Nog half in die stofwolk hou hulle by die \u201ckliniek\u201d stil, en is verstom oor die toneel wat voor hulle afspeel. Daar staan \u2018n ry ma\u2019s met hul kleingoed snotneus op die arm. Die dokter draf die ry af en so vinnig soos hy beweeg spuit hy. So vinnig, teen die tyd dat \u2018n kleintjie agterkom hy is genaald en \u2018n snotpsalm insit, is daar al \u2018n rits na hom ingespuit. Of die naald sommer deur die doek is, en of daar ooit doeke was, het ek nou volgens my herinneringe nie verneem nie.<\/p>\n<p> Agter die dokter kom sy \u201capteker\u201d aan, \u2018n swart man wat hy in diens geneem het om pille uit te deel. Agter in die dokter se kattebak was \u2018n klomp houers met pille. Hieruit gryp die \u201capteker\u201d hande vol en deel uit.<\/p>\n<p> Nou byges\u00ea, ek het ook nie verneem dat die dokter ooit \u2018n pasi\u00ebnt verloor het nie. Behalwe miskien \u2018n paar wie se moed hulle begeef en die hasepad gekies het voor hulle ge-inject geraak kon word.<\/p>\n<p> En op \u2018n dag, daar is die dokter se vrou van baie jare, dood. Maar die grond anderkant die sipresse het nog molshoop gestaan, toe haak die dokter met die jarelange klinieksuster af.<\/p>\n<p> En op slag is sy nie meer \u201csuster\u201d nie, maar mev. Dokter.<\/p>\n<p> Maar haar geluk was nie vir lank bestem nie, toe l\u00ea die ou dok ook sy kop vir oulaas neer.<\/p>\n<p> \u201cVan toe af was sy mev. wyle Dokter,\u201d sluit tannie Stoney haar en oom Cheese se storie af.<\/p>\n<p> Soos gemeld, my eie ervarings van distriksgeneeshere was omtrent dieselfde as my ervaring van weermagdokters toe ek nog diensplig gedoen het. En die meeste van ons wat nog voete gestamp het, sal weet dis rof. In die dae voor daar dienspligdokters was. En soos die geluk dit wou h\u00ea, die laaste keer in die weermag wat ek gewaag het om siek te word, was die weermagdokter nog boonop ook die distriksgeneesheer. \u2018n Dubbele verskrikking dus. En burgemeester ook, maar darem in die dae voor burgemeesters as \u2018n re\u00ebl ook \u2018n slegte smaak in \u2018n man se mond gelaat het.<\/p>\n<p> Maar nou moet ek dadelik byvoeg, ek het goeie distriksgeneeshere geken, al was hulle nie my dokter nie.<\/p>\n<p>So een was \u2018n skoolvriend se pa, dokter Bester. Toe di\u00e9 pa, soos hulle destyds ges\u00ea het, Medisyne gestudeer het, was hulle drie Besters in die klas. Om hulle van mekaar te onderskei, het hulle elkeen \u2018n bynaam gehad. Hierdie een se bynaam was \u201cdie Goeie Bester&#8221;.&nbsp;<\/p>\n<p> Heel per toeval het ek nog een van die Besters ontmoet, en so van die byname gehoor.<\/p>\n<p>By geleentheid vertel die Goeie Bester van sy dae toe hy nog by Wellington distriksgeneesheer was. Een nag laat, of oggend vroeg, klop die polisie hom op. By hulle het hulle \u2018n man wat effe na drank ruik. Die polisie meen hy het dalk dronkbestuur, maar hulle is nie seker nie.<\/p>\n<p> Hulle, die twee polisiemanne, het die nag tussen die plase patrollie gery, en toe stilgehou om bietjie Boeretroos uit \u2018n warm fles te drink. En terwyl hulle so blaas-blaas oor die bekers aan die koffietjie sluk, sien hulle hoe iemand heen en weer oor \u2018n smal plaasbruggie ry. Met die derde oorryslag is die man toe in die reling vas.<\/p>\n<p> Die Goeie Bester trek toe die bloed, verse\u00ebl dit en stuur op die trein Kaap toe om getoets te word.<\/p>\n<p> Die volgende dag bel die eienaar van die boedmonster. Is daar dalk al \u2018n uitslag?<\/p>\n<p> Nee, s\u00ea die Goeie Bester, maar hy verwag nou enige oomblik die oproep. En, s\u00ea hy, hy het net die gehoorstuk neergesit, toe lui die telefoon weer.<\/p>\n<p> Di\u00e9 keer is dit toe die vampiere van die Kaap.<\/p>\n<p> \u201cDaai man wie se bloed jy gisteraand gestuur het. Leef hy nog?\u201d<\/p>\n<p> Die Goeie Bester vertel hy het dit al tevore gekry dat iemand se alkoholvlak meer as twee keer bo die dodelike was, maar nog nie dat die \u201coorledene\u201d die volgende oggend al kon gebel het om na die uitslag te verneem nie, al heel nugter.<\/p>\n<p> By geleentheid is daar dienspligtiges opgeroep om hul diensplig in die polisie te doen, en dan later dertig dae per jaar hul \u201ckampe\u201d in die polisie te doen.<\/p>\n<p> So \u2018n knaap is met sy \u201ckamp\u201d besig en terwyl dit stil in die aanklagkantoor is, trek hy sy boeke nader en studeer. Hard.<\/p>\n<p> \u201cWat swot jy?\u201d wil die verveelde sersant weet.<\/p>\n<p> \u201cMedies\u201d s\u00ea die student.<\/p>\n<p> \u201cHoeveelste jaar?\u201d wil die sersant belangstellend weet.<\/p>\n<p> \u201cVierde jaar?\u201d<\/p>\n<p> \u201cO,\u201d s\u00ea die sersant, \u201cdan kan jy al as distriksgeneesheer praktiseer.\u201d<\/p>\n<p> \u201cEn,\u201d s\u00ea Boet wat di\u00e9 storie vertel, \u201ctoe moet hulle die knaap van die sersant kom afhaal. Want die jongeling se pa is distriksgeneesheer&#8230;en burgemeester.\u201d<\/p>\n<p> Ja, dink ek, ek kan eintlik nie die sersant baie verkwalik nie, want ek het al as hofverslaggewer ervaar hoe eers \u2018n lasbrief uitgereik is aan \u2018n obsent distriksgeneesheer om in \u2018n dronkbestuursaak te kom getuig, en toe hy steeds nie opdaag nie, gearresteer en hof toe gebring is.<\/p>\n<p> \u201cJa,\u201d s\u00ea Boet wat self in die polisie was, \u201cek het self een nag \u2018n ou wat bietjie gedrink het en \u2018n ongeluk gemaak het, jammer gekry. Ons moes die distriksgeneesheer by sy huis gaan opklop. Vreeslik gesuip (die dokter), en hy het die naald \u2018n paar keer heel by die slagoffer se arm verbygesteek. Die vermeende dronkbestuurder was al erg grootoog en baie wild teen die tyd dat die dokter hom toe raakgekorrel kry.\u201d<\/p>\n<p> Maar dink ek, daai moeilikheid, so weet ek, sou hulle nooit met Die Goeie Bester gehad het nie. Nooit.<\/p>\n<p> Ook hy rus nou al anderkant die sipresse. En hy het ook nie \u2018n mev. wyle dokter nagelaat nie.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free bets no<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u043e\u0447\u044c<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oom Cheese het, soos \u2018n mens sou verwag, eers by \u2018n kaasfabriek gewerk. \u2018n Fabriek in die Oos-Vrystaat wat lank nie meer bestaan nie, in \u2018n dorpie waar die stasie nog net \u2018n herinnering is aan die dae toe daar nog gereeld treine geloop&#8230;en in die dorpie aangedoen het. Toe ek jare later een aand &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8323\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mev. Dokter&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[115],"tags":[],"class_list":["post-8323","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c106-verhale"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8323","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8323"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8323\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8323"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8323"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8323"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}