{"id":8317,"date":"2010-04-21T13:14:32","date_gmt":"2010-04-21T13:14:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8317"},"modified":"2010-04-21T13:14:32","modified_gmt":"2010-04-21T13:14:32","slug":"skrik-vir-die-waarheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8317","title":{"rendered":"Skrik vir die waarheid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Gister reik \u2018n klein politieke party \u2018n nuusverklaring uit waarin ontsteltenis uitgespreek word oor die meer as 700 mense wat sedert Eugene Terre\u2019Blanche se moord, reeds in Suid-Afrika vermoor is, en skaars \u2018n rimpeling veroorsaak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verklaring was skaars uit, of \u2018n groot nuusverspreidingsinstansie bel die partyleier verbaas om te verneem waar di\u00e9 syfer bekom is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die antwoord is doodgewoon dat die polisie se statistieke gebruik is om die berekening te doen. Daar was g\u2019n sensasionele bedoeling of opgeblase feite nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hartseer is dat die syfer moontlik ho\u00ebr kan wees, aangesien verskeie instansies, soos die Mediese Navorsingsraad, meen die polisie se syfers is laer as die werklikheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verdere hartseer is dat selfs mense wat daagliks met moordsyfers werk, geskok is as die daaglikse moordsyfer van bietjie meer as vyftig per dag vir \u2018n paar weke bymekaar getel word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op dieselfde dag het ANC in die parlement die skuld vir plaasaanvalle op die boere geplaas. Hier is egter wild met syfers omgegaan. Soos een dit uitgedruk het \u2013 die boere \u2013 eintlik \u2018n groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking \u2013 maak \u2018n groot bohaai as \u2018n boer of sy gesinslede vermoor of aangerand word, maar daar is geen ophef as \u2018n werker vir leeus gevoer word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe lyk die werklikheid? Volgens Agri SA se statistieke wat tot die jongste ANC-reaksie gelei het is 1 804 boere die afgelope 18 jaar in 11 785 plaasaanvalle vermoor. Ander instansies skat die syfer nader aan 3 000 sedert 1994. Nie almal wat tydens plaasaanvalle vermoor is, was immers die boer nie. Verskeie gevalle het voorgekom waar dit die boervrou was, of kinders, of soms meer lede van dieselfde gesin.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoeveel plaaswerkers is in dieselfde tyd vir leeus gevoer? Die geval waarna verwys word is vermoedelik die geval waar na app\u00e8l bevind is die plaaswerker was reeds dood toe die blanke \u2013 \u2018n deeltydse boer \u2013 gehelp het om die lyk vir leeus te voer. Daar is geen aanduiding dat die man teenwoordig was toe die oorledene dood is nie. Tydens die aanvanklike verhoor was daar daagliks groot betogings, en reuse mediadekking deur die SABC. Om te s\u00ea daar was geen ophef nie, is gewoon \u2018n leuen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit neem nie weg dat daar wel boere is wie se optrede skietgoed verskaf aan politici wat die boere as die skurke van die verhaal wil maak nie. Die enkele verhore wat voortspruit word wel deeglik deur georkestreerde betogings goed onder die aandag gebring.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al die landbou-unies is gevoelig hieroor, en almal wend pogings aan om dit te probeer voorkom. Agri Wes-Kaap, wat weens uitvoere baie afhanklik van buitelandse menings is, het met die Wes-Kaapse Landboudepartement, toe nog deur die ANC beheer, saamgewerk om die gevalle op te spoor en behoorlik te ondersoek. In ses maande is meer as 80 beweerde gevalle ondersoek, drie het in die hof beland, en selfs die gevalle wat hof toe gegaan het is as mites uitgewys. Die werklike probleem is dat \u2018n rits Nie-regeringsorganisasies bestaan wat geld ontvang, onder meer van Cosatu, maar ook uit die buiteland, om sulke gevalle te soek, en dan om te kan bestaan, blykbaar dikwels fabriseer. \u2018n Bekende geval was di\u00e9 waarop die destydse minister, Lulu Xinwana, haar mond so op Kerkplein uitgespoel is. Toe dit blyk die Onafhanklike Klagtedirektoraat het dit as \u2018n gekookte spulletjie uitgewys, het dit boonop aan die lig gekom di\u00e9 verslag is ses maande tevore reeds aan die regering oorhandig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook \u2018n vorige Vrystaatse premier, Winkie Direko, het \u2018n peperduur ondersoek laat doen, met groot fanfare in die Bloemfonteinse stadsaal waarheen mense op staatskoste van heinde en verre aangery is. Toe di\u00e9 ondersoek dadels oplewer, is die verslag nooit bekend gemaak nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie ondersoek was moontlik \u2018n aksie om haar politieke lewe te red na sy by die bekendstelling van die laaste sensus w\u00eareldwyd die nuus gehaal het, toe sy na \u2018n besoek aan die toneel van \u2018n plaasaanval by Senekal ges\u00ea het die polisie moet plaasmoordenaars skiet voor hulle toegesluit word. Sy het dit later ontken.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">(Die uwe was teenwoordig en kan bevestig dat sy dit wel ges\u00ea het).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe erg is plaasmoorde werklik?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Suid-Afrikaanse moordkoers wat die ontsteltenis veroorsaak het van meer as 700 moorde sedert die moord op Eugene Terre\u2019Blanche, is volgens die polisie se statistieke \u2018n koers van ongeveer 40 per 100 000 per jaar. Die w\u00eareldkoers is 5 per 100 000 per jaar. Die moordkoers van bruin mans in die Wes-Kaap, 90 per 100 000 per jaar, is amptelik die hoogste koers vir \u2018n identifiseerbare groep in die w\u00eareld. Dit word grootliks aan bendebedrywighede toegeskryf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Interpol bereken egter die moordkoers onder boere in Suid-Afrika in die orde van 300 per jaar. Dat daar skynbaar minder boere vermoor word, is te danke daaraan dat daar nie naastenby \u2018n 100 000 kommersi\u00eble boere in Suid-Afrika is nie. Dit neem egter niks weg van die feit dat dit geen roem vir Suid-Afrika is om met die onderskeiding spog dat dit die titel van die w\u00eareld se moord-hoofsetel by sy bestaande titel van die w\u00eareld se verkragtinghoofsetel gevoeg het nie. Boonop staan die hoogste en tweede hoogste syfers vir identifiseerbare groepe ook agter Suid-Afrika se naam.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En die ANC blameer die boere.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarskynlik moet die mense wat in veiligheidskomplekse vermoor, en hul gesinslede verkrag word, ook die rede by hulself soek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is skandalig.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">play games online free without downloading now<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ua.today\/news\/press_reliz\/lajfhak_po_dostavke_iz_kitaya_top_5_rekomendacij_dlya_biznesa\">topcargo \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gister reik \u2018n klein politieke party \u2018n nuusverklaring uit waarin ontsteltenis uitgespreek word oor die meer as 700 mense wat sedert Eugene Terre\u2019Blanche se moord, reeds in Suid-Afrika vermoor is, en skaars \u2018n rimpeling veroorsaak het. Die verklaring was skaars uit, of \u2018n groot nuusverspreidingsinstansie bel die partyleier verbaas om te verneem waar di\u00e9 syfer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[9831,7459,9830,21107,21093,218,5170,9829,9771],"class_list":["post-8317","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-700-mense","tag-eugene-terreblanche","tag-geweldsmisdaad","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings","tag-misdaad","tag-moord","tag-skrik-vir-die-waarheid","tag-statistiek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8317","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8317"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8317\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8317"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8317"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8317"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}