{"id":8295,"date":"2010-04-19T05:42:02","date_gmt":"2010-04-19T05:42:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8295"},"modified":"2010-04-19T05:42:02","modified_gmt":"2010-04-19T05:42:02","slug":"alweer-die-onaptytlike-maxipers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8295","title":{"rendered":"Alweer die onaptytlike Maxipers"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Maxipers (Naspers se naweekkoerante met Max) is op hul eie maar onaptytlik maar nou met die Cheetahs wat so speel soos hulle speel (of noem mens dit ploeter?) word in die Ore se huishouding tog maar bietjie na die politieke kommentare geloer. Dis gewoonlik minder geneig om soos purgasie te proe en te werk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Maar vandag was ek regtig hartseer die Cheetahs het nie beter gevaar nie. Gelukkig het die Vodacombekerspan darem die kasterolie getemper deur die Wiepie te slag.<\/p>\n<p> Die slegste kasterolie het gekom van Harald Pakendorf.<\/p>\n<p> Probeer die man nou hard om weer soos in die Niekie-dae op RSG se Kommentaar kom?<\/p>\n<p> Kom laat Blik nou sommer met die sambok in die kleinhuisie inspring en die *&amp;^ daaruit moker.<\/p>\n<p> Harald, van alle mense moet jy mos weet dat die \u201cJa\u201d-stem in die laaste referendum nie so eenvoudig is as \u2018n keuse vir of teen \u2018n volkstaat nie.<\/p>\n<p> Suid-Afrika het regtig nie \u2018n wafferse rekord oor referendums nie. In die meer resente tye (Blikoor se ouderdom-gewys) was daar die referendum waar kiesers moes stem teen onafhanklikheid, of vir \u2018n republiek binne die statebond. Die kiesers stem vir \u2018n republiek binne die statebond, maar \u2018n republiek word buite die statebond uitgeroep.<\/p>\n<p>Toe kon die kiesers stem vir of teen die drie-kamerparlement. En elke keer as ges\u00ea word pasop, \u2018n ja-stem gaan beteken die goewerment gaan s\u00ea die kiesers het vir hervorming gestem. Dan s\u00ea die goewerment issie, dit gaan NET oor die driekamerparlement. Onthou oompie nog?<\/p><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">En die tellery was nog aan die gang toe s\u00ea die goewerment die kiesers het oorweldigend vir hervorming gestem.<\/p>\n<p> En toe die referendum waarna Harald verwys. Die keuse was vir of teen voortgesette onderhandeling. En enigeen wat al by onderhandelinge betrokke was, weet dit handel oor die kuns om so veel as moontlik van dit op \u2018n mens se eie agenda te beding.<\/p>\n<p> En die meeste mense wat toe ja gaan stem het se agenda was duidelik. Ons gaan probeer beding vir die beste behoud moontlik, nie om te kyk wat ons alles kan wegteken sodat die NNP by die ANC kan aansluit nie.<\/p>\n<p> Die punt is, baie ja-stemmers het ja gestem omdat hulle deur hul \u201ceie\u201d mense geverneuk is, nie omdat hulle vir die huidige grondwet gestem het nie. Die ja-stemmers mag dom en na\u00efef gewees het, maar darem nie so dom as wat Harald hulle uitmaak nie. Sies! Praat jy ook Afrikaans met daai mond?<\/p>\n<p> Wat my by die punt bring. Waar is Roelf en Pik nou wat so in hul skik is met hul brouwerk nadat die spulletjie liederlik ontplof het? Omtrent almal was by oom Eugene se begrafnis \u2013 ook leiers van nie-rassige partye \u2013 oompie Harald, en wat deur die Maxipers ge\u00efgnoreer is. Roelf en Pik was totaal obsent \u2013 duidelik bang iemand vra hulle na Malema se sangtalent en Zuma se kaperjolle met die Queen \u2013 wat alles deur die grondwet wat hulle \u201cbeding\u201d het moontlik gemaak is.<\/p>\n<p> Die tweede dosis kasterolie is toe in Jan-Jan se stukkie teenaan die spotprent te lese.<\/p>\n<p> Miskien moet Rapport daarin dink om hierdie soort bydraes deel van die spotprent of in Pollux in te sluit.<\/p><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Dis duidelik vanuit \u2018n perspektief van agter die wyngordyn geskryf. Daar, so blyk dit uit die briewekolomme en politieke kommentare \u2013 behalwe verfrissend van Koos Kombuis \u2013 beteken demokrasie \u2018n mens kan vir enige party stem solank dit die DA is.<\/p>\n<p> En met die moontlike samesmelting tussen die DA en die ID is Jan-Jan se hele analise oor hoe gemaak om die ID deur die DA te laat insluk. Die ID se mense wat sus of so gewoond is, moet nou aanpas om soos die DA te maak.<\/p>\n<p> Agter die wyngordyn word nog bitter weinig verstaan van nie-rassige politiek, al is harde lesse al geleer. Soos Zille se \u201cStop Zuma-veldtog\u201d wat omtrent al wat swart mens is, maak nie saak hoe ontgogeld met die ANC nie, in die arms van die ANC ingedryf het.<\/p>\n<p> \u2018n Wit vrou wat \u2018n swart man wat \u2018n span, mooi op hul plek vroue het, so staan en beledig.<\/p>\n<p> Van die pluspunte oor die DA wat Jan-Jan noem is inderdaad so. Vandag, terwyl ek hier op die Sondag skryf, het die DA reeds 5 mediaverklarings uitgereik voor \u2018n Vrystaatse Sondagmiddagslapie verby is. Daar is \u2018n werkkultuur.<\/p>\n<p> Dat daar in die ID \u2018n mindere ysere werksetiek is, mag vrywel so wees.<\/p>\n<p>&nbsp;Probeer nou \u2018n party wat nie oorwegend wit is nie oortuig om gereeld mediaverklarings uit te reik. Veral Sondae as die mense kerk hou, wat \u2018n heel dag aanhou of politieke r\u00eallies of groot sokkerwedstryde plaasvind. Sodat die elektronika benut kan word dat koerante en radiostasies in die verste uithoeke net \u2018n bietjie elektronies te hoef te knip en plak, en siedaar, \u2018n berig. Persklaar.<\/p>\n<p> Nee, die \u201cander\u201d partye is meer ingestel daarop om \u201cpress conferences\u201d soos die ANC te hou, en die media moet agter hulle aanloop, na die twak luister wat die manne wat so in hul eie o\u00eb belangrik is, en self die berigte gaan skryf.<\/p>\n<p> En op \u2018n manier kry hulle stemme, want hulle hou weer meer \u201cr\u00eallies\u201d regstreeks met die kiesers, want baie kan immers nie regtig lees nie.<\/p>\n<p> En al probeer Zille die straat-dansery nadoen, op TV lyk dit maar verspot as \u2018n tante so tekere gaan.<\/p>\n<p>Om nou sommer heel paternalisties (en enige ekspert van tussengroepverhoudinge sal jou vertel om paternalisties in onderhandelinge betrokke te raak is gedoem) is die beste versekering dat die onderhandelinge baie taai gaan raak, veral as die vryery met die UDM ernstig begin raak, om nie van Bothalezi en die IVP te praat nie.<\/p><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Maar die eintlike punt is: Presies hoe gaan die DA van die ANC verskil as die DA genoeg kultuurvreemde stemme getrek kry om die regering by die ANC oor te neem? Vanoggend loop ek toevallig \u2018n ou Vrystaat (die koerant van Bethlehem, nie die provinsie wat so sukkel om nou rugby te speel nie) raak en lees \u2018n brief van \u2018n DA-lid van Bohlokong se DA-tak. Al die probleme. Dis presies dieselfde probleme wat die ANC se strukture beleef.<\/p>\n<p> G\u2019n wonder \u2018n anderkant-die-wyngordyn-briefskrywer reageer op \u2018n brief van Jannie Momberg wat oor Malema se manewales beswaard is, en verseker hom, Jannie, hy sal presies wat hy, Jannie, van die ANC verlang binne die DA kry.<\/p>\n<p> Laat hulle wat blikore het hoor.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mosoblburenie.ru\">mosoblburenie<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/pressrelizi\/nid\/1143\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0425\u0430\u0440\u043a\u0456\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Maxipers (Naspers se naweekkoerante met Max) is op hul eie maar onaptytlik maar nou met die Cheetahs wat so speel soos hulle speel (of noem mens dit ploeter?) word in die Ore se huishouding tog maar bietjie na die politieke kommentare geloer. Dis gewoonlik minder geneig om soos purgasie te proe en te werk. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8295\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Alweer die onaptytlike Maxipers&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[],"class_list":["post-8295","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8295","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8295"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8295\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8295"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8295"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8295"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}