{"id":8294,"date":"2010-04-19T05:36:54","date_gmt":"2010-04-19T05:36:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8294"},"modified":"2010-04-19T05:36:54","modified_gmt":"2010-04-19T05:36:54","slug":"afrikaans-se-amptelike-status","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8294","title":{"rendered":"Afrikaans se amptelike status"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">In die grondwet word verklaar dat Suid-Afrika elf amptelike tale het. In die praktyk is al elf amptelike tale gelyk solank as wat Engels as die oorheersende hooftaal gebruik word.<\/p>\n<p> Met die aanvaarding van die elf amptelike tale het skeptici ges\u00ea dit was \u2018n truuk van die ANC om deur die onwerkbaarheid van soveel amptelike tale uiteindelik net een taal te h\u00ea, naamlik Engels. Cachalia en ander, skryf ook in hul akademiese handleiding, <em>Fundamental rights in the new constitution<\/em>,&nbsp; dat die elf tale waarskynlik uiteindelik tot slegs een amptelike taal sal lei.<\/p>\n<p> Die skrif van hierdie bedoeling moes selfs vir die Roelf Meyers van die tyd aan die muur gewees het toe die ANC aangedring het dat \u2018n bepaling in die oorgangsgrondwet geskrap word, naamlik dat \u2018n bepaling wat die vermindering van regte wat \u2018n amptelike taal by aanvaarding van die grondwet geniet het nie verminder mag word nie.<\/p>\n<p> Net iemand wat nie wil sien nie, sal saamstem dat Afrikaans vanaf 1994 erg onder druk geplaas is, en dat die regering vanuit die staanspoor Afrikaans gemarginaliseer het. By Statistieke SA is personeel selfs verbied om in selfs onderlinge e-poskommunikasie enige ander taal as Engels te gebruik, \u2018n verbod wat deur die huidige Statitikus-generaal, \u2018n Lesothoburger, laat vaar is.<\/p>\n<p> Di\u00e9 naweek is onder meer berig dat R200-note wat in omloop gekom het, as vervals ge\u00efdentifiseer is, onder meer omdat die vervalsers van \u2018n ou voorbeeld gewerk het waarop Afrikaans nog voorkom.<\/p>\n<p> Nog \u2018n berig lui dat \u2018n lugwaardin van die SAL \u2018n passasier gaan verkla het omdat sy hom in \u2018n verleentheid voor die passasiers gestel het deur Afrikaans met haar te praat.<\/p>\n<p> \u2018n Afrikaanse beraad deur swart Afrikaanssprekendes wat onder meer deur Minister Trevor Manuel begewoon is, word as hoop vir Afrikaans aangebied. Einste Manuel, wat volgens sy eie vroe\u00ebre aansprake Afrikaans in die tronk by Grootvlei geleer het, bederf die spulletjie deur prof. Hermann Gilliomee en dr. Dan Roodt as negatiewe faktore vir Afrikaans uit te sonder.<\/p>\n<p> Beide hierdie here het hulself as heel in staat om hul eie saak te stel bewys, realiteite wat ongelukkig deur \u2018n georkestreerde aksie voortdurend onder verdenking geplaas word. Hierdie aksie steur hulle gewoon nie aan die verduidelikings van die geteikendes \u2013 wat ook ander mense insluit \u2013 nie, en nog minder aan feite.<\/p>\n<p> \u2018n Groot deel van die intellektuele debat \u2013 as so iets die term debat waardig is \u2013 woed anderkant die wyngordyn en is om die Universiteit van Stellenbosch se omstrede T-opsie geweef. In die Wes-Kaap is ongeveer die helfte van die inwoners se huistaal Afrikaans. Die res bestaan uit Engelssprekendes, Xhosasprekendes, Duits-, Portugees- en deesdae Somalisprekendes en vele ander. Tog het dit nog net een beduidende ho\u00ebr onderwyskundige instelling wat Afrikaans as medium gebruik, en waar Afrikaans deur die openinge wat die T-opsie bied, algaande onder druk kom. By geleentheid het \u2018n departementshoof selfs haar nek so ver uitgesteek om Engels tot enigste onderrigtaal in haar departement te verklaar omdat sy, as Engelssprekende, dosente aangestel het wat hoegenaamd nie Afrikaans magtig is nie, en onder meer nie in staat is om Afrikaanse vraestelle na te sien nie.<\/p><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">In hierdie omgewing word die fatwah skynbaar uitgespreek teen Afrikaanssprekendes wat eens Dakargangers was, maar nou, uitgekryt as neo-konserwatiewes, dit durf waag om \u2018n bedeling by die US te bepleit, en nog erger, aktief werk vir die effektiewe behoud van Afrikaans by Maties.<\/p>\n<p> Die ironie, taalregte word by die naam in die grondwet verskans, en transformasie wat so ten alle koste gedryf word, hoogstens in die grondwet ge\u00efmpliseer.<\/p>\n<p> Dan is daar nog mense wat volhou Suid-Afrika het \u2018n wonderlike grondwet. Kundiges, soos prof, Koos Malan, wat op juridiese gronde die leemtes uitwys wat dit moeilik maak om die bedoeling van die grondwet toegepas te kry, word as meningsvormer gemarginaliseer. &nbsp;<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/steamrooms\/saunas\/\">\u0441\u0430\u0443\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/58379-istoriya-supermarketov-klass-ot-osnovaniya-do-nashix-dnej.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u043e\u0441\u044c\u0435<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die grondwet word verklaar dat Suid-Afrika elf amptelike tale het. In die praktyk is al elf amptelike tale gelyk solank as wat Engels as die oorheersende hooftaal gebruik word. Met die aanvaarding van die elf amptelike tale het skeptici ges\u00ea dit was \u2018n truuk van die ANC om deur die onwerkbaarheid van soveel amptelike &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8294\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikaans se amptelike status&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8294","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8294","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8294"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8294\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8294"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8294"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8294"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}