{"id":8273,"date":"2010-04-18T06:29:04","date_gmt":"2010-04-18T06:29:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8273"},"modified":"2010-04-18T06:29:04","modified_gmt":"2010-04-18T06:29:04","slug":"n-burgerlike-owerheid-vir-etniese-afrikanerregte-boer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8273","title":{"rendered":"\u2018n Burgerlike Owerheid vir Etniese Afrikanerregte (BOER)"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Verskillende instellinge van die Afrikaner burgerlike samelewing is tans gemoeid met die daarstelling van \u2018n buiteparlement\u00eare liggaam wat etniese Afrikanerbelange buite die partypolitiek kan bevorder en beskerm.&nbsp; As dit die idee is dat so \u2018n liggaam nie net etniese Afrikaner kultuurbelange bevorder en beskerm nie, maar ook met organe van die staat en die internasionale gemeenskap wil onderhandel, dan is dit natuurlik noodsaaklik dat daar aandag gegee word aan die bestaansmoontlikheid daarvan binne die konteks van die Grondwet van SA (1996).<\/p>\n<p> Die Grondwet self maak voorsiening vir (taal, godsdiens, kultuur en ander) Rade vir die bevordering en beskerming van taal-, godsdiens- en kultuurregte (sien a. 185). Artikel 185 word verder toegelig deur Wet 19 van 2002.&nbsp; Artikel 185 en Wet 19 is op alle gemeenskappe van toepassing, en nie net op die Afrikaner nie. Ook maak die Grondwet voorsiening vir die reg op selfbeskikking (a. 235). Artikel 234 open die deur dat taal-, godsdiens- en kultuurgemeenskappe \u2013 naas individuele menseregte, soos in Hoofstuk 2 van die Grondwet &#8211;&nbsp; taal, godsdiens en kultuuraktes kan formuleer.<\/p>\n<p> Die bevordering en beskerming van etniese Afrikanerregte in \u2018n instelling met die akroniem die BOER,&nbsp; kan en behoort by die bg. artikels aan te haak.&nbsp; Maar wat belangrik is, is dat die navorsing en \u201cfinale verslag\u201d van die Volkstaatsraad, soos beliggaam in die veelvuldige verslae daarvan, nog nooit deur die owerheid in die parlement ter tafel gel\u00ea is nie, en dus as onafgehandel te tipeer is.&nbsp; Dit is nie net nie afgehandel nie, maar allermins in werking gestel.&nbsp; Gevolglik l\u00ea dit op die weg van BOER om ook die aktiwiteite van die Volkstaatsraad oor te neem en uit te voer.<\/p>\n<p> Die groot vraag is natuurlik hoe so \u2018n orgaan van die burgerlike Afrikaner-samelewing saamgestel sal word.&nbsp; Daar is ten minste twee oorhoofse maniere:<\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die liberale Westminsterstelsel<\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die konsosiatiewe model<\/p>\n<p> In die liberale metodiek sal daar diegene wees wat die buiteparlement\u00eare raad deur \u2018n een-mens-een-stem metode, ingevolge en aan die hand van \u2018n&nbsp; kieserslys van geregistreerde Afrikaners verkies sal wil sien.&nbsp; Dit sou beteken dat persone deur instellinge en\/of ander persone genomineer word en dat die geregistreerde kiesers die kandidate sal aanwys.&nbsp; Alhoewel hierdie model \u2018n mate van legitimiteit aan die verkose orgaan sal gee, mag daardie legitimiteit gemeet word aan die aantal stemme wat uitgebring was by \u2018n verkiesing.&nbsp; Dit kan sy legitimiteit bevraagteken. Hierdie liberale metode hou die volgende verdere nadele in:<\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die uitkoms daarvan sal analoog kan wees tot die parlement\u00eare stelsel dat die sterkste party die regering uitmaak. <\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die numeries-sterkste organisasie van die burgerlike samelewing kan&nbsp; sy kandidate benoem en verkies kry en so die instelling vir homself kaap.<\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die verteenwoordigheidskarakter van die veelvuldige organisasies van \u2018n moderne Afrikaner gaan verlore.<\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die liberale metode sal \u2018n stryd tussen die organisasies ontketen wat nie vir volkseenheid bevorderlik is nie.<\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Indien \u2018n radikalistiese meerderheidsgroep die stelsel oorheers en beheer, kan dit tot grootskaalse konflik met die binneparlement\u00eare owerheid lei en aweregse gevolge inhou.<\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die vraagstuk van bekwaamheid en bevoegdheid van kandidate wat in leiershoedanighede moet dien kan daaronder ly.<\/p>\n<p> Dit is duidelik dat bg. liberale model die dood in die pot is vir die bestaan en werking van \u2018n burgerlike owerheid wat die regte van etniese Afrikaners moet bevorder. Die Afrikaners is nie \u2018n ongedifferensieerde stam nie, maar \u2018n moderne gedifferensieerde gemeenskap met diepgaande verskille oor die \u201cpad vorentoe\u201d.<\/p>\n<p> Die tweede model is die van konsosiatiewe demokrasie.&nbsp; Elke deelonemende kultuurorganisasie van die burgerlike samelewing benoem een of twee verteenwoordigers tot \u2018n verteenwoordigende leiersraad van afgevaardigdes na die BOER. <\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Hierdie model is dus nie een van meerderheidsoorheersing nie, maar van aansluitende samewerking. <\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Dit sluit die diktatuur van \u2018n heersersgroep uit. <\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Dit verdeel mag. <\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Dit laat ruimte vir debat en vir verskille.<\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Dit open die moontlikheid dat die knapste persoon of persone van \u2018n burgerlike instelling na BOER afgevaardig word.<\/p>\n<p> &#8211;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Dit is \u2018n model wat uiting gee aan die gedifferensieerde karakter van die Afrikaner as etniese gemeenskap.<\/p>\n<p> Dit kan egter so wees dat die afgevaardigdes die sienings van hul onderskeie organisasies voorop stel.&nbsp; Hulle mag ook probeer om hul organisasies se doelstellings in die Raad te bevorder en nie die belang van die Afrikanergemeenskap as sulks nie.&nbsp; Latente interne konflikte mag ook lei tot \u2018n skeuring in die BOER wanneer besluite geneem moet word waarmee organisasies ongemaklik voel.&nbsp; Hierdie nadeel kan egter tot groter betrokkenheid deur deelnemende organisasies&nbsp; by die Boer se sake tot gevolg h\u00ea.<\/p>\n<p> Desnieteenstaande&nbsp; is dit werklik van kardinale belang dat die Afrikaner in sy gedifferensi\u00eberde gestalte nie weer met die slapriem van \u2018n liberaal-demokratiese model om die enkels gevang word nie.&nbsp; Doen dit verkeerd en die gevolge sal katastrofies wees.<\/p><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Dr. Christo Landman, Voorsitter van die Afrikaner Alliansie<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">no deposit casino free money<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/vestiua.com\/ru\/news\/20150223\/64209.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verskillende instellinge van die Afrikaner burgerlike samelewing is tans gemoeid met die daarstelling van \u2018n buiteparlement\u00eare liggaam wat etniese Afrikanerbelange buite die partypolitiek kan bevorder en beskerm.&nbsp; As dit die idee is dat so \u2018n liggaam nie net etniese Afrikaner kultuurbelange bevorder en beskerm nie, maar ook met organe van die staat en die internasionale [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82],"tags":[],"class_list":["post-8273","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c72-christo-landman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8273","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8273"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8273\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8273"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8273"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8273"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}