{"id":8253,"date":"2010-04-15T08:42:27","date_gmt":"2010-04-15T08:42:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8253"},"modified":"2010-04-15T08:42:27","modified_gmt":"2010-04-15T08:42:27","slug":"die-grondwet-en-demokrasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8253","title":{"rendered":"Die grondwet en demokrasie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">In sy eenvoudigste vorm kan dit gestel word dat die doel van \u2018n grondwet behoort te wees om demokrasie te verseker, en dan hierdie demokrasie so te temper dat \u2018n diktatuur deur die meerderheid nie kan ontstaan nie.<\/p>\n<p> \u2018n Grondwet wat nie aan hierdie doel kan beantwoord nie, is nie \u2018n goeie grondwet, of nog minder, soos Max du Preez dit die afgelope naweek gestel het, \u2018n wonderlike grondwet.<\/p>\n<p> \u2018n Belangrike toets wat \u2018n grondwet moet kan deurstaan, is dat dit nie vir sommige burgers ideologies wonderlik, en vir ander ideologies onaanvaarbaar mag wees nie. Dan faal die grondwet om bo die politiek van die dag uit te styg, en kan dit misbruik word.<\/p><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">In oorwegend homogene lande soos Australi\u00eb is daar trouens \u2018n skerp debat oor of \u2018n grondwet hoegenaamd so sterk behoort te wees dat dit keuses van die burgery, soos deur politici verteenwoordig, kan beperk. In wese kom dit daarop neer dat die nie-demokratiese verkose regters in gevalle van ongrondwetlike keuses deur die kiesers, \u2018n stokkie voor daardie keuses kan steek. Dit word daar as \u2018n onregverdige inbreuk op demokrasie beskou.<\/p>\n<p> Die voorstanders vir onbeperkte demokrasie toon verskeie voorbeelde waar die burgery, en nie die grondwet nie, van onaanvaarbare praktyke ontslae geraak het, soos slawerny in die VSA.<\/p>\n<p> Hierdie argument loop egter in sy eie beperkings vas. Persvryheid word vandag as \u2018n onlosmaaklike deel van demokrasie beskou, en sonder \u2018n grondwet kan die meerderheid in teorie persvryheid en ander burgerregte gewoon nek omdraai.<\/p><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">In \u2018n heterogene land soos Suid-Afrika word veel groter toetse aan grondwette gestel. Dit is internasionaal \u2013 met enkele uitsonderings na \u2013 praktyk dat heterogene lande se grondwette naas \u2018n handves van individuele menseregte ook \u2018n volwaardige deel vir groepregte het, of minstens, vir minderheidsregte. Hierdie regte sluit aan by die Volkereg. Die Afrika-kommissie vir Mense- en Groepregte, waarvan Suid-Afrika \u2018n lidland is, se manifes maak byvoorbeeld ruim voorsiening vir groepregte.<\/p>\n<p> Suid-Afrika s\u2019n nie, volgens mnr. Roelf Meyer, en verduidelik hy, is eerder die koers ingeslaan dat groepe hul regte moet beding deur die kollektief van individuele regte. Hoe kleiner \u2018n groep, hoe minder bedingingsmagte dus, en hoe minder opeisbaar is die minderheidsregte.<\/p>\n<p> Hoe goed of sleg Suid-Afrika se grondwet is, word egter ook getoets aan die hand van ander uitvoeringsaspekte. \u2018n Positiewe teken is dat die regering hom kort-kort in die howe bloedneus loop teen pogings om ongrondwetlike praktyke in te voer. Die howe is egter weens die koste en tydsaamheid nie altyd die geskikte remedie nie, en hiervoor is instansies soos die Menseregtekommissie, die Openbare Beskermer en Pansat in die lewe geroep.<\/p>\n<p> \u2018n Kombinasie van tandeloosheid en die laai daarvan met regeringslui maak dat dit oorbodig is om veel hieroor te s\u00ea. Grondwetlike kenners doen selde meer die moeite om na hierdie instellings te verwys, en die Kommissie vir die Bevordering en die Beskerming van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe is weens regeringsmanipulasie effektief disfunksioneel en word effektief glad nie meer genoem nie.<\/p>\n<p> Die howe bly die laaste bastion. Die howe word egter nou self onder die vergrootglas geplaas, en die jongste sneller is die sittings van die Regterlike Dienstekommissie om Wes-Kaapse regters aan te stel.<\/p>\n<p> Die wortel hiervan is duidelike aanduidings dat pres. Jacob Zuma uitsprake maak wat daarop dui dat hy alles as ondergeskik tot die regering, en uiteindelik Lethuli-huis beskou. Verskeie poste wat professionele neutraliteit en objektiwiteit vereis is reeds deur mense gevul wat in effek niks anders as politieke kommissarisse is nie.<\/p>\n<p> In Nasionale Pers se Afrikaanse dagblaaie het daar die afgelope twee dae \u2018n hoofartikel verskyn wat gemik op die regterlike dienstekommissie vrae vra. Uiteindelik word gevra dat die aanstellings in die gees van die grondwet moet geskied.<\/p>\n<p> Is dit \u2018n eerste, vroe\u00eb erkenning dat die grondwet leemtes het? Dat op die gees as eerder as die letter van die grondwet staatgemaak moet word? Dat mooi gevra in plaas van opgeeis word?<\/p>\n<p> Geen grondwet kan volmaak wees nie, bloot omdat dit mense is wat dit opstel. En mense is feilbaar. Die rits \u201cammendments\u201d aan die Amerikaanse grondwet dui daarop dat \u2018n grondwet ook nie leweloos kan wees nie. Tog is daar maar toenemend weer druk om onbedoelde gevolge teen te werk. In die VSA het die regters aborsies op aanvraag gewettig, maar nou is die meerderheid Amerikaners volgens peilings daarteen gekant. In Suid-Afrika geld dieselfde, en boonop dui peilings daarop dat die meerderheid Suid-Afrikaners ten gunste van die doodstraf is, maar dit is ongrondwetlik \u2013 ironies op dieselfde menseregtebepaling wat dit vir verskeie Amerikaanse deelstate moontlik maak om w\u00e9l die doodstraf toe te pas.<\/p>\n<p> Oor die kwessie of \u2018n grondwet sekul\u00ear moet wees of onder die oppergesag van die Allerhoogste gestel moet word, woed \u2018n debat op sy eie, omdat sekul\u00eare grondwette dikwels godsdiens tot die kerklike terrein wil beperk, en dan die morele kodes wat \u2018n funksionerende demokrasie onderl\u00ea, soos \u2018n afkeer aan korrupsie, in die sekul\u00eare en dikwels agnostiese w\u00eareld probeer vind. Dit druis immers in teen die Christen-begrip dat \u2018n mens nie net \u2018n Christen in die kerk is nie, maar ook in die werkplek, in die huwelik, in die gesin en &#8230;in sy burgerlike pligw\u00eareld.<\/p>\n<p> In die Bybel word die vraag gevra: \u201cWaar sal ons hulp vandaan kom?\u201d<\/p>\n<p> Die antwoord is nie \u201cVan die wonderlike grondwet\u201d nie.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">best game<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/subordinate_offices_.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In sy eenvoudigste vorm kan dit gestel word dat die doel van \u2018n grondwet behoort te wees om demokrasie te verseker, en dan hierdie demokrasie so te temper dat \u2018n diktatuur deur die meerderheid nie kan ontstaan nie. \u2018n Grondwet wat nie aan hierdie doel kan beantwoord nie, is nie \u2018n goeie grondwet, of nog &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8253\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die grondwet en demokrasie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8253","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8253","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8253"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8253\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8253"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8253"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8253"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}