{"id":8228,"date":"2010-04-13T06:18:38","date_gmt":"2010-04-13T06:18:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8228"},"modified":"2010-04-13T06:18:38","modified_gmt":"2010-04-13T06:18:38","slug":"op-verskillende-golflengtes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8228","title":{"rendered":"Op verskillende golflengtes"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Gister is Suid-Afrikaanse soldate afgesien wat ontplooi word. \u2018n Duisend soldate word in die Soedan ontplooi, en sowat 500 aan die grense met Mosambiek en Zimbabwe.<\/p>\n<p> Intussen nader die dag waarop Vrystaat Landbou en die staat mekaar in die hof ontmoet nadat di\u00e9 landbou-organisasie die regering gedagvaar het oor beweerde pligsversuim om sy burgers te beskerm. \u2018n Belangrike faktor is dat boere aan die Lesothogrens beweer die huidige beskerming is onvoldoende. Strooptogte op vee en weiding, en selfs plaasmoorde, is te algemeen.<\/p>\n<p> Dat vredesmagte in Soedan nodig is, is ongetwyfeld so. Of Suid-Afrika kan bekostig om soveel soldate in ander lande te ontplooi, terwyl sy eie burgers se beskerming duidelik onvoldoende is, is \u2018n heel ander vraag.<\/p>\n<p> Die weermag sou volgens vroe\u00eb aanduidings die grensbeveiliging by die SA Polisie oorneem, nadat die weermag dit vroe\u00ebr gedoen, en toe deur die polisie oorgeneem is maar nie die mas opgekom het nie.<\/p>\n<p> Hoe nader 1 April gekom het, hoe moeiliker het dit geword om vas te stel of die polisie aan grense sal aanbly waar die weermag nie nou ontplooi word nie. Navrae is doodeenvoudig nie beantwoord nie.<\/p>\n<p> Nou, ruim na 1 April, word aanduidings gegee dat die polisie aanbly tot hulle vervang word.<\/p>\n<p> Boonop is dit \u2018n ope vraag of die aantal soldate wat uiteindelik wel ontplooi gaan word, voldoende is. Hulle gaan minder wees as die polisie wat nie voldoende beveiliging kon verskaf nie. <\/p>\n<p> Om soldate in vredesoperasies te ontplooi is nie noodwendig \u2018n onbekostigbare luukse nie. Suid-Afrika word deur onwettige immigrante oorstroom, waarvan minstens \u2018n deel vlugtelinge is. Om toestande in die lande van herkoms te stabiliseer, sal in beginsel die behoefte om te vlug verminder.<\/p>\n<p> Word \u2018n rand \u2013 vir rand \u2013 ontleding egter gedoen, lyk dit na meer lonend om die plaaslike grense behoorlik te beveilig, onder meer omdat die meeste onwettige immigrante nie vlugtelinge is nie, maar bloot ekonomiese migrante, wat beteken Suid-Afrikaners se reeds boomskraap werksgeleenthede word verminder, en hulpbronne moet aangewend word om dienste aan mense te voorsien wat nie hier hoort nie.<\/p>\n<p> Om egter die plaaslike bevolking aan misdaad, soos moord, bloot te stel, is nie verdedigbaar nie, veral as die ontplooiing van vredesoldate \u2018n prestige-aksie is.<\/p>\n<p> Om soldate in die Soedan te ontplooi is ook deurspek met morele vrae. Soedan se president is gedagvaar om voor die internasionale geregshof op aanklagte van volksmoord tereg te staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vredesoldate moet die huidige verkiesing stabiliseer, nadat die vernaamste opposisiekandidate hulle van die presidentsverkiesing onttrek het, skynbaar omdat geglo word alles is nie pluis nie.<\/p>\n<p>In die proses, so lyk dit, is die verkiesing nou eerder \u2018n bemarkingsaksie om aan pres. Al Bashir \u2018n kleed van legitimiteit te voorsien, terwyl hy eintlik krimineel vervolg moes word.\u00a0<\/p>\n<p> Soedan is \u2018n klomplekse, uiters heterogene land wat tradisioneel deur \u2018n Arabies-Moslem-noorde oorheers word. Selfs ander Moslems, soos di\u00e9 in Darfoer, word nie ontsien nie. Die swart suide is onderling hoogs gepolariseer en onderlinge slagtings kom periodiek voor. Dit is probleme wat staatkundig opgelos moet word, nie deur permanent soldate te ontplooi nie.<\/p>\n<p> Die werklike vraag is of Suid-Afrika die luukse kan bekostig om daar ver betrokke te wees, sodat burgers tuis die staat hof toe moet sleep om hulle behoorlik te beskerm.<\/p>\n<p> Die hoeveelheid kere wat die staat nou oor ander sake hof toe gesleep word, dui daarop die regering \u2018n baie gebrekkige begrip het oor hoe om heterogeniteit te hanteer, en geen benul het van hoe om polarisasie te voorkom nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/moechnye_apparaty\/\">\u0430\u043f\u043f\u0430\u0440\u0430\u0442 \u0434\u043b\u044f \u0431\u0435\u0441\u043a\u043e\u043d\u0442\u0430\u043a\u0442\u043d\u043e\u0439 \u043c\u043e\u0439\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mykharkov.info\/news-companies\/furshety-s-klassom-udobno-raznoobrazno-i-dostupno-78181.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0441\u0443\u043f\u0435\u0440\u043c\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gister is Suid-Afrikaanse soldate afgesien wat ontplooi word. \u2018n Duisend soldate word in die Soedan ontplooi, en sowat 500 aan die grense met Mosambiek en Zimbabwe. Intussen nader die dag waarop Vrystaat Landbou en die staat mekaar in die hof ontmoet nadat di\u00e9 landbou-organisasie die regering gedagvaar het oor beweerde pligsversuim om sy burgers te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8228\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Op verskillende golflengtes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8228","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8228","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8228"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8228\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8228"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8228"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8228"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}