{"id":8215,"date":"2010-04-12T07:04:23","date_gmt":"2010-04-12T07:04:23","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8215"},"modified":"2010-04-12T07:04:23","modified_gmt":"2010-04-12T07:04:23","slug":"bewering-oor-gekookte-misdaadsyfers-slegte-nuus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8215","title":{"rendered":"Bewering oor gekookte misdaadsyfers slegte nuus"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Met minder as twee maande oor voor die W\u00eareldsokkerbekertoernooi afskop, is dit te wagte dat talle verwikkelinge in Suid-Afrika beoordeel sal word in terme van die vergrootglas van die w\u00eareld wat algaande meer en meer oor Suid-Afrika inskuif.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jongste verwikkeling wat die potensiaal het om vir Suid-Afrika \u2018n verleentheid te wees, is die nuutste stelling dat Suid-Afrika se reeds hemelho\u00eb misdaadsyfers gekook word. Die man wat dit beweer is nie \u2018n mamparra nie. Mnr. David Bruce is \u2018n senior navorser by die Sentrum vir die studie van Geweld en Versoening.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aanduidings dat misdaadsyfers gekook word, is nie nuut nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Mediese Navorsingsraad het reeds in die openbaar die polisie se moordsyfers betwis, en gemeen die werklike moordsyfer is aansienlik ho\u00ebr.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die diefstalsyfers wat via die landbousensus aan die lig gekom het, is baie, baie ho\u00ebr as die polisiesyfers, en strek oor terreine soos veediefstal, die diefstal van gewasse en die vasl\u00ea van gereedskap en implemente. Die omvang van weidingdiefstal en brandstigting kom weer via ander bronne aan die lig. Formeel word hierdie verskille daaraan toegeskryf dat boere se vertroue in die polisie reeds so geknou is dat hulle die moeite ontsien om sekere misdaad by die polisie aan te meld. Dit verklaar nie die groot verskil in omvang nie omdat saaknommers benodig word vir versekeringseise en om verliese by Jan Taks terug te eis.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie spesifieke gevalle van die gekonkel met misdaadsyfers is reeds deur die polisie self en die Onafhanklike Klagtedirektoraat ondersoek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie mense het ook eerstehandse ervarings wat die vertroue in die polisie se syfers onder verdenking plaas. \u2018n Bloemfonteinse vrou wie se hangertjie wat om haar nek gehang het, tydens die Konfederasiebekertoernooi voor by haar bloes uitgeroof is, moes verbysterd ervaar hoe sy kort hierna deur die stasiebevelvoerder gebel en erg uitgetrap is omdat sy so \u2018n voorval by die polisie aangemeld het. Hy het roof \u2018n \u201cpetty crime\u201d genoem wat \u2018n mens, volgens hom, nie aanmeld nie omdat dit die polisie se statistieke sleg laat lyk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die dae van die Kommando\u2019s het \u2018n kommandolid by \u2018n streekvergadering op Riviersonderend van Agri Wes-Kaap gespog oor hoe knap die polisiestatistieke werk, deur die syfers te gebruik van hoeveel vee die vorige dag in die betrokke area gesteel is. Dadelik was daar \u2018n beroering onder die boereleiers, want by hulle alleen is meer vee gesteel as wat die polisie vir die hele streek opgee. En al hul verliese is w\u00e9l by die polisie aangemeld.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is noodsaaklik dat hierdie syfers korrek moet wees, sodat teenstrategie\u00eb behoorlik beplan en uitgerol kan word. Net een ding is slegter nuus as hemelho\u00eb misdaadsyfers, naamlik gediskrediteerde misdaadsyfers.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vrystaat Landbou is nou besig met \u2018n hofproses teen die regering oor beweerde versuim van die regering om die Vrystaat se inwoners, en spesifiek die boere veral aan die grens met Lesotho behoorlik te beskerm.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal \u2018n ontsettende verleentheid vir die regering inhou as dit sou blyk dat sy beoordeling van die veiligheidsituasie geskoei sou wees op gekookte misdaadsyfers.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gerusstellings aan voorgenome buitelandse sokkergeesdriftiges dat hulle veilig sal wees, kan erg boemerang as dit sou blyk dat di\u00e9 versekerings op gekookte syfers geskoei is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die strategiese belang daarvan dat die syfers korrek moet wees strek veel verder as die merietebeoordeling van polisiestasies en hul bevelvoerders.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravka-086-u-vrachebnoe-zaklyuchenie\">\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0430 086 \u0443 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mykharkov.info\/news-companies\/furshety-s-klassom-udobno-raznoobrazno-i-dostupno-78181.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u043e\u0441\u044c\u0435<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met minder as twee maande oor voor die W\u00eareldsokkerbekertoernooi afskop, is dit te wagte dat talle verwikkelinge in Suid-Afrika beoordeel sal word in terme van die vergrootglas van die w\u00eareld wat algaande meer en meer oor Suid-Afrika inskuif. Die jongste verwikkeling wat die potensiaal het om vir Suid-Afrika \u2018n verleentheid te wees, is die nuutste &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8215\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bewering oor gekookte misdaadsyfers slegte nuus&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[9770,9772,6737,9774,9773,21093,218,9771],"class_list":["post-8215","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-bewering-oor-gekookte-misdaadsyfers-slegte-nuus","tag-david-bruce","tag-hoofartikel","tag-kommandos","tag-mediese-navorsingsraad","tag-s7-menings","tag-misdaad","tag-statistiek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8215","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8215"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8215\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8215"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8215"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8215"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}