{"id":8214,"date":"2010-04-12T06:47:26","date_gmt":"2010-04-12T06:47:26","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8214"},"modified":"2010-04-12T06:47:26","modified_gmt":"2010-04-12T06:47:26","slug":"die-paastyd-die-kruis-en-vandag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8214","title":{"rendered":"Die Paastyd: Die kruis en vandag"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/kruis.jpg\" \/>Wanneer die Paastyd gedenk word, staan die kruis baie pertinent.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of dit toeval is, en of die simboliek bedoel is, die vorm van die kruis bied aan die Christen \u2018n waardevolle verwysingsraamwerk \u2013 \u2018n langer vertikale \u201cbeen\u201d en \u2018n korter horisontale \u201carm.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanjaar se gebeure rondom die Paastyd het inderdaad ruim preekstof voorsien. Suid-Afrikaners is beproef deur \u2018n emosionele tydperk waartydens die bekende mnr. Eugene Terre\u2019Blanche in \u2018n plaasmoord vermoor is, die ANC se jeugleier wat in effek aanvanklik aangemoedig is om voort te gaan om \u2018n liedjie, \u201cSkiet die Boere,\u201d te sing, en \u2018n eskalasie in die reeds ho\u00eb getal plaasmoorde.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Staatsmanskap aan regeringskant het waarskynlik die laagste vlakke ooit in Suid-Afrika bereik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ondersteuners van die huidige grondwet se voortgesette vesekerings dat dit \u2018n goeie grondwet is, is deur die gebeure so vertroebel dat dit doodgewoon na gepoogde Boereverneukery geklink het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen hierdie agtergrond vra die bedienaar van die Woord: \u201cWat dan van ons verhouding met die Here? Wat van geloofsvertroue?\u201d Die langer, vertikale been van die kruis, dus.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word hierdie been weggeneem, val die dwarshout \u2013 die arm wat mense se onderlinge verhoudinge versinnebeeld, op die grond.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is teen hierdie gebroke intermenslike verhoudings waarteen ons ons blind staar en wat ons na menslike oplossings laat soek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gister was daar \u2018n lang artikel in \u2018n Sondagkoerant oor wat \u2018n mens kan lees in die tipe uitlatings wat \u2018n mens op die internet kan lees. Op die oppervlak erg geniepsig, dikwels selfs besonder gemeen, onfatsoenlik, totaal gestroop van liefde vir die medemens \u2013 hetsy of dit die naaste of die vyand is. Dieper onder die oppervlak versinnebeeld dit \u2018n verlies, dikwels moedeloosheid, frustrasie&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit handel nie net oor die politiek nie. In hierdie tyd het geleerdes die ontdekking van die Australopithecus sediba in Suid-Afrika aangekondig. Soos \u2018n mens teen hierdie tyd kan verwag, was daar op die internet onmiddellik \u2018n smeerveldtog waartydens mense \u201cnamens\u201d die Here die wetenskaplikes as die vreeslikste bedrie\u00ebrs uitmaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat hierdie mense daarop aanspraak maak dat hulle namens die Christendom optree (al word hulle standpunte nie deur die vernaamste hoofstroomkerke gedeel nie) duur dit gewoonlik ook nie lank nie, of die nie-de\u00efstiese evolusioniste trek in soortgelyke taal op die Christendom los al is die bedoeling om eintlik die selfaangestelde eietydse Inkwisisie by te dam. Die Here is heel duidelik nie betrokke by hierdie woordoorlog wat in, en om Sy naam gevoer word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat die Christen aan sy vrug geken word, is die gebeure op die horisontale arm van die kruis nie irrelevant soos so maklik opgegee word nie. Die mens se Godgeskape arm bevat immers die hand en vingers. Dit simboliseer immers doen \u2013 naamlik om die Wil van die Here te doen. Om Sy Lig te dra, om in die donker w\u00eareld te skyn en ook die Lig na die heidennasies te neem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die opstandig van die Kruis het die Here die dood oorwin. Hy het ook ons arms losgemaak om vir Hom te kan werk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder die been van die kruis, die vertikale verhouding tussen mens en die Here, is die lamp stilstaande, en as die olie op is, gaan die vlam dood. Met ons bene kan ons beweeg, kan ons by die plekke uitkom waar ons teenwoordigheid tussen mense nodig is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die simboliek van die kruis kan baie ver getrek word. Ons tong is die skerp instrument waarmee ons baie kwaad, maar ook goed kan doen. Aan die kruis, toe Jesus dors geword het, is hy \u2018n spons met asyn gegee, al het sy tong vir ons soveel mooi nagelaat. Hoeveel te meer verdien ons, wat gereeld kwaad praat, gereeld ander oordeel, gereeld die wag voor ons mond die trekpas gee, nie om ons tonge met asyn te ontsmet nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoeveel te meer verdien ons nie dat spykers deur ons hande wat so verkeerd doen gedryf word, en deur ons voete wat soveel afdwaal gejaag te word nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hierdie Paastyd is dit so nodig dat ons die vertikale verhouding met God herstel en in plek stel, sodat ons die Lig van Bo sal h\u00ea om met ons vrygelate hande God se wil te kan doen. Nie net in die Paastyd nie. Die Here bly immers opgestaan \u2013 tot in ewigheid.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435 \u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0438 \u043e\u0434\u0435\u0441\u0441\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=45664#.WeUPwit1uVo\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wanneer die Paastyd gedenk word, staan die kruis baie pertinent. Of dit toeval is, en of die simboliek bedoel is, die vorm van die kruis bied aan die Christen \u2018n waardevolle verwysingsraamwerk \u2013 \u2018n langer vertikale \u201cbeen\u201d en \u2018n korter horisontale \u201carm.\u201d Vanjaar se gebeure rondom die Paastyd het inderdaad ruim preekstof voorsien. Suid-Afrikaners is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8214\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die Paastyd: Die kruis en vandag&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6419,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[9767,9769,9768,21092,9692],"class_list":["post-8214","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-die-paastyd-die-kruis-en-vandag","tag-kruis","tag-paastyd","tag-rubrieke","tag-terreblanche"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8214","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8214"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8214\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6419"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8214"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8214"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8214"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}