{"id":8207,"date":"2010-04-10T23:36:48","date_gmt":"2010-04-10T23:36:48","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8207"},"modified":"2010-04-10T23:36:48","modified_gmt":"2010-04-10T23:36:48","slug":"awb-woedend-oor-media-se-seksbewerings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8207","title":{"rendered":"AWB woedend oor media se seksbewerings"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><em>Die AWB (Afrikanerweerstandsbeweging) het die volgende verklaring uitgereik n\u00e1 koerante van die Independent-groep en agterna Nasionale Pers bewerings gepubliseer het dat mnr. Eugene Terre&#8217;Blanche sy voornemende moordenaar(s) eers homoseksueel sou verkrag het.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die AWB neem met woede kennis van berigte in die Saturday Star oor die moord op mnr. Eug\u00e8ne Terre\u2019Blanche en reageer soos volg:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">1. By die voorverhoor van die saak teen die aangeklaagdes is Dinsdag uitdruklik ges\u00ea dat die moordenaars toegang tot die huis (waarin die moord gepleeg is) verkry het deur \u2019n venster. Die omstandighede waaronder die moord plaasgevind het lyk verdag, maar dit is absurd en kwaadwillig om te suggereer dat \u2019n huisbraakprooi sy aanvallers sou keer om hom dood te maak deur hulle te sodomiseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">2. Hierdie inligting word n\u00f3\u00fa eers \u2013 \u2019n week na die wreedaardige, barbaarse en grusame moord op mnr. Terre\u2019Blanche, bekend gemaak \u2013 \u2019n dag na sy begrafnis. Indien die feite waar was, sou hierdie berigte die sensasiehonger media se eerste soetsappige beweringe wees waarmee hulle kon geld maak, maar dit is nie gepubliseer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sulke kwaadwilligheid getuig van \u2019n gebrek aan respek vir die dood, \u2019n onsensitiewe en onverantwoordelike benadering jeens landsveiligheid en \u2019n onbeskryflike minagting vir die teerste gevoelens van wyle mnr. Terre\u2019Blanche se vriende, familie, gesin en AWB-lede wat rou oor sy dood.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">3. Die SAPD se topstruktuur bevestig telefonies uitdruklik dat die inligting in die bogenoemde koerant rakende \u2019n kondoom wat op die toneel gevind is:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">(i) NIE van die SAPD afkomstig is NIE en NIE waar is NIE;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">(ii) NIE deur die SAPD geverifieer is NIE.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit versterk die vermoede dat diegene wat vir mnr. Terre\u2019Blanche se dood verantwoordelik was, hom tereggestel het MET bymotiewe, en hom nie net om die lewe wou bring oor \u2019n loongeskil nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">4. Volgens verklarings (wat op versoek be\u00ebdig kan word) het mnr. Terre\u2019Blanche nie op die dag waarop hy vermoor is, sy hartmedikasie die oggend geneem nie (wat normaalweg by hartpasi\u00ebnte \u2019n grootse moegheid tot gevolg het) en dit op \u2019n oorwig van waarskynlikhede onmoontlik is dat hy energie sou h\u00ea om mense wat ingebreek het, te verkrag. (Mnr. Terre\u2019Blanche het enkele weke voor sy dood twee stents in sy hart laat inplant.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">5. Die media moet nou begin kies of hulle mnr. Terre\u2019Blanche as rassis wil beskou of as \u2019n verkragter van \u2019n swart jeugdige.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">6. Die poging wat geloods word om mnr. Terre\u2019Blanche self die skuld vir die moord op hom te gee deur hom van swak behandeling van sy werkers te beskuldig, het duidelik nie geslaag nie. Die soeke na alternatiewe motiewe versterk die vermoede dat die ware motief ten alle koste verdoesel wil word deur diegene wat die moord beplan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">7. Die AWB se regskomitee het reeds \u2019n instruksie ontvang om, indien die beweringe in die koerant nie bewys kan word deur diegene wat dit gemaak het nie, summier deliktuele eise in te stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">8. Ons Almagtige Hemelse Vader weet wat die waarheid is, want Hy het ges\u00ea \u201c\u00c9k is?\u2026 die waarheid \u2026\u201d (Joh 14:6). Om die waarheid uit hierdie saak te hou, is onmoontlik. Dit sal weer eens in hierdie saak bewys word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">ANDR\u00c9 VISAGIE<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">SEKRETARIS-GENERAAL: AWB<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/instrument\/\">\u0438\u043d\u0441\u0442\u0440\u0443\u043c\u0435\u043d\u0442 \u043b\u0438\u043a\u043e\u0442\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die AWB (Afrikanerweerstandsbeweging) het die volgende verklaring uitgereik n\u00e1 koerante van die Independent-groep en agterna Nasionale Pers bewerings gepubliseer het dat mnr. Eugene Terre&#8217;Blanche sy voornemende moordenaar(s) eers homoseksueel sou verkrag het. Die AWB neem met woede kennis van berigte in die Saturday Star oor die moord op mnr. Eug\u00e8ne Terre\u2019Blanche en reageer soos volg: &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8207\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;AWB woedend oor media se seksbewerings&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[175,7359,9750,7459,9751,8613,7643,21089],"class_list":["post-8207","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","tag-afrikaanse-nuus","tag-awb","tag-awb-woedend-oor-media-se-seksbewerings","tag-eugene-terreblanche","tag-independent-groep","tag-media","tag-nasionale-pers","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8207","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8207"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8207\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8207"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8207"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8207"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}