{"id":8198,"date":"2010-04-09T07:14:25","date_gmt":"2010-04-09T07:14:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8198"},"modified":"2010-04-09T07:14:25","modified_gmt":"2010-04-09T07:14:25","slug":"staatsmanskap-en-politieke-opportunisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8198","title":{"rendered":"Staatsmanskap en politieke opportunisme"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer die vet in die vuur is,  word die onderskeid tussen staatsmanskap en opportunistiese politiekery duidelik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die moord op die AWB-leier het  die vet skouspelagtig in die Suid-Afrikaanse vuur geval. Dit het soos \u2018n onverwagse hersieningstoets voor \u2018n belangrike eksamen vir Suid-Afrika gekom, en  die uitslag van hierdie toets gaan wys wie is staatsmanne en wie is  opportuniste.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bykans alles wat kon saamspeel om  hiervan \u2018n omvattende toets te maak, het saamgespeel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Plaasmoorde, wat teen \u2018n ho\u00eb koers  voorkom, het \u2018n eskalasie getoon sedert die ANC se heethoofdige jeugleier, Julius Malema begin sing het die Boere moet geskiet word. Die ANC het bont  gepraat oor die nasionalisering van landbougrond. Peilings toon nie net \u2018n ho\u00eb vlak van polarisasie nie, maar kom te midde van ho\u00eb werkloosheid, en terwyl  meer en meer mense begin kennis neem dat Suid-Afrika die boonste sport van lande  bereik het waar inkomstegapings gemeet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die naderende  w\u00eareldbeker-sokkertoernooi verseker boonop dat die o\u00eb van die w\u00eareld op die land gerig is. In Suid-Afrika kan breedweg onderskei word tussen diegene wat bloot begerig is dat die toernooi \u2018n reuse sukses moet wees, en diegene wat bekommerd is dat sake soos slegte  paaie, misdaad en politieke blapse die geleentheid in \u2018n verleentheid kan  omskep \u2013 wat \u2018n langtermyn sleureffek op almal sal h\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land het die moord op  Terre\u2019Blanche so nodig gehad soos dwelmverwante bendebedrywighede. Dit is egter \u2018n gegewe, en die  land word skielik met \u2018n hersieningstoets in die vorm van \u2018n karaktertoets gekonfronteer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voorlopige aanduidings oor hoe die  land se politici vaar is gemengd.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 6 April, meer as 350 jaar na  Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het, was dit nodig dat die polisie \u2018n rol doringdraad tussen wit en swart mense voor die hof uitrol toe Terre\u2019Blanche se moordverdagtes verskyn het. Hierdie doringdraad kon kwalik \u2018n groter verdeling van persepsies en sentimente simboliseer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op dieselfde dag het die polisie  \u2018n betoger tydens onluste oor munisipale dienslewering doodgeskiet, net om te herinner dat  die land se probleme op meer vlakke l\u00ea as net wit \/ swart.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit dat dit Terre\u2019Blanche is  wat vermoor is, het boonop die buitelandse media in hul argiewe laat blaai, en as Afrikaners  gedink het die kwessie sal net vir die regering \u2018n verleentheid wees, is die  bal ver misgeslaan. Ook die Afrikaner is uit die inkpotte van die argiewe  weer \u2018n slag met die teerkwas bygedam.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Niemand was wenners nie \u2013 die  ganse land was verloorders.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was vlugge tekens van  staatsmanskap. Staatsmanskap met voete van klei, het dit geblyk toe die Malema-fenomeen nie beslis en  deeglik vasgevat is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jare gelede het die destydse  president van die RGN, dr. Tjaart van der Walt, die stelling gemaak dat geen grondwet, nie eens die  beste in die w\u00eareld, sal werk as die land se mense mekaar nie ken en vertrou  nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie sentiment is juis ook nou  ge-eggo toe die regter wat \u2018n tussentydse interdik teen die sing van \u201cSkiet die Boere\u201d ges\u00ea het die polarisasie kan nie met \u2018n hofbevel besweer word nie, net  in die harte van mense.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is waar staatsmanskap van  politieke opportunisme onderskei word. Die staatsman tree strategies in belang van die land op,  van al die land se mense, al is dit nie oral gewild nie. Die staatsman lei met  visie, en nie op grond van politieke impulse wat by die uur verander nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die staatsman is \u2018n bouer, nie \u2018n  sloper nie. Daarom duld hy ook nie slopers in eie geledere nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die staatsman betrek adviseurs wat  met kundigheid adviseer, nie met dit wat die staatsman graag wil hoor nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die staatsman se brandstof is  respek, nie populariteit nie. Populariteit is bloot \u2018n bonus. Malema verteenwoordig die anti-pool hiervan, en dit is \u2018n tragedie dat hy \u2018n bre\u00eb persepsie van \u2018n groot deel van die land se jeug verwoord.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Staatsman stel die voorbeeld  met integriteit en \u2018n sin vir geregtigheid, al moet hy ongewilde keuses maak. Ideologiese verknogtheid staan nie bo realiteite nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer die plofbare situasie in  die land deur staatsmanskap oor die spektrum, maar veral in die regerende party gestabiliseer het,  sal die klimaat vir gewone politieke aktiwiteite \u2013 dit wil s\u00ea aktiwiteite akkommodeerbaar binne die ruim grondwet en vry van bloedvergieting,  funksioneer soos \u2018n demokrasie veronderstel is om te funksioneer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die hersieningstoets aan die  lig bring dat die grondwet volgens moderne vereistes soos di\u00e9 van die Europese grondwet aangepas  moet word, dan moet dit ernstig opgeneem word en nie net ideologies van die  tafel gevee word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eksamen vir die land durf nie  dieselfde debakel as die land se matriekeksamens oplewer nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">casino free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/17.05.2017\/aktsiya_za_chiste_dovkillya_startovala_v_harkove_i_oblasti\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wanneer die vet in die vuur is, word die onderskeid tussen staatsmanskap en opportunistiese politiekery duidelik. Met die moord op die AWB-leier het die vet skouspelagtig in die Suid-Afrikaanse vuur geval. Dit het soos \u2018n onverwagse hersieningstoets voor \u2018n belangrike eksamen vir Suid-Afrika gekom, en die uitslag van hierdie toets gaan wys wie is staatsmanne &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8198\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Staatsmanskap en politieke opportunisme&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[7459,21107,9749,21093,9748,9747],"class_list":["post-8198","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-eugene-terreblanche","tag-c33-hoofartikels","tag-julus-malema","tag-s7-menings","tag-staatsmanskap","tag-staatsmanskap-en-politieke-opportunisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8198","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8198"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8198\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8198"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8198"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8198"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}