{"id":8180,"date":"2010-04-08T06:42:45","date_gmt":"2010-04-08T06:42:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8180"},"modified":"2010-04-08T06:42:45","modified_gmt":"2010-04-08T06:42:45","slug":"situasie-is-ernstig-maan-tlu","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8180","title":{"rendered":"Situasie is ernstig maan TLU"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die president, mnr. Ben Marais, s\u00ea na deeglike oorweging van alle faktore, het TLU SA tot die slotsom gekom dat die situasie in die land baie ernstiger is as wat die algemene opvatting is.<\/p>\n<p> \u201cAs ons kyk na die historiese oploop van gebeure die laaste paar weke, wil \u2018n onstellende patroon vir ons vorm aanneem, waarin die moord op mnr. Eugene Terre\u2019Blanche slegs \u2018n moment is, maar ons is bevrees dat dit nie die einde is as daar nie drasties opgetree gaan word, hetsy deur die regering, hetsy deur die landsburgers self nie,\u201d s\u00ea mnr. Marais.<\/p>\n<p> \u201cRassepolarisasie kry al meer gestalte en die sneller vir nog meer konflik, l\u00ea in die hande van die ANC Jeugliga en sy radikale leier, wat skynbaar nie deur die regerende party tot orde, verantwoordelikheid en dissipline geroep kan word nie.<\/p>\n<p> \u201cOns het die laaste weke gesien hoe dat plaasmoorde skielik die hoogte in skiet, hoe daar telkens in ander gedaantes gepraat is van nasionalisering van landbougrond, die verskyning van die opruiende liedjie, \u201cSkiet die boere\u201d, nog debatte rondom nasionalisering, en die uiteindelike moord op \u2018n bekende leier.&nbsp; TLU SA raak al hoe meer oortuig daarvan, op grond van getuienis wat instroom, dat die moord op mnr. Terre\u2019Blanche nie gewone misdaad was nie, maar \u2018n suiwer politieke moord, waarby heel moontlik selfs die regering betrek kan word.<\/p>\n<p> \u201cDie wreedheid en barbaarsheid wat ons die laaste tyd tydens plaasmoorde gesien het, is herhaal tydens die moord op mnr. Terre\u2019Blanche, en is buitensporig tot die beweerde dispuut waaroor die geskil sou gegaan het.<\/p>\n<p> \u201cTLU SA is moeg daarvoor dat daar gedurigdeur \u2018n klimaat geskep word teen veral die boere.&nbsp; Kennis is geneem dat tydens die betogings by die Ventersdorpse landdroshof, daar weer aantygings gemaak is teen die boere, wat \u2018n klimaat skep wat deur radikale elemente gesien kan word as \u2018n regverdiging om boere aan te val.&nbsp; TLU SA verwerp dus stellings dat boere hulle werkers sleg behandel.&nbsp; As die werkers meen dat hulle sleg behandel word, is daar genoeg statut\u00eare instellings waar hulle om hulp kan aanklop, en wat meet groot graagte en oorywerigheid hulle griewe sal aanhoor en ondersoek.&nbsp; Werkers het ook altyd die keuse om die plase waar hulle dan kwansuis sleg behandel word, te verlaat om beter behandeling, huisvesting, salaris en byvoordele elders te gaan soek, dalk op die ongeveer 45% landbougrond wat die regering steeds in sy besit het.<\/p>\n<p> Dalk het die tyd nou aangebreek dat ons \u2018n ernstige beroep doen op boere om maar ter wille van veiligheid en gemoedsrus, waar moontlik van hulle arbeidsmag ontslae te raak en te meganiseer.<\/p>\n<p> \u201cSedert die moord op mnr. Terre\u2019Blanche het TLU SA kennis geneem dat steeds meer gevalle skielik voorkom waar daar \u2018n dispuut oor geld en betaling is.&nbsp; Boere moet daarop bedag wees dat dit skynbaar as die jongste gronde vir dispute verklaar word,\u201d waarsku mnr. Marais.<\/p>\n<p> \u201cOns is moeg vir die verskoning soekery waardeur alles gemanipuleer word, om die misdadiger na \u2018n held te laat lyk, en die boer na die skurk te laat lyk.&nbsp; Dit is \u2018n situasie wat nie langer geduld kan word nie,\u201d s\u00ea mnr. Marais.<\/p>\n<p> \u201cDie feit is dat die ANC beheer oor homself en die land verloor het.&nbsp; Wat in die land plaasvind is niks anders nie as gewapende propaganda vir \u2018n soort bevryding wat ons gedink het sestien jaar gelede al aangebreek het.&nbsp; In die lig daarvan, en omdat TLU SA \u2018n verantwoordelike organisasie is, doen TLU SA \u2018n beroep op sokkerspelers en \u2013ondersteuners om weer te besin oor die wenslikheid om mense bloot te stel aan sulke toestande.\u201d<\/p>\n<p> Mnr. Marais s\u00ea dat TLU SA besig is om sy strategie tans te verfyn, en kan daarom nie nou sy hele aksieplan openbaar nie.&nbsp; \u201cOns sal dit spoedig aan ons lede deurgee.&nbsp; Inmiddels kan ons wel herhaal wat ons al voorheen ges\u00ea het, naamlik dat buurt- en plaaswagte as \u2018n saak van dringendheid geaktiveer moet word.&nbsp; Ons glo dat ons nog maar aan die begin van die probleme staan, en uit \u2018n Zimbabwiese koerant het ons verneem dat die ANC plaasbesettings op die Zimbabwe-styl beplan binne die afsienbare toekoms.&nbsp; Ons roep ons mense op om hulle wapenvaardighede te verbeter, sodat hulle hulleself suksesvol kan verdedig, en daarom is dit nodig om skietklubs te heraktiveer of uit te brei.&nbsp; Gebeurlikheidsplanne moet ook onmiddellik afgestof word,\u201d s\u00ea mnr. Marais.<\/p>\n<p> TLU SA gaan ook \u2018n gesprek met die regering binne die volgende 14 dae eis, sodat di\u00e9 kan antwoord op \u2018n lywige klagstaat wat aan hom voorgehou gaan word.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/rating-casino\/\">games at a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otzovikoff.ru\/object\/kompaniya-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die president, mnr. Ben Marais, s\u00ea na deeglike oorweging van alle faktore, het TLU SA tot die slotsom gekom dat die situasie in die land baie ernstiger is as wat die algemene opvatting is. \u201cAs ons kyk na die historiese oploop van gebeure die laaste paar weke, wil \u2018n onstellende patroon vir ons vorm aanneem, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[7359,9730,9729],"class_list":["post-8180","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-awb","tag-rassepolarisasie","tag-tlu-sa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8180","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8180"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8180\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8180"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8180"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8180"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}