{"id":8175,"date":"2010-04-07T08:48:44","date_gmt":"2010-04-07T08:48:44","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8175"},"modified":"2010-04-07T08:48:44","modified_gmt":"2010-04-07T08:48:44","slug":"weermag-en-media-medepligtig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8175","title":{"rendered":"Weermag en media medepligtig"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/04\/awb3.jpg\" \/>Die \u201chaas vergete nalatenskap\u201d&nbsp; is \u2018n nalatenskap van die Suid-Afrikaanse Weermag met die media as medepligtiges.<\/p>\n<p> Vroeg die oggend van 8 Maart 1994 het daar by die saamtrekpunt in Bophuthatswana \u2018n woordewisseling ontstaan tussen die leierskap van die partye wat die Bophuthatswana-inval gere\u00ebl het en Nicolaas Cornelius Fourie, Boervolk ID Nr 541-1-0-0001322, as gevolg van lewensnoodsaaklike ondernemings wat nie gestand gedoen is nie.&nbsp; Ten slotte is besluit om die operasie op te hef en vreedsaam aan Bophuthatswana te onttrek.<\/p>\n<p> Wolmarans het twee passasiers by hom in sy Mercedes, \u2018n siviele voertuig, gehad.&nbsp; Links agter hom het Uys by die deur gesit.&nbsp; Fourie, \u2018n nasaat van Jopie Fourie en die enigste militaris van die drie, het links voor gesit.&nbsp; Net voor \u2018n padkruising het \u2018n masjiengeweer vanuit \u2018n voertuig van die SA Weermag, sonder enige waarskuwing, op die bewegende siviele passasiersvoertuig losgebrand en Fourie getref.&nbsp; Al die koe\u00eblgate was aan die passasierskant van die voorruit.&nbsp; <\/p>\n<p> Fourie is noodlottig getref,&nbsp; Uys het een skoot deur sy linkerheup gekry en Wolmarans was ongedeerd.&nbsp; Daar bestaan geen twyfel dat Fourie geteiken is nie.&nbsp; Die skutter het nie sy gelyke in die w\u00eareld nie.&nbsp; As soldaat was dit nie sy besluit nie maar die uitvoer van \u2018n milit\u00eare opdrag.<\/p>\n<p> Toe die voertuig stilhou het Fourie uit die voertuig geval en gesterf, Uys het probeer uitklim maar teen die agterwiel van die motor inmekaargesak as gevolg van sy heupwond en Wolmarans het voor om die motor beweeg om na sy passasiers om te sien.<\/p>\n<p> Onmiddellik na die skietery het offisiere van die SA Weermag opgedaag en die situasie kortstondig bespreek en uit skoot verdwyn.&nbsp; Die gebeure is op film vasgel\u00ea deur kameramanne en fotograwe wat \u201ctoevallig\u201d by die kruising teenwoordig was.&nbsp; Wolmarans het by die mediamense gepleit vir water vir Uys wat in erge pyn verkeer het.&nbsp; Niemand was hulle ter wille nie.&nbsp; Die weermagoffisiere het nie hulle mediese korps opdrag gegee om die gewonde Uys by te staan nie.&nbsp; Die mediamense het nie een \u2018n vinger verroer om \u2018n naaste te help nie.&nbsp; Dit is die gedrag van onopgevoede en onbeskaafde mense.<\/p>\n<p> As een van die belasterde soldate van \u201cNazi\u201d Duitsland tydens die Tweede W\u00eareldoorlog \u2018n vyandelike soldaat sien l\u00ea het soos Uys op die foto op bladsy 11 van Beeld van 5 April 2010, met beide hande in die lug om sy ontwapendheid te demonstreer terwyl hy weerloos op die grond l\u00ea, sou hy die mediese personeel ontbied het of by gebrek aan gespesialiseerde hulp noodhulp toegepas het om die gewonde te help voordat hy hom gevange neem.<\/p>\n<p> Ongeveer twintig minute later het \u2018n Tswanaskutter in kamoefleerdrag opgedaag.&nbsp; Hy het eerstens op Fourie se lyk gevuur en daarna vir Uys en Wolmarans in koelenbloede doodgeskiet. Hiervan is die foto op bladsy 11 van Beeld, wat geneem is n\u00e1 die masjiengeweervuur voor die Tswanaskutter sy verskyning gemaak het, \u2018n getuie.<\/p>\n<p> Uys lewe terwyl Fourie langs hom reeds doodgebloei het.&nbsp;&nbsp; Daar was geen poging van die omstanders om tussen beide te tree nie.&nbsp; Om so \u2018n man in koelen bloede dood te skiet, veral as jy twintig minute na die verwonding opdaag met die doel om dit te doen, is \u2018n oorlogsmisdaad onder die Geneefse Konvensie en strafbaar met die dood.&nbsp; Om op \u2018n ongewapende siviele passasiersvoertuig sonder waarskuwing vanuit \u2018n milit\u00eare gepantserde voertuig te vuur en \u2018n passasier te teiken en dood te skiet, is \u2018n oorlogsmisdaad onder die Geneefse Konvensie en strafbaar met die dood.<\/p>\n<p> Dit wil s\u00ea as daar nog \u2018n oorlogstoestand geheers het.&nbsp; Aangesien die operasie opgehef en die voertuig met sy insittendes met \u2018n vreedsame onttrekking besig was, is die Geneefse Konvensie nie ter sprake nie en kyk die skutters en hulle bevelvoerders na \u2018n aanklag van moord.<br \/> Navraag gedoen by \u2018n senior staatspatoloog het die volgende aan die lig gebring:<\/p>\n<p> 1.&nbsp;&nbsp;&nbsp; Waar \u2018n lyk verskeie noodlottige koe\u00eblwonde het, is dit onmoontlik om \u2018n spesifieke wond uit te sonder as die oorsaak van die dood.<\/p>\n<p> 2.&nbsp;&nbsp;&nbsp; Deurdat die ho\u00eb trompsnelheid van moderne wapens veroorsaak dat die liggaam nie die koe\u00ebls op sulke kort afstande gevuur, terughou nie is dit vir \u2018n patoloog onmoontlik om te bepaal watter kaliber koe\u00ebl \u2018n wond veroorsaak het waar verskillende kalibers ter sprake is.<\/p>\n<p> Dit blyk dan dan Fourie doodgeskiet is deur \u2018n masjiengeweerskutter van die SA Weermag en Uys en Wolmarans, die enigste twee simpatieke ooggetuies op die toneel, in opdrag van sy seniors deur \u2018n Tswanaskutter van die Bophuthatswanapolisie of \u2013weermag.&nbsp; Indien wel, was die doel van die tweede moord om die SA Weermag se betrokkenheid toe te smeer.&nbsp; Die prim\u00eare plegers sou dan wees die aanvoerders wat die opdragte uitgereik het.<\/p>\n<p> Die mediamense wat ooggetuies van die gebeure was en nog steeds die toesmeer van die feite bemagtig deur met hulle beriggewing te kenne te gee dat die Tswanaskutter al drie AWB\u2019s vermoor het, sou dan medepligtig wees aan die misdade.<\/p>\n<p> Die AWB het sy pligte hier versuim.&nbsp; Hy het sy vermoorde lede en hulle families in die steek gelaat deur nie die gebeurlikhede op te volg en \u2018n in diepte ondersoek af te dwing sodat die reg sy volle gang kan gaan nie.<\/p>\n<p> Maar die sekel het reeds begin maai.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/peskostruynoe-oborudovanie-f6342574\/\">\u043f\u0435\u0441\u043a\u043e\u0441\u0442\u0440\u0443\u0439\u043d\u044b\u0439 \u0430\u043f\u043f\u0430\u0440\u0430\u0442 \u0430\u0440\u0435\u043d\u0434\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ua.today\/news\/press_reliz\/lajfhak_po_dostavke_iz_kitaya_top_5_rekomendacij_dlya_biznesa\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die \u201chaas vergete nalatenskap\u201d&nbsp; is \u2018n nalatenskap van die Suid-Afrikaanse Weermag met die media as medepligtiges. Vroeg die oggend van 8 Maart 1994 het daar by die saamtrekpunt in Bophuthatswana \u2018n woordewisseling ontstaan tussen die leierskap van die partye wat die Bophuthatswana-inval gere\u00ebl het en Nicolaas Cornelius Fourie, Boervolk ID Nr 541-1-0-0001322, as gevolg van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8175\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Weermag en media medepligtig&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":8174,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[9723],"class_list":["post-8175","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","tag-weermag-het-awb-3-geskiet"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8175","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8175"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8175\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/8174"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8175"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8175"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8175"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}