{"id":8166,"date":"2010-04-06T14:27:58","date_gmt":"2010-04-06T14:27:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8166"},"modified":"2010-04-06T14:27:58","modified_gmt":"2010-04-06T14:27:58","slug":"moordenaars-trek-vermoorde-se-broek-af","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8166","title":{"rendered":"Moordenaars trek Terre&#8217;Blanche se broek af"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Twee plaaswerkers, onderskeidelik 15 en 28, is Dinsdagmiddag amptelik in  Ventersdorp in die landdroshof aangekla op vier aanklagte waaronder die  moord van die AWB-leier, Eugene Terre\u2019Blanche.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens adv. George Baloyi van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is  Chris Mahlangu (28) en \u2018n minderjarige (wie se identiteit nie bekend  gemaak kan word nie)\u00a0 aangekla van moord, huisbraak en roof met  verswarende omstandighede, crimen injuria en poging tot roof met  verswarende omstandighede. <\/p>\n<p>Die aanklag van crimen injuria is  deur Baloyi verduidelik: \u201cNa die moord het hulle Terre\u2019Blanche se broek  tot by sy knie\u00eb afgetrek om sy geslagsdele te ontbloot\u201d. <\/p>\n<p>Die  saak is uitgestel tot 14 April. Die verdagtes het nog nie teen die  aanklagte gepleit nie. <strong><\/strong><\/p>\n<p>\u201cDie saak is  vir sewe dae uitgestel sodat die kriminele kapasiteit van die  minderjarige verdagte bepaal kan word. Daar moet vasgestel word of hy  daartoe in staat was om so iets self te doen en of hy instruksies  ontvang het.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Baloyi was daar Dinsdag twee sessies, een informeel en die ander formeel. In die informele sessie is die aanklagte geformuleer en die feite opgesom en in die tweede is onderhorigheid aan die nuwe wet se bepalinge uiteengesit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hele verhoor sal in camera  plaasvind as gevolg van die betrokkenheid van \u2018n minderjarige.<\/p>\n<p>Menzi  Simelane, hoof van die NVG, het bevestig dat daar slegs een verhoor sal  wees omdat inligting toon dat \u201cslegs die twee verdagtes by die misdaad  betrokke was\u201d.<\/p>\n<p>Die saak kan moontlik na die hooggeregshof  verskuif word, maar die Ventersdorp-gemeenskap wil h\u00ea dit moet in die  dorp self plaasvind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regsverteenwoordiger van die 15-jarige, Zola Majavu, het &#8216;n boodskap van die jeugdige aan die gemeenskap gehad: &#8220;Moet asseblief nie my gesin kwaad aandoen nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gesinslede het aan Sapa ges\u00ea hulle is &#8220;getraumatiseer&#8221; en bang. Hulle vrees glo vir hul lewens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jeugdige het nie Dinsdag ge\u00ebet nie en sy moeder was glo te bang om die hofsaal te verlaat. Die regsverteenwoordiger het belowe om na haar veiligheid om te sien.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/diagnosticheskoe_oborudovanie\/\">\u0434\u043b\u044f \u043f\u043e\u043a\u0440\u0430\u0441\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/13\/179611.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee plaaswerkers, onderskeidelik 15 en 28, is Dinsdagmiddag amptelik in Ventersdorp in die landdroshof aangekla op vier aanklagte waaronder die moord van die AWB-leier, Eugene Terre\u2019Blanche. Volgens adv. George Baloyi van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is Chris Mahlangu (28) en \u2018n minderjarige (wie se identiteit nie bekend gemaak kan word nie)\u00a0 aangekla van moord, huisbraak &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8166\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Moordenaars trek Terre&#8217;Blanche se broek af&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[9713,7459],"class_list":["post-8166","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-broek-afgetrek","tag-eugene-terreblanche"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8166","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8166"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8166\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8166"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8166"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8166"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}