{"id":8154,"date":"2010-04-06T05:54:39","date_gmt":"2010-04-06T05:54:39","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8154"},"modified":"2010-04-06T05:54:39","modified_gmt":"2010-04-06T05:54:39","slug":"spraakvryheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8154","title":{"rendered":"Spraakvryheid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die polarisasie wat rondom die liedjie, Skiet die Boere, aan die opbou is, word nog plek-plek in akademiese kringe aangehelp deur \u2018n argument oor spraakvryheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Suid-Afrikaanse grondwet, soos die meeste grondwette wat \u2018n erkende handves van menseregte insluit, is dit nie net tot spraakvryheid beperk nie, maar dit maak deel uit van \u2018n groter reg, die reg op uitdrukkingsvryheid. Die SA-grondwet maak ook deel uit van \u2018n kleiner groepie wat persvryheid by die naam lys.<\/p>\n<p> In \u2018n onlangse studie het die FW de Klerkstigting Suid-Afrika \u2018n B-simbool gegee vir die vlak van uitdrukkingsvryheid. Onder die sake wat dit vertroebel, tel die teenspoed wat \u2018n student op die lyf geloop het toe hy nie al sy vingers gebruik het toe hy \u2018n Zuma-konvooi begroet het nie.<\/p>\n<p> Persvryheid is onontbeerlik vir die bestaan van demokrasie, en word in die westerse w\u00eareld as \u2018n integrale, hoewel nie-amptelike, deel van die demokratiese prosesse beskou. Dit handel nie net oor die waghondfunksie nie, maar ook om die publiek ingelig te hou, want slegs \u2018n ingeligte publiek kan behoorlik die demokrasie uitleef. <\/p>\n<p> Die versoeking is dus gewoonlik groot om van die openbare uitsaaier \u2018n regeringsinstrument te maak \u2013 His Master\u2019s Voice.<\/p>\n<p> Spraakvryheid maak ook \u2018n hoeksteen uit van die liberalisme. Sy mees ongebreidelde vorm is onlangs getoon toe die DA-LP, Lindiwe Mazibuko, pres. Zuma se voorstel oor \u2018n debat oor etiek geopponeer het op grond daarvan dat die nesskop van etiese norme inbreuk op spraakvryheid sou maak.<\/p>\n<p> Spraakvryheid, of uitdrukkingsvryheid, kan soos alle ander regte egter nie onbeperk te wees nie. \u2018n Duidelike demonstrasie hiervan was toe veiligheidstoegang tot sekere Pretoriase woonbuurte opgerig is, en dit deur die ANC-beheerde raad geopponeer is. Hier het die raad se aandrang op bewegingsvryheid te staan gekom teen die inwoners se reg op veiligheid, reg op lewe, reg op eiendom en vele ander.<\/p>\n<p> Net so ontmoet spraakvryheid die grense van ander se reg op privaatheid, reg op waardigheid en vele meer.<\/p>\n<p> In Suid-Afrika is die oorwig egter sterk in die rigting van spraakvryheid geklee omdat groepregte, of anders gestel, minderheidsregte, in \u2018n baie beperkte mate in die handves van menseregte ondervang is, anders as in die meeste moderne grondwette. Die meeste beperkings op spraakvryheid spruit uit groepregte, soos haatspraak. Individue se verskansing is in terme soos laster, crimen injuria en kriminele laster gesetel. Omdat groepregte in Suid-Afrika \u2018n politiek-geringe gewig dra, word haatspraak in sommige akademiese kringe as weinig meer as \u2018n lastigheid beskou omdat dit so beperkend op spraakvryheid inwerk.<\/p>\n<p> Ironies erken die liberalisme wel ook perke op spraakvryheid, en wel wanneer sekere kwesbare groepe die slagoffer daarvan is. Onlangs het \u2018n ander DA-LP, dr. Annalie Lotriet, op die afdanking van die minister van Kuns en Kultuur aangedring oor sy deur \u2018n lesbiese kunsuitstalling geskok is en haar mond uitgespoel het.<\/p>\n<p> Groepregte wat op \u2018n staatkundige manifestasie dui, het egter nie in \u2018n liberale omgewing geskoei op individuele regte staanplek nie.<\/p>\n<p> Spraakvryheid is egter nie iets wat volgens \u2018n persoon se eie ideologiese oordeel aan- en afgeskakel kan word nie.<\/p>\n<p> Wanneer mense se lewens deur haatspraak in gevaar gestel word, behoort daar nie eens oor die kwessie gedebatteer te word nie, en dit is tot dusver die koers wat die howe inslaan.<\/p>\n<p> Dat dit inbreuk maak op liberale denke is te ene male so. \u2018n Burgerlike instansie wat hom vir spraakvryheid beywer het as party tot die destydse geding oor die Klill the Boer, kill the farmer-sage toegetree en hard geargumenteer teen die verbod daarop. Die sage om Malema se haatspraak tot orde geroep te kry, kry reeds uit onverwagte akademiese kringe teenspoed. Hoe akademies-onverantwoordelik hierdie akademici argumenteer blyk daaruit dat onlangse akademiese studies die verband tussen haatspraak en die Rwandese volksmoord duidelik uitgespel het.<\/p>\n<p> In \u2018n gepolariseerde samelewing moet mense, veral minderhede, egter teen haatspraak en die potensi\u00eble gevolge beskerm word. Die internasionale reg vereis dit.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-94\/demisezonnaja-odezhda\/jubki\">\u044e\u0431\u043a\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.unian.net\/politics\/1047546-prokuror-harkova-uvolilsya-po-sobstvennomu-jelaniyu.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die polarisasie wat rondom die liedjie, Skiet die Boere, aan die opbou is, word nog plek-plek in akademiese kringe aangehelp deur \u2018n argument oor spraakvryheid. In die Suid-Afrikaanse grondwet, soos die meeste grondwette wat \u2018n erkende handves van menseregte insluit, is dit nie net tot spraakvryheid beperk nie, maar dit maak deel uit van \u2018n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8154\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Spraakvryheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[7321],"class_list":["post-8154","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-spraakvryheid"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8154","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8154"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8154\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8154"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8154"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8154"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}