{"id":8150,"date":"2010-04-05T17:39:32","date_gmt":"2010-04-05T17:39:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8150"},"modified":"2010-04-05T17:39:32","modified_gmt":"2010-04-05T17:39:32","slug":"wat-is-die-rol-van-die-indiers-en-hoekom-is-die-res-so-stil","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8150","title":{"rendered":"Wat is die rol van die Indi\u00ebrs, en hoekom is die res so stil?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><em>In die kern van alle vyandigheid tussen vreemdelinge l\u00ea onverskilligheid. \u2013 S\u00f8ren Kierkegaard.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Julius Malema en sy ANC beskermhere plaas ons voor \u2019n interessante dilemma: Aan die een kant is hy besig om sy mede-Afrikane aan te hits om blankes dood te maak, en tegelykertyd reageer die ANC verontwaardig oor die feit dat Afrikanergroepe soos die VF+ en Afrikaner sakemanne \u2019n klag van haatspraak hierteen ingedien het. Nou ewe skielik is dit Malema wat bedreig word deur wittes en nie andersom nie. En sodra die regter bepaal het dat Malema homself inderdaad skuldig maak aan onwettige haatsaai teen minderhede, is die howe nou ewe skielik \u201cgekaap deur regses\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was v\u00f3\u00f3r die moord op Eugene Terre\u2019Blanche.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder om nou al te agterdogtig te raak wonder \u2019n mens watter kragte nou werklik hier agter sit. Uiteraard behoort swartes met rewolusion\u00eare oogmerke tot hierdie groep, maar andersyds lyk dit asof sommige Indi\u00ebrs wat die ANC trou is, agter die skerms besig is om swartes op te steek. Mahomed Vawda was die prim\u00eare motor agter die strydlied om boere te skiet, sy kameraad van die Onafhanklike Demokrate (OD) Haniff Hoosen steun hom hierin en gedra homself nog aggressiewer as die ANC om hierdie lied as \u201cerfgoed\u201d te behou, en as dit nie erg genoeg is nie, is die minister van ekonomiese ontwikkeling, ene Ibrahim Patel, besig om Suid-Afrika se gepensioeneerdes se brood uit hul monde te steel sodat hy meer geld het om aan duistere sake te verkwansel. Blykbaar het Patel al \u2019n hele uitgebreide plan van \u2019n paar miljard rand saamgestel waarvoor pensioenfondse geplunder moet word. Die fondse uit die ontwikkelingsbank kan kennelik nie meer hiervoor gebruik word nie, en nou moet die ordentlike burger wat sy lewe hard gewerk en gespaar het, opgeoffer word vir die ANC \u2013 oligargie se eindelose roofsug.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die media volop gons oor Terre\u2019Blanche se wrede en lafhartige moord, is daar baie onderliggende gebeurtenisse soos bogenoemde wat nie opgehelder word nie. Tot nimmer verbasing is die media en algemene menings anti-Terre\u2019Blanche en die veel groter ergenis word nie gesien vir wat dit is nie.\u00a0 Nog voordat ek by die vraag uitkom hoekom die hele w\u00eareld so stil is oor hierdie skaamtelose staaltjie roofkapitalisme wat onder die oppervalk afspeel, wil ek net gou \u2019n teorie opper oor waarom die Indi\u00ebrs nou so optree. Ten eerste dink ek dat hulle so aan hul bas voel dat die swartes nie werklik \u2019n ho\u00eb dunk van hulle het nie. Om die waarheid te s\u00ea is die vyandigheid tussen swartman en Indi\u00ebr \u2019n realiteit wat nie baie aandag verdien het nie en op \u2019n manier stilgehou word. Was daar nie in 1949 \u2019n poging gewees van die Zoeloes in Natal om \u2019n grootskalige moordveldtog op die Indi\u00ebrs te pleeg nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Juis as gevolg van hierdie gevoel van bedreiging probeer die Indi\u00ebrs nou \u201cRoomser as die pous\u201d te wees in hul veroordeling van blankes. \u2019n Sielkundige eksperiment wat gedoen was deur twee Italiaanse sielkundiges, Mara Cadinu en Cinza Reggiori oor dokters, sielkundiges en maatskaplike werkers het aangetoon dat sodra die sielkundiges \u2019n gevoel van bedreiging van die dokters ontvang het oor hul professionele bekwaamheid, het die sielkundiges nie die dokters aangevat hieroor nie, maar hul frustrasie op die laer groep, die maatskaplike werkers, afgereageer. Hulle het as\u2019t ware geprobeer om die maatskaplike werkers, die laagste status groep verder benede hulself te stel en juis pogings onderneem om nader aan die dokters (die hoogste status groep) te wees in terme van hul professionaliteit. In die sielkunde heet hierdie verskynsel neerwaartse vergelyking.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aangesien die blankes \u2013 veral Afrikaners \u2013 deesdae die groot paria\u2019s van Suid-Afrika is en die Indi\u00ebrs nou tot die tussengroep behoort, kan ons hul optrede teen blankes waarskynlik op dieselfde manier interpreteer. Die Indi\u00ebrs voel dat hulle op \u2019n manier bedreig word as synde \u2019n volk wat ook nie inheems aan Afrika is nie. Deur die blankes te haat en veroordeel probeer hulle hul solidariteit met hul swart meesters te bewys. Dieselfde dinamiek kan \u2019n mens aantref in lande soos Iran. As Persiese buitebeentjie te midde van Arabiese moonthede, gebruik die Ajatollas hul Islamitiese geloof as bindmiddel in die Midde-Ooste, en dit word versterk deur hul giftige veroordeling van Isra\u00ebl se bestaansreg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat egter nog onbeantwoord bly, is waarom swyg die internasionale media hieroor? Voor Terre\u2019Blanche se martelaarskap was Malema se uitlatings en die howe se veroordeling hiervan slegs \u2019n enkele onopvallende paragrafie in die Nederlandse en Britse koerante. Tydens die vorige bedeling kon ons geen kant op kyk nie of die internasionale pers was bo-op ons om allerlei verskriklike beweegredes hieraan te gee. Al sou hulle \u2019n spreekwoordelike mikroskoop te voorskyn haal, maar hulle moes en sou \u2019n swastika iewers in die NP kabinet vind; en as hulle nie een kon vind nie, het hulle een opgedroom deur byvoorbeeld foto\u2019s te vervals.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deesdae is die situasie \u2019n honderd en tagtig grade andersom. Malema skree sonder skroom dat boere geskiet moet word, wat die verlede naweek drie boere se lewens gekos het, maar dit word in oorseese media in dieselfde asem genoem as Tiger Woods se verontwaardigde kleuterskooljuffrou en derglike oppervlakkige prulartikels. Enkele ure voor Terre\u2019Blanche se moord het Malema weer hierdie lied gesing teen die uitspraak van die regter in, maar dit word skaars genoem. Die mediablootstelling oor Terre\u2019Blanche sal waarskynlik net deur die ANC as \u2019n tydelike ongemak gesien word. Hulle sal beslis nie van rigting verander nie, hooguit net so \u2019n bietjie briek trap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit lyk asof mense van nature geneig is om argwanend op speurtog te gaan na sake wat nie heeltemaal helder is nie, maar sodra dit kristalhelder uitgeblaker word dat daar geen twyfel meer bestaan nie, is daar niks meer om te s\u00ea nie. Dan word dit dikwels afgewater as \u2019n soort kinderlike jeugstreek en moet nie al te ernstig opgeneem word nie. Die emosionele impak is heelwat minder en kan in ernstige gevalle selfs \u2019n bekoorlike werking h\u00ea. Want dit is mos lekker as \u2019n Malema of Mugabe na vore tree wat \u201cgeen nonsens vat nie\u201d en dinge reguit s\u00ea wat hy bedoel. Die nonchalante opvatting van oorsee kan ook wees as gevolg van die verslaggewers en publiek elders ter w\u00eareld wat geen werklike idee het wat hierdie uitinge alles beteken nie. Hulle besef nie die gevaar van sulke uitsprake nie. Implisiet beteken dit ook dat, anders as die blankes, is die swart Suid-Afrikaners \u201cnie soos ons nie\u201d en daarom kan hul optredes nie met dieselfde maatstawwe gemeet word nie. Figure soos Mugabe besef hierdie patos van die Europe\u00ebrs baie goed en het selfs die magtigste vrou ter w\u00eareld, Angela Merkel, tot swye gebring toe sy hom wou berispe oor sy vernietigende optredes, deur haar toe te snou met \u201cmoenie jouself met ons politiek bemoei nie\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die filosoof Th\u00e9r\u00e8se Delpech het in haar uitstekende boek <em>L\u2019Esauvagament: Le retour de la barbarie au XXIe si\u00e8cle<\/em> (in Engels vertaal as Savage Century: Back to Barbarism) \u2019n voorbeeld aangehaal hoe tydens Stalin se bewind houtkappers in Rusland onder sulke ontberende omstandighede moes werk dat sommige uit wanhoop hul hande afgekap het en in die kiste vol planke gegooi het om \u2019n boodskap uit te stuur na Engeland (die koper van hierdie hout) dat daar iets ernstig verkeerd is in Stalin se werkersparadys. Toe hierdie kiste in Engeland aanland, het die doeane doodgemaklik die ontbinde hande uitgegooi en die kiste deurgelaat sonder om enige vrae te stel. Hierdie voorbeeld is sprekend van die onge\u00ebrgerde manier waarop Suid-Afrika elders ter w\u00eareld in die media bekend staan. Hulle verstaan nie die omvang van die ellende waarin Suid-Afrika verkeer nie en enige tekens van die wanhopigheid word nie as sodanig gesien nie. Soos die bostaande aanhaling van Kierkegaard duidelik stel, dink ek ook nie dat hulle werklik omgee nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom ons hoop Terre\u2019Blanche se dood gee ons die politieke wilskrag om nou finaal saam te staan en hierdie korrupte stel ANC-parasiete van hul troon af te skop. Dit is duidelik dat hulle met so \u2019n gewaagde daad polarisasie wil skep, wat wittes voor \u2019n gevaarlike dilemma gaan sit: As die dood van Terre\u2019Blanche nie tot ergenis gaan lei onder blankes nie, sal dit \u2019n swakheid adverteer na swartes. Dit kan die moorde op blankes laat toeneem. As die blankes daarenteen die wapens gaan opneem en hulself in militante geledere gaan mobiliseer, is dit \u2019n uitdaging van geweld, wat gewelddadigheid aan hul kant ook kan verhoog. Geen keuse is wenslik nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder om nou al te militant te klink, dink ek nie dat ons veel van \u2019n keuse het as om vir die laaste opsie te stem nie. Dit is die minste van twee kwade.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/obshchegarazhnoe_oborudovanie\/\">\u043e\u0431\u0449\u0435\u0433\u0430\u0440\u0430\u0436\u043d\u043e\u0435 \u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ipress.ua\/ru\/news\/prokurora_harkova_uvoleno_111840.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die kern van alle vyandigheid tussen vreemdelinge l\u00ea onverskilligheid. \u2013 S\u00f8ren Kierkegaard. Julius Malema en sy ANC beskermhere plaas ons voor \u2019n interessante dilemma: Aan die een kant is hy besig om sy mede-Afrikane aan te hits om blankes dood te maak, en tegelykertyd reageer die ANC verontwaardig oor die feit dat Afrikanergroepe soos &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8150\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wat is die rol van die Indi\u00ebrs, en hoekom is die res so stil?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43],"tags":[9693,6539,9692],"class_list":["post-8150","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve","tag-kierkegaard","tag-malema","tag-terreblanche"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8150","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8150"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8150\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8150"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8150"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8150"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}