{"id":8145,"date":"2010-04-05T12:42:22","date_gmt":"2010-04-05T12:42:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8145"},"modified":"2010-04-05T12:42:22","modified_gmt":"2010-04-05T12:42:22","slug":"die-awb-is-nie-die-antwoord-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8145","title":{"rendered":"Die AWB is nie die antwoord nie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Ek het my bes probeer om niks negatiefs oor die AWB te s\u00ea die  afgelope paar dae nie, uit respek vir wyle Eugene Terre\u2019Blanche.  Ongelukkig is die temperatuur besig om handuit te ruk en kan ek nie  langer stilbly nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ja, ek verkwalik die singery van Kill the Boer vir die gebeure op  Ventersdorp, asook die ANC se ruggraatloosheid en die kultuur van  wetteloosheid in die land.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ja, ek meen al lankal daar is reeds \u2018n laegraadse burgeroorlog in  hierdie land.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ja, ek het al lankal \u2018n beroep gedoen vir \u2018n Afrikanersekerheidsmag,  maar ek het moeite gedoen om klem te l\u00ea daarop dat ek dit as \u2018n  defensiewe mag sien, iets soortgelyk aan een van die  privaatsekerheidsmaatskappye soos Chubb of ADT. My gedagte was ook om  sodoende werk te skep vir werklose Afrikaners. Dit was beslis ni\u00e9 \u2018n  privaatweermag of \u2018n mag wat ten doel het om volksmoord te pleeg nie.  Hoekom dit nog nie bestaan nie is eweneens maklik om te verklaar. S\u00f3 \u2018n  sekerheidsmag sal as \u2018n privaatmaatskappy gestig en bedryf moet word, en  dit sal groot hoeveelhede kapitaal vereis, byvoorbeeld vir \u2018n  beheersentrum, voertuie, wapens, uniforms, salarisse ensovoorts. Ek as  iemand wat nie ryk is nie en nie die luukse het om heeldag by die huis  te l\u00ea nie, het eenvoudig nie sulke soort geld of tyd om dit man-alleen  op die been te bring nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al wat \u2018n konserwatiewe is, het nou egter skielik uit die kassie  gepeul en is daar is nou heelwat mense wat in wilde AWB-ondersteuners  ontaard het. Nie net is hulle nou sommer AWB\u2019s nie, maar wil hulle ook  \u2018n offensiewe oorlog onder die vaandel van die AWB gaan loods. Hulle wil  Eugene Terre\u2019Blanche wreek. Hulle wil, kortom, die \u201ckaffers\u201d gaan  skiet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Haal diep asem, mense. Kalmeer. Dink met jou verstand en nie met iets  anders nie. Wat dink julle gaan gebeur as \u2018n klomp khaki-geklede  AWB-lede \u2018n township binneval en die wit waks uit die swartes skiet ten  aanskoue van die internasionale media? Dink julle die buiteland sou  enige simpatie hoegenaamd h\u00ea wanneer die onafwendbare swart-op-wit  wraakaanvalle kom, waar swart impi\u2019s jou en my buurt binneval uit  weerwraak vir \u2018n lukrake skietery deur AWB-lede, wanneer hulle jou keel  afsny en jou vrou verkrag, want dis presies wat sal gebeur?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoef ek enige iemand daarop te wys dat selfs \u2018n outomatiese  aanvalsgeweer soos \u2018n AK of \u2018n R4 minder as 30 rondtes in sy magasyn  bevat, en as daardie 20 of 25 rondtes afgevuur is, maar daar staan 200  vyandiges buite jou hek, het jy nog groter moeilikheid as wat jy  voorheen gehad het. Hoef ek mense te vertel dat daar vir elke weerbare  blanke man, sowat 1.7 miljoen van ons op die meeste, daar minstens 8 of  15 weerbare swart mans in hierdie land is, maklik 20 of 30 miljoen? Hoef  ek iemand daarop bewys dat baie blankes onlangs ontwapen is deur die  ANC se wapenwetgewing?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir \u2018n paar blankes om nou op te tree sonder om te dink oor die saak,  is waarskynlik presies wat die ANC se meer radikale elemente soek.  Hulle soek \u2018n verskoning om hulle impi\u2019s op ons los te laat. Vir  Afrikaners om dom te wees, om na \u2018n geveg te soek, kan slegs  rampspoedige gevolge h\u00ea. Ek begeef my nou eweneens op gevaarlike terrein  hier, maar daar is selfs diegene wat meen dat God ons soos met  Bloedrivier sou help. By Bloedrivier het slegs een groep egter gewere  gehad. Vandag se swartes het nie net ook gewere nie, hulle het ook  tenks, vegvliegtuie en outomatiese masjiengewere. Die Zoeloes by  Bloedrivier was voorts heidene, maar vandag klassifiseer meer as 80% van  swartes hulself as Christene. Moenie te seker wees Bloedrivier 2 gaan  nie weer rooi wees met bloed nie, maar hierdie keer blankes se bloed  nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan die AWB. Dit is maklik om emosioneel meegevoer te raak en hulle  te verromantiseer agv Eugene Terre\u2019Blanche se skokmoord, maar weer eens  mense: dink! Selfs op sy hoogtepunt in die 1980\u2019s was die AWB ietwat van  \u2018n grap, met lede soos Jimmy Abbott, derduisende generaals, kommandante  en veldkornette, sonder \u2018n voetsoldaat in sig. Hoe minder ek skryf oor  die rampspoedige Bop-inval, hoe beter, behalwe dat mens ys as jy  beeldmateriaal sien hoe pleit daardie ooms om hul lewens. Wat het die  AWB se inval van die World Trade Center tydens Kodesa vermag?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig was die AWB se grap nie heeltemal so snaaks nie, en dit  was ten koste van ons, die Afrikaners gewees. (Mnr Terre\u2019Blanche het  terloops later van tyd begin s\u00ea hy\u2019s \u2018n boer nie \u2018n Afrikaner nie, wat  my maak wonder het waarvoor die A in AWB dan gestaan het.) Khaki-geklede  mans met boepense en Nazi-agtige simbole (en, laat ons eerlik wees,  daai 777-verontskuldigings glo niemand nie \u2013 daardie AWB-vlag en ander  simboliek is uit en uit Nazi-simboliek) bied vir Afrikaners se opponente  \u2018n droomgeleentheid om ons as Nazi\u2019s af te maak. Ongelukkig is dit ook  die beeld wat die afgelope paar dae die w\u00eareld in is: Afrikaners is oor  en oor met die Nazi-kwas geteer, omdat beelde van Eugene Terre\u2019Blanche  en sy mede-AWB\u2019s oor en oor uitgesaai is. Besef julle dan nie welke  geweldige negatiewe assosiasie dit in die buiteland van Afrikaners skep  nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie net was die AWB grootliks bevolk deur \u2018n versameling narre nie,  maar was hulle ook vrot van die polisie- en intelligensie-informante.  Gaan daardie vyfde kolonne skielik verdwyn as die AWB sou herrys? Hoe  na\u00efef is ons, mense? Ongelukkig moet ons ook eerlik wees en erken dat  daar ook elemente binne die AWB was wat totale los kanonne was, indien  nie kriminele nie. Daar is gerugte van AWB\u2019s wat in swart townships  ingestap het en links en regs begin skiet het op onskuldige mense. Hoe  maak dit hulle beter as Eugene Terre\u2019Blanche se moordenaars of Julius  Malema?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dus: vergeet van die AWB. Hy is hopeloos gekompromiteerd. Sonder  Eugene Terre\u2019Blanche se charisma is dit in ieder geval nie meer  lewensvatbaar nie. Dink nugter. Maak eerder planne om jou en jou buurt  te verdedig. Dink defensief, nie offensief nie. Vergeet van wraak want  dit sal teenproduktief wees. Beraam planne hoe om vreemdes van iemand  soos mnr Terre\u2019Blanche se plaas af te hou, of hoe om hulle uit jou  woonbuurt te hou. As jy dan wel op nasionale vlak wil organiseer, moenie  beplan hoe om swartes te teiken nie. Maak planne hoe om blankes op  nasionale vlak te wil verdedig. As dinge wil begin lyk na Rwanda, as die  SABC begin om Kill the Boer oggend, middag en aand uit te saai, wat is  ons plan dan? Hoe beveilig ons die vrouens en kinders? Waar en hoe  konsentreer jy die volk in weerbare groepe, want soos Terre\u2019Blanche se  moord ons gewys het, is dit lewensgevaarlik om ge\u00efsoleerd te wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daai plan het niks met die AWB te make nie. Inteendeel: \u2018n groeiende  AWB kan selfs \u2018n struikelblok wees in die pad van internasionale hulp  aan die Afrikaners, en ek is bevrees ons kan dit miskien eendag nodig  kry. Die Weste het reeds stilgesit toe 4 miljoen Rwandese uitgewis is.  Hoe geneig gaan hulle wees om ons te help as die persepsie by hulle  bestaan dat ons Nazi\u2019s is?<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/\">\u043f\u043e\u0433\u0440\u0443\u0436\u043d\u043e\u0439 \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.rbc.ua\/rus\/news\/harkovskoy-oblasti-prokuratura-razoblachila-1498048589.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het my bes probeer om niks negatiefs oor die AWB te s\u00ea die afgelope paar dae nie, uit respek vir wyle Eugene Terre\u2019Blanche. Ongelukkig is die temperatuur besig om handuit te ruk en kan ek nie langer stilbly nie. Ja, ek verkwalik die singery van Kill the Boer vir die gebeure op Ventersdorp, asook &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8145\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die AWB is nie die antwoord nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[2188,7359,7670,9687,7459,9688,9575,21092],"class_list":["post-8145","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-afrikaners","tag-awb","tag-burgeroorlog","tag-die-awb-is-nie-die-antwoord-nie","tag-eugene-terreblanche","tag-kalmeer","tag-oorlog","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8145","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8145"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8145\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8145"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8145"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8145"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}