{"id":8144,"date":"2010-04-05T07:15:38","date_gmt":"2010-04-05T07:15:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8144"},"modified":"2010-04-05T07:15:38","modified_gmt":"2010-04-05T07:15:38","slug":"moord-op-eugene-terreblanche-implikasies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8144","title":{"rendered":"Moord op Eugene Terre\u2019Blanche: Implikasies"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Ongelooflike aantal kontempor\u00eare gebeurtenisse maak dat die moord op mnr. Eugene Terre\u2019Blanche veel ingrypender is as wat die geval met die meeste ander lede van die publiek sou wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Die moord het op Terre\u2019Blanche se plaas plaasgevind, wat dit deel van die land se ontstellende plaasmoordstatistiek maak, al was dit geen gewone plaasaanval nie. Volgens Interpol is die moordkoers onder Suid-Afrikaanse boere in die orde van 300 per 100 000 per jaar, teenoor Suid-Afrika se gemiddelde moordkoers van net onder die 40 per 100 000 per jaar. Die w\u00eareldgemiddeld is 5 per 100 000 per jaar, en di\u00e9 vir Wes-Europa ongeveer een per 100 000 per jaar. Daar was die afgelope drie maande \u2018n merkbare toename in plaasmoorde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Dit kom te midde van \u2018n ongelooflike losmaak van emosie oor die ANC-Jeugleier se volharding met die sing van \u2018n liedjie waarin gevra word die Boere moet geskiet word, verder aangeblaas deur die ANC steun vir die sing van die liedjie, en kennis dat app\u00e8l aangeteken word teen hofbeslissings wat impliseer die liedjie kom op haatspraak neer, en dat dit juis kan lei tot \u2018n toename in plaasmoorde. Daar was juis \u2018n hele aantal sulke moorde sedert Julius Malema met die sing van die liedjie begin het, verskeie waarvan die uitsluitlike motief skynbaar moord was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Polarisasie, en spesifiek rassepolarisasie, is volgens opnames op die hoogste vlakke sedert apartheid afgeskaf is. Baie meen die vlakke is nou ho\u00ebr as tydens apartheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Dit kom te midde van onverklaarbare presidensi\u00eble leiding waar \u2018n dawerende swye gevoer word oor sake wat gebiedend ter wille van versoening aangespreek moet word. Op ministersvlak is \u2018n bontpratery van die eerste water oor sake soos nasionalisering, en meer spesifiek, die nasionalisering van landbougrond. Malema was juis nou op \u2019n solidariteitsbesoek aan Robert Mugabe, die ergste eietydse grondrampokker, terwyl die regering ook aangedui het dat dit teen \u2018n hofbevel gaan appelleer wat dit vir Suid-Afrikaners wie se grond in Zimbabwe geroof is, moontlik maak om op nie-diplomatieke eiendom van Zimbabwe in Suid-Afrika beslag te l\u00ea. Die regering se voorneme om te appelleer het ook eers gekom na met die beslagleggingsproses begin is wat die indruk skep dat die regering onder druk van Mugabe geswig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* In \u2018n sekere sin is die moord op Terre\u2019Blanche die kersie op die koek van \u2018n rits uiters negatiewe berigte oor Suid-Afrika wat in buitelandse koerante begin verskyn het. Hieronder tel berigte oor plaasmoorde, die rekordaantal burgers wat verlede jaar deur die Suid-Afrikaanse polisiediens doodgeskiet is (meer as 500), munisipale dienslewering wat in duie stort en veral rioolprobleme wat gesondheidsgevare skep. Onder die mense wat vanjaar reeds in plaasmoorde gesterf het tel \u2018n Belgiese en ook \u2018n Kanadese burger. Dat die ANC-regering elektrisiteitspryse skerp laat styg het, en die organisasies sowat \u2018n R1 miljard wins gaan maak uit \u2018n transaksie met Eskom, gaan ook nie deur die buitelandse pers misgekyk word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Morele waardes en vlakke van etiek in die land is so in die grond getrap dat selfs die ANC daaroor bekommerd is, maar dit wil bespreek om \u2018n nuwe waardestelsel te skep waarbinne baie van die huidige vergrype skynbaar nie meer as verkeerd beskou sal word nie. Baie kenners bring hierdie gebrek aan morele waardes met die land se misdaadkoers, en meer spesifiek die geweldsmisdaadkoers in verband.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Die land staan op die vooraand van die aanbied van die volgende W\u00eareldsokker-eindtoernooi. Die o\u00eb van die w\u00eareld gaan binnekort soos nog nooit tevore nie op Suid-Afrika gerig wees, en dit is reeds duidelik dat die vergrootglase op die land gerig gaan wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die lysie kan baie langer gemaak word, soos om na die Silemane-kwessie, ministers se tenderpreneurskap, opgeskorte vervolgings, die wurms wat steeds uit die wapentransaksie kruip, en vele meer te verwys. Minder as 24 uur na die moord, oor die Paaslangnaweek wanneer baie nuusmedia en meningsvormers nie beskikbaar is nie, het die moord, met die spesifieke woorde \u201cmurder of Eugene\u201d reeds meer as 100 000 trefslae op Google opgelewer. Di\u00e9 sinsdeel is gebruik weens die verskillende vorme waarmee Terre\u2019Blanche se van gespel word. Terwyl sommige van die opgelewerde trefslae na moorde op ander Eugene\u2019s verwys, kan nog baie ander trefslae met ander woordkombinasies en in ander tale verkry word. Dit is nie vergesog om af te lei daar sal waarskynlik reeds \u2018n miljoen berigte op die internet wees wat in die een of ander taal na die moord verwys nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die punt is egter dat die fokus eensklaps oneindig skerper op Suid-Afrika val. Suid-Afrikaners kan hulle maar vetsmeer dat joernaliste wat na invalshoeke vir stories soek, nou weer, soos onlangs die geval was, weer mediaverwysings na pres. Zuma se Suid-Afrika as \u2018n terugkeer na die donker eeue sal verwys, en dat Zuma se poligamie en buite-egtelike kroos opnuut onder die vergrootglas gaan val.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gister en eergister is mense wat teen di\u00e9 ontvouing gewaarsku het as alarmiste, reaksion\u00eare, blikkieskosopgaarders en vele meer uitgeskel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met een moord is die re\u00eblboek herskryf. Dit gaan \u2018n rukkie neem om die nuwe grense tussen realiste en na\u00efewelinge te trek. Oorreaksie gaan aan die orde van die dag wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land vereis nou staatsmanskap van die eerste orde. Nie net van pres. Zuma nie, maar van leiers oor die hele spektrum. En liedjies soos dit wat Malema so graag aanhef hoort in die vullisdrom. G\u2019n \u2018n ge-maar hieroor nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/11-potolochnye-lyustry\">\u043b\u044e\u0441\u0442\u0440\u044b \u043f\u043e\u0434 \u043f\u043e\u0442\u043e\u043b\u043e\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/13\/179611.html\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0441\u0443\u043f\u0435\u0440\u043c\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Ongelooflike aantal kontempor\u00eare gebeurtenisse maak dat die moord op mnr. Eugene Terre\u2019Blanche veel ingrypender is as wat die geval met die meeste ander lede van die publiek sou wees. * Die moord het op Terre\u2019Blanche se plaas plaasgevind, wat dit deel van die land se ontstellende plaasmoordstatistiek maak, al was dit geen gewone plaasaanval &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8144\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Moord op Eugene Terre\u2019Blanche: Implikasies&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[9686],"class_list":["post-8144","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-moord-op-et"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8144","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8144"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8144\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8144"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8144"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8144"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}