{"id":8099,"date":"2010-03-30T15:19:13","date_gmt":"2010-03-30T15:19:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8099"},"modified":"2010-03-30T15:19:13","modified_gmt":"2010-03-30T15:19:13","slug":"kan-ons-ontkom-aan-oehoeroe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8099","title":{"rendered":"Kan ons ontkom aan oehoeroe?"},"content":{"rendered":"<p><em><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" border=\"0\" \/>Hierdie rubriek het 8 jaar gelede in <\/em>Rapport <em>verskyn, op 15 September 2002, om presies te wees. In die lig van huidige dreigemente om landbougrond te gryp en vryheidsliedjies waarin &#8220;Maak dood die Boere!&#8221; weerklink, word dit weer geplaas.<br \/><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons voer die krokodil.&#8221; S\u00f3 het &#8216;n vrou in Zimbabwe die  proses beskryf waardeur blanke boere hul bates afgee aan swart  revolusion\u00eare,  die sogenaamde oorlogsveterane. Hierdie krokodilmetafoor het my laat  dink aan  Alexis de Tocqueville se beskrywing van die revolusie as &#8216;n tier wat  aanvanklik  maer en uitgeteer is, te swak om op te staan. Sodra jy hom egter begin  voer met  die hervormingsvleis, maak jy hom wakker totdat hy naderhand genoeg  gehad het  van die voorgeregte en jy self die hoofdis word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tocqueville het  natuurlik oor  die Franse Revolusie geskryf, maar in Afrika gebruik mense die  Kiswahili-woord  oehoeroe (vryheid) daarvoor. In Sjona heet dit tsjimoerenga en ons weet  dat die  Derde Tsjimoerenga tans plaasvind in Zimbabwe. My vraag op hierdie  lieflike  Sondagoggend is nou: kan ons ontkom aan oehoeroe?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandat John Vorster in  1974  sy beroemde uitspraak oor hervorming, &#8220;die alternatief is te  verskriklik om  aan te dink&#8221;, gelewer het, het die NP&#8217;s en die Afrikaanse pers net een  ding  bepleit, en dit was: voer die krokodil. Nou nog lees ons week n\u00e1 week in  die  koerante dat regstellende aksie, swart bemagtiging, grondhervorming,  asook die  oordrag van bates, ons gaan red van die verskriklike alternatief.  Volgens  Tocqueville egter word revolusie deur hervorming veroorsaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 1780 was   Frankryk in &#8216;n staat van intense hervorming en die uitbreiding van  regte, met  &#8216;n bloeiende ekonomie en vol graanskure. Hierdie verbeterde toestande  het  aanleiding gegee tot die revolusie van 1789 namate mense se verwagtings  wakker  gemaak is en hulle voortdurend meer gevra het soos daardie  oehoeroekrokodil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iemand wat Tocqueville op Suid-Afrika toegepas het, was my ou  Latyn-professor  by Wits, M.T.W. Arnheim. In sy 1979-boek, <em>South Africa after Vorster<\/em>,  beweer  Arnheim dat die Soweto-onluste in 1976 die regstreekse gevolg was van  Verwoerd  se ongekende uitbreiding van swart onderwys twintig jaar tevore. Dit was  die  begin van die swart middelklas se opmars in Suid-Afrika, &#8216;n middelklas  wat ons  grotendeels self geskep het met opvoeding, opheffing, opleiding, groter  swart  deelname aan die ekonomie, die oorhandiging van politieke mag, tot en  met  vandag se swart bemagtiging en regstellende aksie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag is die swart  elite,  wat na ons mening ongekende welvaart en mag geniet, meer ontevrede as  ooit  tevore. Revolusies word nie gevoer deur die ongeletterde in &#8216;n  plakkerskamp wat  maar te bly is om &#8216;n dagloon te verdien en sy maag vol te maak nie, maar  deur  iemand met &#8216;n salaris, &#8216;n Golf in sy garage en &#8216;n kas vol Edgars-klere.  Hierdie  persoon se misnoe\u00eb ken geen perke nie, want sy opwaartse mobiliteit maak  hom  wys dat hy al lankal &#8216;n Mercedes moes gery het en hom by Gucci moes kon  uitrus.  Volgens Arnheim voel hy &#8220;relatief agtergestel&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs het ek &#8216;n  gesprek met  &#8216;n swart vriend gehad. Hy is afkomstig van Wes-Afrika en praat Frans.  Drie jaar  gelede het hy alles verloor toe &#8216;n revolusie in sy land plaasgevind het  en nou  woon hy in Sandton. Volgens hom kan geen land in Afrika ontkom aan die  revolusie nie, ook nie Suid-Afrika nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ter wille van die argument het  ek die  teenoorgestelde probeer beweer, dat Suid-Afrika anders is, meer  verwesters, ons  &#8216;n modelgrondwet het, suksesvol hervorm het en so meer. Hy het egter  volgehou  dat ons &#8216;n Afrika-land is wat gebonde is aan die politieke wetmatighede  van ons  kontinent. Volgens hom was Zimbabwe bloot &#8216;n oefenlopie vir Suid-Afrika.   Westerse reaksie daarop sou die toekomstige optrede van mnr. Mbeki en  ons eie  revolusion\u00eare swart middelklas bepaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig vir ons het die Weste  nie  daadkragtig opgetree teen Zimbabwe nie. Die gebeure is met tipiese  paternalisme  as &#8220;tragies&#8221; bestempel, en benewens die opskorting van Zimbabwe se  lidmaatskap van die Statebond het ons vaagweg gehoor van &#8220;slim  sanksies&#8221; en  reisverbiedings vir Mugabe en sy generaals. Die kontras met &#8216;n  hervormende  Suid-Afrika onder P.W. Botha wat voluit getref is met handels- en  finansi\u00eble  sanksies kan natuurlik nie groter nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 die verkiesingsbedrog in  Zimbabwe het  Mbeki in die parlement met die presidensi\u00eble ketting om sy nek verklaar  dat die  land gehelp moet word met voedsel- en ander bystand, en om die  grondkwessie te  hanteer. Kortom, ons president het Zimbabwe se reg op oehoeroe verdedig.   Intussen het Sam Nujoma insgelyks begin moeg raak vir voorgeregte en  laat blyk  dat ook hy die Zimbabwe-opsie oorweeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert Ghana se Kwame Nkroema in  1958 sy  gematigde opposisie in die tronk gesmyt en private bedrywe  genasionaliseer het,  was daar al soveel oehoeroes in Afrika dat ons ophou tel het. Totdat ek  my  Wes-Afrikaanse vriend ontmoet het, was ek onbewus daarvan dat daar in  1998 nog  &#8216;n revolusie in die Ivoorkus plaasgevind het. Mosambiek, Angola, Zambi\u00eb,   Tanzani\u00eb, Kenia, Oeganda, die Kongo, noem maar op, elkeen het al  minstens een  staatsgreep of revolusie beleef. Nog nooit tevore het dit eens &#8216;n vals  wimper  laat bewe in die skoonheidsalonne van Sandton City nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In my argument  met my  Wes-Afrikaanse vriend het ek uiteindelik na strooihalms gegryp. &#8220;Maar  ons  infrastruktuur en ekonomiese stelsel sal nie &#8216;n revolusie oorleef nie!&#8221;  het ek  uitgeroep. Net om die lakonieke antwoord te ontvang :\u00a0 &#8220;In 1918 het  mense ges\u00ea  Europa sal nie nog &#8216;n oorlog oorleef nie.&#8221;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\">\u0431\u043e\u043b\u0438\u0442 \u0437\u0443\u0431 \u0431\u0435\u0437 \u043d\u0435\u0440\u0432\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/vulyk_16_128\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hierdie rubriek het 8 jaar gelede in Rapport verskyn, op 15 September 2002, om presies te wees. In die lig van huidige dreigemente om landbougrond te gryp en vryheidsliedjies waarin &#8220;Maak dood die Boere!&#8221; weerklink, word dit weer geplaas. &#8220;Ons voer die krokodil.&#8221; S\u00f3 het &#8216;n vrou in Zimbabwe die proses beskryf waardeur blanke boere &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8099\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kan ons ontkom aan oehoeroe?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[9635,6385,9634,9631,9632,9636,2411,1994,4114,21092,9637,9633,2251],"class_list":["post-8099","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-derde-tsjimoerenga","tag-franse-revolusie","tag-ivoorkus","tag-kan-ons-ontkom-aan-oehoeroe","tag-krokodil","tag-m-t-w-arnheim","tag-mbeki","tag-mugabe","tag-rapport","tag-rubrieke","tag-soweto-onluste","tag-vorster","tag-zimbabwe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8099","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8099"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8099\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8099"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8099"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8099"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}