{"id":8087,"date":"2010-03-30T06:18:13","date_gmt":"2010-03-30T06:18:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8087"},"modified":"2010-03-30T06:18:13","modified_gmt":"2010-03-30T06:18:13","slug":"godslastering-en-spraakvryheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8087","title":{"rendered":"Godslastering en spraakvryheid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die persvryheidsinstelling, Verslaggewers sonder Grense \u2013 in die Engelssprekende w\u00eareld bekend as <em>Reporters without Borders<\/em> &#8211; het gister in \u2018n lang verklaring gereageer op die \u2018n resolusie wat die VN se Mensetregteraad op 25 Maart aanvaar het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie resolusie verbied godslastering. Verslaggewers sonder Grense (VSG) meen egter di\u00e9 resolusie beskerm sekere godsdienste, in die besonder Islam, van kritiek teen onaanvaarbare gedrag, en plaas \u2018n onnodige beperking op uitdrukkingsvryheid, en dus in effek op persvryheid.\u00a0\u00a0 Die VSG se verslag kan <a href=\"http:\/\/www.rsf.org\/Human-Rights-Council-resolution-on.html\">hier<\/a> gelees word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit lyk of die VSG \u2018n punt beet het. Die voorstel is deur Pakistan ingedien namens die Organisasie van die Islamitiese Konferensie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VSG meen godsdiensvryheid is net so belangrik soos uitdrukkingsvryheid, en dat die een nie sonder die ander kan bestaan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n sekul\u00eare w\u00eareld is dit eenvoudig so dat gelowiges gereeld onder uitsprake en optredes sal deurloop wat ten doel het om die betrokke Opperwese af te kraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die VSA het \u2018n milit\u00eare kapelaan teenspoed opgedoen omdat hy \u201cverbode dele\u201d van die Bybel voorgelees het, soos dat God, dws die God van die Christendom, die enigste Here is. Hierdeur word aan Moslems aanstoot gegee. Hy het ook van Jesus gelees, en daardeur sou hy die Jode aanstoot gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moslems is weer dikwels ontsteld oor spotprente in die Weste wat van Mohammed a karikatuur maak, en nog verder ontstig omdat die lande se regerings oor die algemeen die kunstenaar beskerm omdat hy bloot sy reg op vryheid uitoefen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Persvryheid word vandag as een van die belangrikste hoekstene van demokrasie beskou, en word nou ook deeglik deur die internet gerugsteun waar kaalkop die waarheid vertel word \u2013 en ongelukkig ook dikwels leuens, laster en haatspraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die jongste VSG-indeks is daar vanjaar reeds 6 joernaliste in die uitvoering van hul werk dood, 168 joernaliste agter tralies, 10 media-assistente in die tronk en 119 kuberskrywers toegesluit. Die meerderheid is agter tralies weens politiek-verwante redes, hoewel in verskeie gevalle die slagoffers teenspoed gekry het omdat die betrokke lande die joernaliste van godslastering beskuldig het. Verskeie ho\u00eb profiel verslaggewers is op die oomblik voortvlugtig voor hierdie eietydse inkwisisies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verbod op godslastering kom te midde van \u2018n verbete stryd internasionaal om uitdrukkingsvryheid tot \u2018n tipe super reg te verhef, wat erg beperkend op ander regte soos die reg op veral waardigheid inwerk. Di\u00e9 debat het ook in Suid-Afrika gemanifesteer met die ANC wat vierkantig sy gewig agter Julius Malema se singery van \u201cMaak dood die Boere want hulle is verkragters\u201d ingewerp het. Minstens een Hooggeregshof het tot dusver egter saamgestem dat dit haatspraak is, en dit verbied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA het \u2018n lang verklaring uitgereik om pres. Jacob Zuma se planne oor \u2018n debat oor die defini\u00ebring van norme teen te staan, omdat so \u2018n normestelsel spraakvryheid sou beperk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is bepaalde redes hoekom godsdiensvryheid nie maar sommer as net nog \u2018n mensereg hanteer kan word nie. In die re\u00ebl plaas godsdienste hul Opperwese as \u2018n wese ver bo die mens verhewe, onaantasbaar van kritiek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Christelike godsdiens ken, vanuit Bybelse gesag, net een onvergeeflike sonde, naamlik laster teen die Heilige Gees. In verskeie tekste maan die Bybel teen die verwoestende effek van die tong wat dinge kwytraak wat moes gebly het. Boonop plaas die Christen die Bybel bo enige mensegeskepte kodes, soos \u2018n Handves van Menseregte, veral waar daardie Handves strydig met Bybelse gesag is en onder meer aborsies op aanvraag moontlik maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die oomblik woed daar in Volksblad se briewewebwerf \u2018n diskoers oor die evolusieleer waar Christelike liefde en selfs die waarheid van die eerste slagoffers was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wysheid van Salomo is nodig.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">online<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.segodnya.ua\/regions\/kharkov\/v-harkove-prokuratura-provodit-proverku-iz-za-ischeznoveniya-konfiskata-na-15-millionov-751497.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die persvryheidsinstelling, Verslaggewers sonder Grense \u2013 in die Engelssprekende w\u00eareld bekend as Reporters without Borders &#8211; het gister in \u2018n lang verklaring gereageer op die \u2018n resolusie wat die VN se Mensetregteraad op 25 Maart aanvaar het. Hierdie resolusie verbied godslastering. Verslaggewers sonder Grense (VSG) meen egter di\u00e9 resolusie beskerm sekere godsdienste, in die besonder &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8087\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Godslastering en spraakvryheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[9616,9615,9614,5358,21092,9613],"class_list":["post-8087","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-christene","tag-godsdiensvryheid","tag-godslastering","tag-moslems","tag-rubrieke","tag-verslaggewers-sonder-grense-oor-godslastering-en-spraakvryheid"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8087","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8087"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8087\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8087"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8087"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8087"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}