{"id":8070,"date":"2010-03-28T12:13:37","date_gmt":"2010-03-28T12:13:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8070"},"modified":"2010-03-28T12:13:37","modified_gmt":"2010-03-28T12:13:37","slug":"orania-vat-die-spoor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8070","title":{"rendered":"Orania vat die spoor"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Daar is min plattelandse dorpies in die w\u00eareld wat kan spog met al die aandag wat ons eie Orania geniet. Vir byna twintig jaar besoek joernaliste, politici, akademici en talle ander nuuskierige agies van heinde en ver hierdie bedrywige dorpie in die Bo-Karoo. Hoekom dan nou juis Orania?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die oog af lyk Orania soos \u2018n rustige plek met sy skilderagtige Karookoppies wat uitstaan bo nederige wonings, pekanneutboorde en uitgestrekte landerye. Die Oranjerivier is die hoofaar van die dorp en sorg vir \u2018n plantryke omgewing, wat op sy beurt sorg vir \u2018n vo\u00eblryke lugruim. Heelwat besighede is werksaam op die dorp en twee volkseie skole bevorder die jonges se kennis. Die o\u00ebnskynlik landelike voorkoms van Orania behoort weliswaar geen sensasionele emosies by die benieude besoeker op te wek nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Egter beskou niemand Orania as net nog \u2018n plattelandse dorpie nie. Soos Nkandla in KwaZulu-Natal is Orania ook die tuiste van \u2018n bevolkingsgroep wat inheems aan suidelike Afrika is. Tewens beskik beide gemeenskappe oor \u2018n paar uiteenlopende eienskappe waar onder meer kultuur, taal en ander antropologiese faktore die besoeker onmiddelik daarvan sal oortuig dat hy in twee verskillende lande is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is immers nie revolusion\u00ear dat die mono-etniese Zoeloe-bevolking van Nkandla hul kultuur sonder vreemde inmenging kan uitleef nie; tog is daar mense wat hulself vergaap aan Afrikaners in Orania wat presies dieselfde basiese menseregte geniet. \u2018n Heel koddige situasie as mens bietjie daaroor dink.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Orani\u00ebrs het al vrede gemaak met die kortsigtigheid van sommige mense en fokus veel eerder op die groot verantwoordelikheid wat hulle op hul skouers geneem het. Om \u2018n etniese minderheid in Afrika te wees is nie \u2018n gesogte posisie nie, veral nie as mens deur \u2018n vyandige volksvreemde meerderheid regeer word nie. Mens sit met \u2018n probleem indien di\u00e9 meerderheid n\u00f3g bekwaam, n\u00f3g betroubaar optree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die logiese oplossing is om onder die juk van die volksvreemde meerderheid uit te kom eerder as om langsamerhand te kwyn. Hierbenewens is \u2018n eie grondgebied, eie arbeid en selfbeskikking oor eie instellings die voorvereistes vir oorlewing. Desnieteenstaande moet eie grondgebied deurlopend uitgebrei word terwyl eie arbeid in baie gevalle eers opgelei moet word en dan moet eie instellings nog van meet af opgebou word. Tog bewys Orani\u00ebrs daagliks dat hierdie \u2018n berg is wat die Afrikaner wel kan klim.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op Saterdag 6 Maart 2010 het Orania talle CVO-skole van reg oor suidelike Afrika ontvang tydens \u2018n groot sportbyeenkoms. Vir baie kinders en ouers was dit \u2018n eerste smakie van Afrikanervryheid en \u2018n geleentheid om te sien hoe Orania uit sy pionierskoene gegroei het en nou \u2018n ontwikkelingsfase betree. Hierdie einste volkstaatgroeipunt wat destyds as \u2018n doodgebore konsep bestempel was, het vir honderde besoekende gesinne \u2018n veilige, gerieflike en gesellige ligging geword waar ouers hul kinders kan sien presteer op die sportveld, hul taal onbeskaamd kan praat en hul kultuur onverhinderd kan uitleef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl toestande in <em>Mzanzi<\/em> vandag behoorlik pas hou met die res van Afrika is Orania besig om met rasse skrede vooruit te beweeg, warm op die spoor van Afrikaner-republikeinse vryheid.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/vozduhosborniki-resivery-f6506008\/\">\u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440 \u0441 \u0440\u0435\u0441\u0438\u0432\u0435\u0440\u043e\u043c \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is min plattelandse dorpies in die w\u00eareld wat kan spog met al die aandag wat ons eie Orania geniet. Vir byna twintig jaar besoek joernaliste, politici, akademici en talle ander nuuskierige agies van heinde en ver hierdie bedrywige dorpie in die Bo-Karoo. Hoekom dan nou juis Orania? Op die oog af lyk Orania soos &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8070\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Orania vat die spoor&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[768,7129,2228,9596,2224,8410],"class_list":["post-8070","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen","tag-afrikaner","tag-nkandla","tag-orania","tag-orania-vat-die-spoor","tag-volkstaat","tag-vryheid"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8070","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8070"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8070\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8070"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8070"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8070"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}