{"id":8049,"date":"2010-03-25T14:29:07","date_gmt":"2010-03-25T14:29:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8049"},"modified":"2010-03-25T14:29:07","modified_gmt":"2010-03-25T14:29:07","slug":"eiland-weg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8049","title":{"rendered":"Eiland weg!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Twee honde baklei oor \u2018n been, en die derde loop daarmee weg. Of in die praktyk, twee lande stamp koppe oor die besitreg van \u2018n eiland, maar dan sluk die see die eiland in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">SAPA berig Indi\u00eb en Bangladesj was dertig jaar lank haas oor wie eintlik die besitreg op New Moore-eiland het, maar nou het Moeder Natuur die geskil vir hulle besleg. Hierdie eiland van sowat 3 Km by 3,5 Km is nou skoonveld, volgens satellietfoto\u2019s.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wetenskaplikes het daarop gewys dat die watervlak in die Baai van Bengalke jaarliks heelwat styg. Tot die jaar 2000 het dit met 3 mm per jaar gestyg, maar sedertdien met 5 mm per jaar.\u00a0 Ander bronne dui aan dat die styging in seevlak al in die 90\u2019s 7 mm per jaar beloop het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis nie die eerste eiland wat deur die see ingesluk is nie. In 1996 het die nabygele\u00eb Lohachara letterlik ondergegaan en moes die inwoners na die vasteland verhuis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vasteland self blyk maar \u2018n onsekere aff\u00eare te wees, met voorspellings dat 18 % van die land se kusgebiede teen 2050 onder water sal wees, en 20 miljoen mense sou moes skuif.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die meeste bronne die oorsaak vir Bangadesh se sinkende kusgebiede by aardverwarming soek, dui omsigtiger studies ook ander redes aan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hieronder wys van die navorsers daarop dat heelwat deltagebiede, en dus ook di\u00e9 van Bangadesj, jaarliks tonne materiaal afvoer wat \u2018n bykomende druk op die aardkors plaas, wat die aardkors laat sink. Gebeur dit vinniger as wat nuwe materiaal bo afgeset word, daal die omgewing. In die geval van Bangladesj is baie van die afgesette materiaal organies, wat verweer, terwyl die bykomende gewig van lae in ieder geval kompakterend inwerk.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/kukly-i-aksessuary\/kukly-i-nabory\">\u043f\u0443\u043f\u0441\u044b \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=45664#.WeUPwit1uVo\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee honde baklei oor \u2018n been, en die derde loop daarmee weg. Of in die praktyk, twee lande stamp koppe oor die besitreg van \u2018n eiland, maar dan sluk die see die eiland in. SAPA berig Indi\u00eb en Bangladesj was dertig jaar lank haas oor wie eintlik die besitreg op New Moore-eiland het, maar nou &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8049\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Eiland weg!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[9570,8026,9569],"class_list":["post-8049","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-bangladesj","tag-indie","tag-new-moore-eiland-weg"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8049","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8049"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8049\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8049"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8049"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8049"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}