{"id":8047,"date":"2010-03-25T12:59:01","date_gmt":"2010-03-25T12:59:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8047"},"modified":"2010-03-25T12:59:01","modified_gmt":"2010-03-25T12:59:01","slug":"etiekdebat-doodgebore","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8047","title":{"rendered":"Etiekdebat doodgebore"},"content":{"rendered":"<p>Die misdaad en veral geweldsmisdaad wat die land teister word dikwels toegeskryf aan \u2018n morele verval. Iemand wat bloot honger is, sal byvoorbeeld nie \u2018n luukse motor kaap en die bestuurder doodskiet bloot om kos vir hom en sy gesin te kry nie. Of boere op plase deur die slaapkamervensters skiet sonder om iets te buit nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Morele herstel is noodsaaklik. Dit strek wyd tot die vestiging van \u2018n etiese kode, soos die daarstelling van werksetiek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Juis daarom sou pres. Jacob Zuma se voorstel, en nou planne, vir die debattering oor morele waardes nie onvanpas klink nie, maar eerder presidensieel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit blyk egter dat dit nie doel van die voorgestelde debat sal wees nie, maar om beweerde gebruike van sekere groepe teen mekaar op te weeg omdat, soos hy dit stel, praktyke wat vir sommiges moreel verkeerd is, vir ander nie noodwendig verkeerd is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voorbeelde wat hy noem is werklik ontstellend. Aan die wortel hiervan is artikel 96 van die grondwet wat kabinetslede verbied om ander betaalde werk te verrig of belange te h\u00ea wat tot \u2018n konflik van belange kan lei nie. Dieselfde artikel skryf ook die daarstelling van en uitlewing van \u2018n gedragskode voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog ontstellender is die verwatering van die beginsel dat \u2018n regerende party in algemene belang moet regeer. Presies wat is daar om te debatteer as die ANC se Chancellor House sake met Eskom doen, en die ganse bevolking daarvoor betaal?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie is kwessies wat deur die eeue deel van die w\u00eareld se grondwetlike demokrasie\u00eb geword het. Deur konvensie is elke beginsel aan die praktyk getoets, en het onlosmaaklik deel geword hiervan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die redes is voor die hand liggend. Kabinetslede het bykans onbeperkte toegang tot geklassifiseerde inligting, en sou etiese beperkings nie geld nie, sou kabinetslede \u2018n bepaalde voorsprong h\u00ea by die benut of verkoop van hierdie inligting wanneer daar multimiljardrand wapentransaksies opduik, sou nuwe besproeiingskemas beplan word, en vele meer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geskiedenis is vol voorbeelde van kabinetslede wat hierdie versoekings nie kon weerstaan nie, en selfs in die tronk beland het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou wil pres. Zuma die beginsels onderliggend hieroor oopgooi vir debat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die president die wiel wil herontwerp, is daar soveel in die land wat aandag nodig het, soos die verval van paaie en dienste wat in duie stort. Minstens \u2018n skaflike deel hiervan kan na onetiese gedrag, soos tenderpreneurskap herlei word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gister het ds. Theunis Botha, leier van die Christen-demokratiese Party, \u2018n verklaring uitgereik waarin hy pres. Zuma opnuut daarvan beskuldig dat hy die land na die donker eeue probeer terugsleep waar voorvadergeesaanbidding \u2018n norm is. Al meer word kritiek op Christenskap gehoor wat voorgestel word as die witman se godsdiens wat allerlei imperiale doelstellings sou h\u00ea. Dit lyk of Christelike norme as struikelblokke beskou word om \u2018n plunderkrasie gevestig te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik is die harde werklikheid dat Suid-Afrika nie \u2018n selfonderhoudende planeet is nie. Suid-Afrika is ook deel van die w\u00eareldekonomie, en die mate waarin die land \u2018n netto wins of verlies hieruit gaan maak hang af van aspekte soos korrupsievryheid, produktiwiteit en werksetiek wat mededingendheid verhoog, \u2018n fokus op noodsaaklike eerder as luukse sodat oormatige hoeveelheid kapitaal nie uit sirkulasie geneem word deur byvoorbeeld luukse vuurwaens in te voer nie, en \u2018n samelewing wat breedweg funksioneer volgens die norme en etiese kode wat deur instellings soos die w\u00eareldbank as geldend aanvaar word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wiel is reeds ontwerp en in bedryf. Die beskikbare energie moet eerder aangewend word om sake reg te ruk, nie deur misdaad uit te skakel deur dit te wettig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die etiekdebat w\u00e9l realiseer sal elke burger, elke organisasie, elke kerk, sy stem duidelik moet laat hoor.<\/p>\n<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/magic-boxes\/\">magic boxes<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die misdaad en veral geweldsmisdaad wat die land teister word dikwels toegeskryf aan \u2018n morele verval. Iemand wat bloot honger is, sal byvoorbeeld nie \u2018n luukse motor kaap en die bestuurder doodskiet bloot om kos vir hom en sy gesin te kry nie. Of boere op plase deur die slaapkamervensters skiet sonder om iets te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[9565,9567,9566,321],"class_list":["post-8047","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-etiek-debat","tag-morele-verval","tag-morele-waardes","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8047","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8047"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8047\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8047"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8047"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8047"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}