{"id":8031,"date":"2010-03-24T08:30:34","date_gmt":"2010-03-24T08:30:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8031"},"modified":"2010-03-24T08:30:34","modified_gmt":"2010-03-24T08:30:34","slug":"oorsaak-en-gevolge","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8031","title":{"rendered":"Oorsaak en gevolge"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die parlement\u00eare Skoor en sy provinsiale kleintjies het al dikwels stem dik gemaak oor geld wat weens onbekwaamheid, nalatigheid of bedrog verlore gaan. Skoorlede het dit ook nie maklik nie, en word dikwels deur weerbarstige burgemeesters, ministers en ander geminag deur nie op te daag nie, swak voorberei op te daag, of doodgewoon die lede se intelligensie te onderskat.<\/p>\n<p>Dit is daarom nie verbasend nie, dat Skoorlede, ook ANC-verteenwoordigers, dikwels begin stem dik maak.<\/p>\n<p>In die verlede is weerbaristiges wat versuim het om voor Skoor te verskyn, al gedagvaar.<\/p>\n<p>\u2018n Algemene probleem is egter dat probleme wat Skoor en sy provinsiale verlengstukke identifiseer, dikwels net onaangeraak bly. Die voorsitter van die provinsiale Skoor, Themba Godi van die APC, het nou baie belastingbetalers se frustrasie verwoord toe hy na die moord verwys waarmee amptenare wegkom.<\/p>\n<p>In plaas daarvan dat salarisontvangende amptenare vir hul brouwerk vasgevat word, kry hulle berading en moet hulle werksessies bywoon. Godi vind dit lagwekkend.<\/p>\n<p>Onlangs het die minister van Samewerkende Regering verbaal onder belastingbetalersverenigings ingeseil en die skuld vir die diensleweringsprobleme geplaas op hierdie verenigings wat belastinggeld in trustrekenings inbetaal. Minstens betaal hierdie mense, anders as die minister wie se eie munisipale rekening reeds R40 000 in die rooi was voor hy begin opdok het.<\/p>\n<p>Die insiggewende egter, is dat die minister erken het die probleem l\u00ea by die kwaliteit raadslede en amptenare wat die ANC aangestel het.<\/p>\n<p>Sedert 1994 is al dikwels met groot fanfare aangekondig dat die regering met programme gaan begin om sake reg te ruk. Ook mnr. Jacob Zuma, toe presidentskandidaat en sy kornuite het voor die algemene verkiesing aangedui hulle gaan van onbevoegde en korrupte amptenare en burgemeesters ontslae raak. Een van Zuma se aanhangers, die huidige Vrystaatse Premier, Ace Magashule, het dit voor die verkiesing by \u2018n Salga-kongres ges\u00ea en is uitgelag.<\/p>\n<p>Die gelag, so lyk dit, het nog nie bedaar nie. Intussen is oproer oor dienslewering \u2013 wat al baie jare sporadies selfs wydverspreid losbars \u2013 nou skynbaar besig om in omvang toe te neem. Trouens, al hoe meer ontevredenes het agtergekom dat die regering w\u00e9l \u2018n Achilleshiel het, naamlik die komende W\u00eareldsokkerbeker.<\/p>\n<p>Terwyl die regering skynbaar onaangeraak voel oor Julius Malema se haatspraak teen boere en die erge vlaag plaasmoorde, is dit die pure tande as aan die sokker geraak word.<\/p>\n<p>Al word niks nou reggeruk nie, word daar minstens deeglik in geslaag om die regering se aandag te trek, al is dit in die vorm van dreigemente, rubberkoe\u00ebls, traangas en pepersproei. <\/p>\n<p>Die kieserskorps het net hulself te blameer. In \u2018n demokrasie is \u2018n kieser veronderstel om teen \u2018n regerende party te stem wat ruim aan beloftes, maar suinig met dienslewering omgaan. \u2018n Party wat homself met verkiesingsbeloftes uit die moeilikheid lig, behoort ook nie meer as een keer daarmee weg te kom nie.<\/p>\n<p>In Suid-Afrika werk dit skynbaar anders, en opstokers soos Malema verrig die nuttige rol om te verseker dat verkiesings etniese sensusse bly waardeur die ANC se regerende posisie vasgemessel word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/kompressory_porshnevye_peredvizhnye_s_benzinovym_dvigatelem\/\">\u043f\u043e\u0440\u0448\u043d\u0435\u0432\u043e\u0439 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die parlement\u00eare Skoor en sy provinsiale kleintjies het al dikwels stem dik gemaak oor geld wat weens onbekwaamheid, nalatigheid of bedrog verlore gaan. Skoorlede het dit ook nie maklik nie, en word dikwels deur weerbarstige burgemeesters, ministers en ander geminag deur nie op te daag nie, swak voorberei op te daag, of doodgewoon die lede &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8031\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Oorsaak en gevolge&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[9527],"class_list":["post-8031","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-skoor"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8031","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8031"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8031\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8031"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8031"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8031"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}