{"id":8028,"date":"2010-03-24T07:10:03","date_gmt":"2010-03-24T07:10:03","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8028"},"modified":"2010-03-24T07:10:03","modified_gmt":"2010-03-24T07:10:03","slug":"swak-klientediens-in-die-kaapse-toerismebedryf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8028","title":{"rendered":"Swak kli\u00ebntediens in die Kaapse toerismebedryf"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/03\/swakdiens.jpg\" border=\"0\" \/>Alhoewel die Weskaap enorme toerismepotensiaal het, laat diegene in die toerismebedryf se diens dikwels veel te wense oor. Ek sou dog dis \u2018n gegewe dat, sou jy wil geld maak uit toerisme, jy moet werk wanneer ander mense op vakansie is, nie waar nie? Jy moet veral nie nee s\u00ea wanneer \u2018n toeris op jou drempel opdaag en aan jou sy geld wil oorhandig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skynbaar werk dinge egter nie so in die Kaap nie. Gaan probeer gerus om \u2018n oop restaurant te kry op die 1ste of 2de Januarie enige plek buiten die Waterfront in Kaapstad, byvoorbeeld in Hermanus. Dis godsonmoontlik. Desember is die besigste tyd van die jaar vir die Kaapse toerismebedryf. Daar is hordes Vaalies soos ek asook Pommies en Duitsers daar op vakansie. Ons wil almal ons geld aan die Kapenaars en hul restourant-eienaars gee, maar o, we\u00eb, klaarblyklik sien hulle dit nie as belangrik om oop te wees wanneer hulle die meeste besoekers kan kry nie. Dit herinner my aan Itali\u00eb, waar baie eetplekke toe is tussen 12 en 4, omdat die eienaars self middagete wil eet. Hoe onredelik tog van my, \u2018n blote toeris, om iets anders van die luigat Taljaners en Kapenaars te verwag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook lyk dit my maak hulle soveel geld dat hulle nie juis belangstel daarin om besprekings af te neem nie. Ek probeer hierdie week per epos \u2018n bespreking maak vir Sondag (let wel: dis \u2018n langnaweek, dus kan hulle weer eens baie toeriste verwag), by \u2018n epos-adres wat ek op restaurants.co.za gekry het. Ek kry \u2018n antwoord terug van iemand wat my inlig dat die persoon nie meer daar werk nie. Halloooo!!!! Nie \u201cjammer, meneer, sy werk nie meer hier nie, kan ek jou help?\u201d nie, nee, \u2018n blote fok-jou epos. Ek is duidelik besig om die persoon te irriteer met my lastige navraag. Ek probeer toe maar weer, na \u2018n ander, algemene adres toe. Kry \u2018n kortaf antwoord dat my epos na die restourantbestuurder gestuur sal word. Tot vandag toe niks gehoor nie, nodeloos om te s\u00ea. As ek hulle baas was, sou sulke luigatte se loopbaanvooruitsigte uiters beperk gewees het, maar aan die ander kant is die bestuurder self stellig ewe lui.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek gee toe maar moed op, en stuur eergister \u2018n ander epos aan \u2018n ander plek, wat ek eers op die onredelike uur van 10 uur in die oggend probeer bel het, sonder sukses. Raai-raai: het ek \u2018n antwoord gekry, twee dae later? Nee. Beide hierdie plekke is groot ondernemings met bekende handelsname, maar verwerdig hulle hulself om ag te slaan op \u2018n blote toeris? Moenie glo nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Miskien is daar \u2018n rede waarom slegs sommiges die Groot Trek aangepak het. Smaak my die luies het agtergebly.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">online betting games<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/lb.ua\/society\/2015\/02\/23\/296529_prokuror_harkova_uvolilsya_tri_dnya.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Alhoewel die Weskaap enorme toerismepotensiaal het, laat diegene in die toerismebedryf se diens dikwels veel te wense oor. Ek sou dog dis \u2018n gegewe dat, sou jy wil geld maak uit toerisme, jy moet werk wanneer ander mense op vakansie is, nie waar nie? Jy moet veral nie nee s\u00ea wanneer \u2018n toeris op jou &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8028\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Swak kli\u00ebntediens in die Kaapse toerismebedryf&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":8027,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[9519],"class_list":["post-8028","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-weskaapse-toerisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8028","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8028"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8028\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/8027"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8028"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8028"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8028"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}