{"id":8009,"date":"2010-03-23T05:32:55","date_gmt":"2010-03-23T05:32:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8009"},"modified":"2010-03-23T05:32:55","modified_gmt":"2010-03-23T05:32:55","slug":"die-hart-van-outisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8009","title":{"rendered":"Die hart van outisme"},"content":{"rendered":"<p>\u201cHoekom ek slaap?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe verduidelik \u2018n mens aan jou outistiese kind hy het nie sommer maar so staande aan die slaap geraak nie? Dat hy flou geword en omgekap het?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons ry huis toe na sy eerste bergfietswedsren.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos gebruiklik moes pa \u2013 dis ek \u2013 saam ry want verstaan is nie altyd maklik nie en \u2018n mens wil nie diskwalifikasies en daardie teleurstelling h\u00ea nie. Die deelnemersmedaljes is vir hom baie werd \u2013 dit inspireer hom om iets te vermag -te presteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In baie opsigte is ons jongste nie tipies outisties nie. Hy is dol oor sekere mense, hy is ouervas. Hy is nou amper 17, en baie langer as sy pa en ma.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort voor die naweek was dit sulke tyd \u2013 sy ma se jarelange skaduwee, Snoetie, het \u2018n laaste rusplek in die agterplaas gekry. Snoetie het net een mens geduld \u2013 vir vroulief. Ons ander het gereeld onder die tandjies deurgeloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog was dit ons jongste wat sedertdien kort-kort sorg dat daar blommetjies op Snoetie se laaste rusplek is. Netnou was hy weer hoog op \u2018n leer om blommetjies wat in \u2018n palmboom ingerank het by te kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kleintyd het ons die deelnemersmedaljes ingeryg \u2013 pretrappe en pretdrawwe. Di\u00e9 mannetjie het asem. Toe hy nog na die spesiale skool gegaan het, moes ek een keer per week skool toe gaan en in die oefenperiode saam met die atlete om en om die skool hardloop, sodat die mannetjie kon verstaan wat van hom verwag word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie lank nie, toe kry ek \u2018n medalje vir deelname aan \u2018n 20 Km-wedloop, jare na ek uit landloop getree het danksy \u2018n knie wat voor en na \u2018n operasie nie meer wou saamwerk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jaar daarna doen ek my eerste standaardhalfmarathon, en vroulief gelas dat dit ook die laaste is. Die knie maak \u00f3f oefen, \u00f3f deelneem moontlik. En toe was die uwe amper 50.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierna het die geldsakies gemaak dat Saterdagoggende deur smous op die boeremark vasgevang is. Vanjaar het die dinge so gedraai dat Saterdagoggende weer oop is, en uiteindelik het die dag aangebreek dat ons weer \u2018n eerste fietsrybyeenkoms kon inwerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pa is op kleinman se ou fiets waarvan die agterwiel met elke draaislag iewers haak. Kleinman het \u2018n regte bergfiets gekry, opgebou uit nuwe en ou onderdele.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMoenie vir pa wag nie. Ry so vinnig jy kan.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie lank nie, toe is daardie agterwiel wat so vassteek pap, en die trap word moeilik. Kleinman is los voor, al ry hy net in eerste rat. Om van ratte te probeer verduidelik is \u2018n emosionele aff\u00eare, en eindig gewoonlik in stilstuipe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik kom die uwe by die eindstreep aan, en kry \u2018n deelnemersmedalje, maar daar van die bakkie af word beduie. Hoe nader \u201cgedraf\u201d word (die bene wou nie meer regtig nie) hoe meer kom woorde soos \u201cflou geword\u201d en \u201c\u201dkop gestamp\u201d aangewaai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anderkant die bakkie l\u00ea kleinman plat op sy rug, maar by. \u2018n Paar besorgde mense byderhand. Bloed is op kleinman se hande. Ek let op sy fiets se voorwiel is pap, en ek kan my indink hy het uiteindelik die idee van kompetisie gesnap, en gejaag, en met \u2018n pap wiel, sy g\u00f4 uitgetrap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop was hy vooraf so opgewonde, hy het baie laat gaan slaap die vorige nag, en was ook bitter vroeg op.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl hy vir pa by die bakkie gewag het, het hy flou geword en agteroor geval, die kop stukkend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek \u201cdraf\u201d om hom te gaan Coke koop, sy gunstelingdrankie. Terug by hom, is \u2018n paramedikus ook by, \u2018n apparaatjie aan die lang dun vingertjie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy beduie hy is \u201cfine\u201d, hy wil huisie toe gaan. Min taal, maar dit wat hy opdoen is van \u2018n mengsel bronne en baie van sy strokieshelde op TV, en di\u00e9 is feitlik voor die voet Engels. Soms spreek die Engelse woorde ook makliker uit met die beperkings op klankreproduksie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons pak die pad huis toe aan. En dis toe dat hy wil weet hoe dit dan is dat hy so aan die slaap kon raak. Ek probeer beduie van \u201clights out\u201d en ander terme wat ek uit sy Jackie Chang-videos kan oproep, maar tuis word ma ook ingelig van die aan die slaap rakery, en toe die kopvallery.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie lank nie, is sy kop soos \u2018n mummie toegedraai, en kleinman is nie min be\u00efndruk nie. Nou kan almal sien hoe \u2018n vreeslike ding hy oorgekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pa probeer wiel regmaak. Die ou fiets se binneband is daarmee heen. Sy nuwe ryding se voorwiel lewer vier gaatjies op, voor dit lyk of alles toegeplak is. Vanoggend, op die Sondag, is die voor- en agterwiel pap. M\u00f4re, op die vakansiedag, is dit verder regmaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En so, verband om die kop is kleinman die leer uit, blommetjies daar bo vir Snoetie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En sy pa wil hom dooddruk.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\">\u0441\u044a\u0435\u043c\u043d\u044b\u0435 \u043f\u0440\u043e\u0442\u0435\u0437\u044b \u0437\u0443\u0431\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/63481-eks-rukovoditelyu-xarkovskoj-strojfirmy-grozit-12-let-tyurmy.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cHoekom ek slaap?\u201d Hoe verduidelik \u2018n mens aan jou outistiese kind hy het nie sommer maar so staande aan die slaap geraak nie? Dat hy flou geword en omgekap het? Ons ry huis toe na sy eerste bergfietswedsren. Soos gebruiklik moes pa \u2013 dis ek \u2013 saam ry want verstaan is nie altyd maklik nie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8009\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die hart van outisme&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[9497],"class_list":["post-8009","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen","tag-die-hart-van-outisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8009","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8009"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8009\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8009"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8009"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8009"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}