{"id":7996,"date":"2010-03-21T06:52:33","date_gmt":"2010-03-21T06:52:33","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7996"},"modified":"2010-03-21T06:52:33","modified_gmt":"2010-03-21T06:52:33","slug":"plaasmoorde-en-die-trap-op-die-hart-en-siel-van-die-afrikaner","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7996","title":{"rendered":"Plaasmoorde en die trap op die hart en siel van die Afrikaner"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Plaasmoorde, dikwels onbeskryflik wreed, is sedert 1994 \u2018n aggressiewe kanker wat deur die land woed. Voor 1994 was die landbougemeenskap ook aan terreur onderhewig, soos selfs babas wat in landmynaanvalle aan flarde geruk is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Interpol is die moordkoers onder die land se boere meer as 300 per 100 000 per jaar. Die land se moordkoers is sowat 40 per 100 000 per jaar, die w\u00eareldgemiddeld is 5, en Wes-Europa se moordkoers is 1 per 100 000 per jaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor minder as drie maande skop die Fifa-W\u00eareldbeker-eindtoernooi in Suid-Afrika af terwyl die land onlangs die titel van w\u00eareldmoordhoofsetel by sy titel as die w\u00eareld se verkragtingshoofsetel gevoeg het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En so skrikwekkend soos die huisrooftogte, wat dikwels op verkragting en moord uitloop, \u201copenbare\u201d rooftogte en huisrooftogte is, die koers hiervoor op die land se plase is bykans 10 keer ho\u00ebr.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die landbousensusse bring byvoorbeeld ongehoorde groot bedrae verliese as gevolg van vee-, gewasse en weidingdiefstal aan die lig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In enige konstitusionele demokrasie, waar die regering soos veronderstel word in algemene belang regeer, sou \u2018n mens \u2018n bykanse histerie vanuit regeringsgeledere oor di\u00e9 soort syfers verwag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die teenoorgestelde gebeur egter. Die regering swyg dawerend in al elf amptelike tale. In teendeel, wanneer die minister van Polisie die uiters ongewone doen en plaasaanvalle wel veroordeel, word die effektiewe repudi\u00ebring hiervan deur die kroonprins, Julius Malema, op allerlei maniere deur die regering en ANC gekondoneer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die toppunt van minagting sou egter nog kom toe ANC-ampsdraers onder die o\u00eb van die SAPD die naamlyste met 1 600 plaasmoordslagoffers opskeur, op die grond voor hul hoofkantoor neergooi en daarop trap. Die doel van die naamlyste was om die erns van die sing van die liedjies soos \u201cSkiet die boere\u201d onder die ANC se aandag te probeer bring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met hierdie optrede het die ANC op die hart en siel van die Afrikaner en bitter baie Engelssprekendes getrap. Indien pres. Jacob Zuma dit nie ten sterkste veroordeel nie, onderstreep hy dat hy nie \u2018n president se agterent is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die grondwet, so gebrekkig soos dit mag wees, stel op verskeie maniere die belangrikheid van respek vir mekaar se kulture. In \u2018n heterogene land is dit vanselfsprekend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die bou van Vryheidspark het ministers en ander oral in Suider-Afrika gesneuwelde en gestorwe kaders se voorvadergeeste gaan bymekaar maak en met kartonbokse na Vryheidspark gebring en om daar losgelaat te word. Afrikanergroepe het nie hierop gereageer deur simbolies bokse met die name van hierdie afgestorwenes in die strate te gaan vertrap en verbrand nie, al val hierdie tradisie vir die Afrikaners en Christene hoe vreemd op.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die ANC se optrede by Luthuliehuis is die wig van polarisasie tot diep in die siel van die nasie ingedryf. Die teerling is as\u2019t ware gewerp, en die streep is in die grond getrek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien daar ooit \u2018n tyd was wat van Zuma verwag is om presidensi\u00ebel op te tree is dit nou. Die land wag.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">pro100casino<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/13\/179611.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u043e\u0441\u044c\u0435<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Plaasmoorde, dikwels onbeskryflik wreed, is sedert 1994 \u2018n aggressiewe kanker wat deur die land woed. Voor 1994 was die landbougemeenskap ook aan terreur onderhewig, soos selfs babas wat in landmynaanvalle aan flarde geruk is. Volgens Interpol is die moordkoers onder die land se boere meer as 300 per 100 000 per jaar. Die land se &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7996\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Plaasmoorde en die trap op die hart en siel van die Afrikaner&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[6539,6336,321],"class_list":["post-7996","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-malema","tag-plaasmoorde","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7996","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7996"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7996\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7996"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7996"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7996"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}