{"id":7969,"date":"2010-03-18T08:02:12","date_gmt":"2010-03-18T08:02:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7969"},"modified":"2010-03-18T08:02:12","modified_gmt":"2010-03-18T08:02:12","slug":"politiek-is-tydloos-maar-ek-en-jy-is-nie-so-tydloos-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7969","title":{"rendered":"&#8216;Politiek is tydloos, maar ek en jy is nie so tydloos nie&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">So koggel \u0149 boodskappie vanaf \u0149 Boeremagvriendin, teen die middel van Februarie, op my selfoon. \u201cS\u00ea liewer ons en politiek en tyd is so inmekaar verstrengel\u201d antwoord ek sinies. Ek bedink my en vervolg dadelik met nog \u0149 boodskap: \u201cOns gaan nog versmoor in hierdie einste (Boeremag)saak. Sommer binnekort, letterlik omkom aan \u0149 suurstoftekort&#8230; nog lank voor ek of jy kans kry om oud te word. Hehehe&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert die saak op 2 Februarie hierdie jaar begin het, is dit al \u0149 hele paar keer uitgestel. Meer as een keer omdat van die sleutelpersone te siek was om voort te gaan. \u0149 Paar dae voor ek die sms ontvang het, het die saak een dag afgestaan omdat daar te min suurstof in die hof was. Die lugre\u00ebling werk met tussenposes glad nie &#8211; vir maande al nie. Al klink dit ook vergesog, met twintig beskuldigdes, tien advokate, \u0149 regter en twee assessore, \u0149 gros of meer in polisie-uniform en soms nog \u0149 aanhoorder of twee in die galery kan die suurstof in selfs so groot spasie soos die hofsaal, benoud \u00a0min raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op daardie tydstip was die sewentigjarige Gerhardus Visagie, (Oom Vis) van Warmbad in die bank. \u00a0Hy is nommer 17 van beskuldigdes in die Boeremagsaak en ook die oudste. Hy was besig om aan Regter Jordaan te verduidelik dat hulle hele beplanning daarom gegaan het dat as hier geweld sou uitbreek ons mense georganiseer moet wees om onsself te verdedig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verseker is ons nie tydloos nie, kyk hoe l\u00ea die oud-word oor oom Vis, het ek in die hof gesit en dink. Is die politiek tydsaam in ons, die groepie mense by die saak betrokke, ingebrand of was die politiek \u00a0voor die tyd reeds deel van ons, het ek gewonder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het teruggedink aan die getuienis gedurende Oktober verlede jaar van die agt-en-sestigjarige oom Frik Boltman, beskuldigde nr. 15. Hy het vertel dat hy in \u0149 huis met \u0149 absolute politieke atmosfeer groot geword het. Sy pa was in 1938 verkies as LV vir De Aar, Colesberg, weer in 1943 en herkies in 1948. \u201cU weet in \u0149 stad beteken \u0149 LV niks nie maar op die platteland is hy amper die koning, sou ek s\u00ea. So daar het altyd besoekers gekom en daar was maar net altyd politiek gepraat&#8230; (Oor) ons behoud as die Afrikanervolk&#8230; ons volksgeskiedenis &#8211; dit was amper soos moedersmelk ingekry : van Bloukrans, van die moord op die boere, van Moorddrif, van Potgieter wat afgeslag is.\u00a0 Dit was deel van my opset gewees\u201d het hy getuig. Hoewel die Staat probeer aantoon het dat hy te klein was om dit te onthou, het hy voet by stuk gehou. \u201cAs jy nou my ouderdom is dan sal jy verstaan maar jy tel die goed op in jou lewe sonder dat iemand dit nou definitief vir jou s\u00ea.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na sy pa se dood in 1952, het sy ma, \u0149 kleindogter van ds. Dirk Postma wat die Gereformeerde Kerk gestig het, haar as onderwyseres bekwaam. Oom Frik het hulde gebring aan haar, wat hul vyf kinders alleen groot gemaak het. Sy is nou reeds 92 jaar oud. Selfs na sy vader se dood, het sy \u00a0nog in die politiek betrokke gebly. \u201cAs \u0149 Nat \u00a0&#8211; nie \u0149 Sap nie.\u201d \u00a0Oom Boltman het getuig dat hyself by die Nasionale Party betrokke was tot in 1976.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cU edele oom Black Swart, Hans Strydom, Serfie Serfontein, PK le Roux is almal huisvriende van ons gewees. &#8230;oom Black-hulle het by ons kom kuier en ons het vir hulle gaan kuier.\u00a0 Ons was in die presidensie meer as een keer.\u00a0 Een keer het hy vir ons kom kuier, ek sal dit nooit vergeet nie, met die hele gevolg.\u00a0 Met sy motorfietse, sy wagte en daardie groot swart kar, ek kan nou nie onthou wat is dit nie.\u00a0 Ek het nou gedink wat noem \u0149 mens dit maar ons was nou eintlik die \u201ctalk\u201d van die \u201ctown\u201d gewees na daardie situasie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe bly dinge oor tyd nie maar net dieselfde nie? Veral as dit by familie-dinge, die kerk en politiek kom. \u00a0Dit is van die gedagtes wat by my opgekom het, terwyl hy vertel het van die\u00a0 stryd tussen sy pa en sy oupa. Sy oupa wou nie gehad het dat sy ma van die Gereformeerde kerk, waarin sy groot geword het, na die NG Kerk, haar man se kerk, moes oorgaan nie. Na al die tyd bewaar hy nou nog die briewe wat daaroor handel. Ook het hy vertel van sy suster wat in die ANC-\u201cstruggle\u201d, gedurende die sestiger jare gearresteer was, toe die wet op kommunisme van krag geword het.. Hy weet tot vandag tog nog nie of sy wel \u0149 volwaardige ANC-lid was nie. Hy het ges\u00ea dat die mense wat vir hulle kom vertel het, dat sy een van di\u00e9 was wat in Londen voor die Afrika-huis getoi-toi het, nogal ges\u00ea hulle is net bly dat sy pa dood is, en dat hy dit nie gesien het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vertellings uit sy lewe het \u0149 tydperk van sewe dekades vervleg in die politieke geskiedenis van ons volk gedek. En \u0149 driekwart dekade daarvan is die Boeremag-saak reeds aan die gang. Tye\u00a0 verander tog \u2013 selfs gedurende dekades. Meeste van die beskuldigdes in die saak het plaasmoorde, wat hul verwag het erger sou word, en die kans dat dit na grootskaalse geweld kan oorspoel, as hul grootste motivering beskou om betrokke te raak by iets wat later as die Boeremag sou bekend staan&#8230; (Volgens Projek 2010 was daar gedurende Februarie hierdie jaar twintig plaasmoorde \u2013 die meeste nog in een maand!)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oom Boltman het vertel van \u0149 gesprek wat hy voor 2002 gehad het met Piet Pretorius, die skrywer van die boek <em>Volksverraad:<\/em> &#8212; \u201c&#8230;hy het gepraat \u2013 ek het nie geweet hulle noem dit so nie, hy het gepraat van &#8216;n tweede revolusie.\u00a0 Ek het gedink &#8216;n revolusie is in verskillende fases.\u00a0 \u00a0&#8230;nee, hy het gepraat van die tweede revolusie.\u00a0 Met ander woorde die eerste deel \u2013 die eerste revolusie is die oorname, die wettige oorname van die land deur die ANC of wat ook al.\u00a0 Maar die werklike kom wanneer die Kommuniste Party die Regering \u2013 dit is die tweede revolusie.\u00a0 Hy het daarvan gepraat, wat ek nou ook nie geweet het nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cU edele ek was baie bekommerd oor die veiligheid van ons mense veral na aanleiding van die plaasmoorde wat die regering aanhoudend ontken dat dit \u0149 politieke strekking het.\u00a0 Ek dink dit is polities gemotiveerd.\u00a0 Die feit dat dit moorddadig is.\u00a0 Die feit dat daar nie goed gesteel word nie.\u00a0 So ek het net gedink die regering het nie die mag of die wil om orde te handhaaf nie&#8230;\u00a0 Die Uhuru het mos afgekom in Afrika in al die lande, in elke land waar hulle onafhanklikheid gekry het, het hulle uitgemoor.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oom Boltman is op die 10 de Oktober 2002 gearresteer, sewe jaar voordat hy op 21 Oktober 2009 in die getuiebank kom staan het. Ek kan die nuusberig onthou die dag toe hy gearresteer is, ook die foto van hom wat laer in die Pretoria News verskyn het, &#8230; het daar werklik intussen soveel tyd verby gegaan? \u00a0Tydens sy getuienis het hy \u0149 paar maal genoem dat hy nie kan onthou nie.\u00a0 \u201cU edele as ek vir u vertel watter verleenthede het my geheue vir my al in my lewe gekos.\u00a0 Ek het nou maar \u0149 paar goed hier genoem.\u00a0 Ek vergeet .., ek vergeet u edele.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het vertel dat sy regsverteenwoordiger hom nie in die bank wou plaas nie, maar dat hy aangedring het. Want, het hy gereken as hy skuldig bevind sou word sonder dat hy in die bank was, sou hy sy prokureur kwalik geneem het.\u00a0 \u201cAs hy my hier sit en ek word gepand dan is dit ek.\u00a0 Dit is hoekom ek hier sit vandag u edele.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is baie dinge in hierdie saak ges\u00ea, die oorkonde is al lankal by vyftig duisend bladsye verby. Sommiges daarvan sal ek graag wil vergeet, maar \u0149 paar dinge van oom Frik Boltman se getuienis sal ek in \u0149 diep onthou wil wegb\u00eare:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op sy ouderdom, het \u0149 mens \u00a0\u201cdarem al \u0149 paar jaar deur die land geloop, u weet\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat hy op sy oudag nog \u0149 besigheid begin het, want \u201c&#8230; \u0149 mens hou nooit op nie, het u nooit dit agtergekom nie?\u00a0 Dit is soos iets wat jou byt.\u00a0 \u0149 Ou wat suksesvol is hou nie op nie hy wil net al hoe meer.\u00a0 Nie noodwendig dat jy geld jaag nie maar jy gaan net aan en aan en aan.\u00a0 Ek het dit met my kli\u00ebnte gesien u edele skatryk mense maar hulle hou nie op nie.\u00a0 &#8230;maar ek het \u0149 paar besighede in my lewe begin, met \u0149 paar het ek lelik verloor maar met party het ek baie sukses behaal en as ek agterstevoor is dan is dit \u00a0maar net omdat ek so is.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het \u201c maar tot die slotsom gekom dat mens sekere besluite in jou lewe self neem en andere word vir jou geneem&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die einde van sy getuienis het hy die regter bedank: \u00a0\u201c&#8230;Ons is nou 7 jaar hierso en u het ons altyd menswaardig behandel en daarvoor wil ek graag my waardering uitspreek.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat ek seker die langste sal onthou, is dat politiek oor die tyd heen, mens hegter aan ander mense kan bind as aan jou eie bloedverwante. Want, was sy redenasie, sommige mense is nie\u00a0 \u201cpolitieke \u2018animals\u2019 nie &#8211;\u00a0 hulle probeer geld maak &#8211; dit is al.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen die tweede week in Maart begin Johan Pretorius (beskuldigde nr. 19) net na oom Vis getuig, omdat Herman van Rooyen (nr. 18) gekies het om nie in die bank te gaan staan nie. Skielik is daar nou weer vordering in die saak. Di\u00e9 aand stuur ek aan my Boeremagvriendin \u0149 boodskappie: Jou wyse aanhaling oor die politiek bly by my spook&#8230; miskien sal ek en jy, op ons oudag ook kan s\u00ea dat die politiek ons nie verbygegaan of onaangeraak gelaat het nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"Branding Social\">media branding<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.sovetneg.ru\/object\/dostavka--drugih-stran-topcargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>So koggel \u0149 boodskappie vanaf \u0149 Boeremagvriendin, teen die middel van Februarie, op my selfoon. \u201cS\u00ea liewer ons en politiek en tyd is so inmekaar verstrengel\u201d antwoord ek sinies. Ek bedink my en vervolg dadelik met nog \u0149 boodskap: \u201cOns gaan nog versmoor in hierdie einste (Boeremag)saak. Sommer binnekort, letterlik omkom aan \u0149 suurstoftekort&#8230; nog &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7969\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Politiek is tydloos, maar ek en jy is nie so tydloos nie&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[9428,9430,9432,9431,9435,9434,9429,9433],"class_list":["post-7969","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen","tag-politiek-is-tydloos","tag-boeremagsaak","tag-frik-boltman","tag-gerhardus-visagie","tag-herman-van-rooyen","tag-johan-pretorius","tag-maar-ek-en-jy-is-nie-so-tydloos-nie","tag-piet-pretorius"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7969","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7969"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7969\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7969"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7969"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7969"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}