{"id":7965,"date":"2010-03-18T06:18:18","date_gmt":"2010-03-18T06:18:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7965"},"modified":"2010-03-18T06:18:18","modified_gmt":"2010-03-18T06:18:18","slug":"keiser-julius","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7965","title":{"rendered":"Keiser Julius"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die onlangse uitsprake van Julius Malema en die onophoudelike uitblakering van die doen en late van hierdie militante en uitgesproke jeugleier, het gesorg vir \u2018n gratis bemarkingsveldtog deur ons pers. Een wat uiteindelik net tot voordeel van hom en sy massa aanhangers is. Ek stem heelhartig saam met \u2018n vroe\u00ebre skrywe van Anton Barnard dat Malema ons \u2018n guns doen want hy is eintlik besig om die linkse blanke Afrikaner te \u201cliberate\u201d en die wat nog slaap wakker te maak. Die vraag is egter of dit goed is en of dit nie lankal reeds te laat is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek dink Malema is \u2018n diktator wat wag in die gange van ons sogenaamde demokratiese bestel. Een wat, as hy aan bewind sou kom, die menseregtehandves met een veeg vanaf sy tafel sal ve\u00eb en die gronwet sal verbrand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy uitsprake oor grondhervorming kan nie net as belaglik afgemaak word nie. Dit moet eerder \u2018n waarskuwing dien van dit van in sy en sy volgelinge se koppe aangaan. Gedagtes wat nou gekoester word is m\u00f4re se dade.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat nog meer onrusbarend is, is dat dit nie bloot net by hom en sy comrades bly nie maar op parliment\u00eare vlak bespreek word. Alhoewel Jacob Zuma dit glimlaggende ter syde werp en maak asof dit kattekwaad is deur kinders aangeja, behoort ons nie hierdeur geflous te word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy is besig om sy pensioen by mekaar te maak, asook di\u00e9 sy baie vrouens. Ons beleef stellig die laaste era van \u2018n verkose president deur die ANC. Ons is besig om \u2018n era van Afrikadiktatorskap te betre\u00eb en hoef geen twyfel te h\u00ea oor wat dit behels nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moet ook glad nie dink dis onmoontlik nie, Afrika is bekend vir diktators soos President Mwai Kibaki van Kenia, President Umaru Yar&#8217;Adua van Nigeri\u00eb en die DRK se Joseph Kabila. Dan praat ons nog nie van ons ou buurman Mugabe nie. Almal ingestem deur die histeriese massas wat hierdie verlossers op \u2018n wolk sien neerdaal het en ander wat bloot te bang was om hulle te verwerp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waar dit nie meer gewerk het nie is die massas ge\u00efntimideer, gemartel en baie ook vermoor. \u2018n Dooie man kan mos nie stem nie. Is dit nie maar hoe Zuma ook daar bo gekom het nie, deur dreigemente? Malema en die ANC-Jeugliga het gedreig om die land onregeerbaar te maak as die hofsaak teen Zuma, die laaste hindernis na presidentskap, slaag. Die regering het geluister en die \u201conafhanklike\u201d regbank, een van die trotse pilare van ons grondwet het die knie gebuig. Ons het &#8216;n staatsgreep gehad sonder dat een skoot geskiet is. Die ANC-Jeugliga, SAKP en COSATU behoort erkenning hiervoor te kry, hulle was briljant, slinks en berekend. Amper nes PW Botha gedurende die sogenaamde Info-skandaal in die middel sewentigs.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoekom is dit nog dat sekeres dink dat Malema nie Staatspresident kan word nie? Dalk nog na die volgende verkiesing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kyk net na die reaksie van sekeres in die parliment gedurende die bespreking van Malema. Na aanleiding van Pandor se uitbarsting en tirade kan baie afgelei word. Sy het blykbaar die hoogste waardering vir sy uitlatings, \u201cthe young man\u201d, soos sy liefderik na hom verwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nodeloos om te s\u00ea, baie deel haar sentimente en sal enige dag die jongman as president inlaat. Dit sal die doodskoot wees vir ons halwe demokrasie en die einde van ons land as ongetwyfelde leier in Afrika. Kaapstad sal nog \u2018n Luanda word met of sonder Zille en Johannesburg \u2018n patetiese geraamte in die begrafplaas van Afrika. Vir enige regdenkende sal daar slegs twee opsies oorbly, vat jou goed en trek Ferreira of bly en vat die pyn. Nogtans dink ek enigeen wat tans met &#8216;n vervalde paspoort sit, lewe &#8216;n illusie of beskik oor te veel geloof.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\">\u0432\u043e\u0437\u0434\u0443\u0448\u043d\u044b\u0439 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440 \u043f\u0440\u043e\u043c\u044b\u0448\u043b\u0435\u043d\u043d\u044b\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.criminal.org.ua\/2017\/02\/blog-post_65.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die onlangse uitsprake van Julius Malema en die onophoudelike uitblakering van die doen en late van hierdie militante en uitgesproke jeugleier, het gesorg vir \u2018n gratis bemarkingsveldtog deur ons pers. Een wat uiteindelik net tot voordeel van hom en sy massa aanhangers is. Ek stem heelhartig saam met \u2018n vroe\u00ebre skrywe van Anton Barnard dat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7965\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Keiser Julius&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[9420,9421],"class_list":["post-7965","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-keiser-juluis","tag-president"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7965","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7965"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7965\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7965"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7965"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7965"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}