{"id":7964,"date":"2010-03-18T06:14:09","date_gmt":"2010-03-18T06:14:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7964"},"modified":"2010-03-18T06:14:09","modified_gmt":"2010-03-18T06:14:09","slug":"die-prys-van-skynstature","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7964","title":{"rendered":"Die prys van skynstature"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Luukse motors en luukse hotelverblyf vir ministers, maar paaie met slaggate besaai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Troppe blouligboelies maar \u2018n gebrekkige kapasiteit by die president se inbelsentrum.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie is maar twee voorbeelde van op die oog af swak prioritisering, maar met die gemeenskaplike kenmerk dat \u2018n bykans onaantasbare elite soos \u2018n eietydse adelstand ontwikkel, met die bre\u00eb gemeenskap wat met goedkoop beloftes en sentimente as stemvee ingespan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die inkomstegaping groei inderdaad, en is volgens verskeie monitors die hoogste onder die w\u00eareldekonomie\u00eb wat op die Giniskaal gemeet kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Prag en praal te midde van, en selfs ten koste van die welvaart van die omgewing is een ding, maar om di\u00e9 prag en praal statuur te gee deur onverdiende status daaraan te gee, iets anders.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die maniere om status te verleen is die gebruik van titels soos \u201cExcellency\u201d, \u201cyour worship\u201d en \u201chonourable\u201d selfs buite die forums waar die konvensie geld, bykans twee dekades na dit afgeskaf is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos rykes in vervlo\u00eb tyd skares gehuur het om by begrafnisse \u2018n geweeklaag te kom aanhef, word die eietydse Mandaryne ook status ingepomp deur allerlei soort personeel, soos klein weermaggies wat di\u00e9 BBP\u2019s moet beskerm. Selfs Julius Malema, wat geen staatsamp of selfs staatspos beklee nie, word van BBP-beveiliging op belastingbetalerskostes voorsien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig gedra van hierdie eenhede hulle soos boewe in plaas van soos wetsgehoorsames wat die BBP\u2019s teen misdadigers moet beskerm. Verskeie voorvalle is gerapporteer waar op lede van die publiek geskiet is wat nie vinnig genoeg uit die pad van di\u00e9 voortsnellende stoete kan kom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 boelies gaan egter verder, en begin nou sommer in ander opsigte as wetstoepassers optree, soos om iemand te arresteer wat nie met die president se konvooi be\u00efndruk was nie, en dit getoon het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou het \u2018n herrie losgebars nadat die president se boelies \u2018n joernalis gearresteer het en die foto\u2019s op sy kamera gewis het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie soort optrede trek gou die aandag van persvryheidswaghonde, en sal stellig Suid-Afrika se posisie op die persvryheidsindeks affekteer. Hierdie indeks be\u00efnvloed ook ander indekse soos die korrupsie-persepsie-indeks, en dit weer die beleggersvertroueindeks.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen vermeerder die slaggate, en intussen het die president se befaamde inbelsentrum nie die kapasiteit om eens \u2018n fraksie van die oproepe doeltreffend te hanteer nie. Die fakse- en e-pos wat aan di\u00e9 sentrum gerig word, gaan skynbaar regstreeks in snippermasjiene in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is daarom nie verbasend dat mense optogte hou oor swak dienslewering nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Polisiediens propvol generaals kan maar rubberkoe\u00ebls en arrestasies inspan; dit laat nie die skeeftrek van die situasie verdwyn nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Miskien is ons nou terug by die era waar \u2018n vorige Vrystaatse Premier haar luukse vuurwa geregverdig het deur\u00a0 te s\u00ea: \u201cOns moet met sulke karre ry, want kyk net hoe lyk die paaie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die mense dan nie brood het nie, laat hulle dan koek eet.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-96\/verhnjaja-odezhda\/pal-to\">\u043f\u0430\u043b\u044c\u0442\u043e \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kh.vgorode.ua\/news\/luidy_horoda\/234421-v-kharkovskoi-oblasty-novyi-prokuror\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Luukse motors en luukse hotelverblyf vir ministers, maar paaie met slaggate besaai. Troppe blouligboelies maar \u2018n gebrekkige kapasiteit by die president se inbelsentrum. Hierdie is maar twee voorbeelde van op die oog af swak prioritisering, maar met die gemeenskaplike kenmerk dat \u2018n bykans onaantasbare elite soos \u2018n eietydse adelstand ontwikkel, met die bre\u00eb gemeenskap wat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7964\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die prys van skynstature&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[9419],"class_list":["post-7964","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-skynstature"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7964","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7964"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7964\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7964"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7964"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7964"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}