{"id":7944,"date":"2010-03-17T06:03:11","date_gmt":"2010-03-17T06:03:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7944"},"modified":"2010-03-17T06:03:11","modified_gmt":"2010-03-17T06:03:11","slug":"regering-en-die-grondwet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7944","title":{"rendered":"Regering en die grondwet"},"content":{"rendered":"<p>Gister is Menseregtedag gevier, en \u2018n parlementsitting onder meer daaraan gewy. Gister het \u2018n hof weer \u2018n uitspraak teen die regering gelewer oor die nie-nakoming van die grondwet in \u2018n saak wat ook neerslag in die Handves van Menseregte het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 keer het die regering bloedneus gekry oor \u2018n bepaling in die grondwet dat die regering \u2018n taalwet moet aanvaar. Toe \u2018n prokureur die regering hieroor aantree het die regering in woorde geantwoord wat deur die meeste Afrikaanse kultuurorganissies as kwetsend en uiters kommerwekkend, en boonop van heelwat waarheid gestroop, beskou is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na die uitspraak was daar op \u2018n enkele uitsondering na \u2018n dawerende stilswye van partye in die parlement verteenwoordig is. Daar was meer reaksie uit kultuurgeledere, en onder meer Afriforum en Solidariteit, en op die politieke vlak, die klein Christen-Demokratiese Alliansie, het wel regeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs al sou die spesifieke uitspraak as nie van besondere waarde geskat word nie, wat moeilik te begryp is, is \u2018n tendens wat posvat nou werklik kommerwekkend. Dit lyk asof hofsake nou die enigste uitweg is om die regering te dwing om die grondwet na te kom nadat grondwetlike instansies soos Pansat se tande getrek, en die Openbare Beskermer en die Menseregtekommissie se skynbare ANC-gesinsindheid op die oog af problematies geword het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die lys van hofsake waar die regering tot orde geroep is, raak nou onheilspellend lank. Hieronder tel:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Die CarMicelle-saak waar \u2018n vrou deur \u2018n verkragter op borgtog verkrag en erg aangerand is. Di\u00e9 vrou moes tot in die Grondwethof veg om \u2018n uitspraak te kry dat die staat inderdaad verantwoordelik is. Toe moes weer van nuuts af begin word om die omvang van skadevergoeding te bepaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Die Modderklip-saak waar die regering eenvoudig vanuit die staanspoor bloedneus gekry het, maar enduit geappelleer het \u2013 dikwels eers na die spertye, en uiteindelik ook bloedneus gekry het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Die Walker versus the City Council of Pretoria-saak wat ook in die grondwethof gaan draai het wat tot gevolg gehad het dat munisipaliteite belet is om gemeterde tariewe van blankes te eis, en vaste tariewe van swart mense.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Die Ermelo-saak wat oor die magte van skoolbeheerliggame gehandel het, en uiteindelik die kwessie van die reg om in Afrikaans te mag skoolgaan. Die onderwysdepartement is onder meer gestriem omdat nie behoorlik beplan word vir die behoefte aan skole nie, en dan die sogenaamde maklike uitweg te wil volg om ander hul regte te ontneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Twee hofsake wat handel oor Zimbabwe. In die saak van Crawford von Abo is \u2018n belangrike uitspraak gelewer oor die regering se versuim om sy burgers se belange in die buiteland te beskerm. In die ander saak moet Suid-Afrika nou \u2018n multi-nasionale triunaal se bevinding teen pres. Robert Mugadbe se grondroof respekteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* In die Grondeisehof het die Grondeisekommissaris skielik \u2018n klomp bloutjies geloop, onder meer oor \u2018n beweerde gekonkel met hofstukke, die ignorering van bewyse teen die geldigheid van die grondeise, en oplaas die kwessie dat eisers in die eerste plek vergoed is en alternatiewe grond gekry het toe hulle die grond kwyt is wat hulle nou terugeis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* \u2018n Uitspraak in die Arbeidshof teen die SAPD oor die weiering om kapt Renate Barnard te bevorder bloot omdat sy wit is. Die regering appelleer hierteen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* \u2018n Vroe\u00ebre suksesvolle app\u00e8l teen die Menseregtekommissie dat die slagspreuk, Kill the Boer, kill the farmer,\u201d nie haatspraak is nie, is nou in die gelykheidshof opgevolg met \u2018n skuldigbevinding van Julius Malema oor losbekkigheid oor die vrou wat pres. Zuma van verkragting aangekla het. Malema gaan aansoek om toestemming vir app\u00e8l vra, en hy moet nog tereg staan op klagtes oor \u2018n jongste uitspraak, in die vorm van \u2018n liedjie, \u201cShootl the farmers, they are rapists.\u201d Dit is werklik kommerwekkend dat die ANC geledere agter Malema gesluit het hieroor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* In die saak van die Reitz-vier, het die landdros dit nodig geag om die media en die politici te maan om nie uitsprake te maak wat op die vier se skuld dui alvorens die verhoor nog begin het nie. Hierdie uitspraak l\u00ea nie net aan die wortel van die grondwetlike bepaling van administratiewe geregtigheid nie, maar aan die wortel van ons regspraak wat op die beginsel van natuurlike geregtigheid gebaseer is. Nogtans het \u2018n groot Afrikaanse Sondagkoerant regstreeks hierna die landdros se opdrag geminag. Dit lyk ook nie asof dit die politici gerem het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen hierdie agtergrond, en die feit dat Vrystaat Landbou die regering oor gebrekkige beskerming hof toe neem, is uitsprake tot wysiging van artikel 25 van die grondwet om eiendomsreg te kan verander, baie kommerwekkend. Dit is nie maar net \u2018n artikel in die grondwet, soos dit wat gewysig kon word om parlement\u00eare oorlopery moontlik te maak nie. Hierdie vorm deel van die Handves van Menseregte. Dit weer, maak deel uit van \u2018n stel universeel geldende menseregte waartoe die grondwetlike beginsels wat by Kemptonpark onderhandel is, en die grondwet self hom verbind. Suid-Afrika is ook mede-ondertekenaar van verskeie handveste en ooreenkomste waarin dit vervat is, en wat ook deur \u2018n grondwetlike bepaling eerbiedig word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As verder in ag geneem word dat mineraleregte genasionaliseer is, en landbou-grondbesit reeds aangetas is deur die Sekerheid van Verblyfregwet \u2013 terwyl die staat homself van hierdie bepaling op staatsplase uitgesluit het, dan is versekerings tot die teendeel nie baie gerusstellend nie, veral aangesien dit lyk of regeringswoordvoerders bont praat hieroor, en die regterhand nie weet wat die linkerhand doen nie, en ewe dikwels die linkerhand ook nie weet wat die linkerhand doen nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravki-dlya-basseyna-kupit-s-dostavkoy\">\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0443 \u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/dozor.kharkov.ua\/news\/authority\/1155993.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gister is Menseregtedag gevier, en \u2018n parlementsitting onder meer daaraan gewy. Gister het \u2018n hof weer \u2018n uitspraak teen die regering gelewer oor die nie-nakoming van die grondwet in \u2018n saak wat ook neerslag in die Handves van Menseregte het. Di\u00e9 keer het die regering bloedneus gekry oor \u2018n bepaling in die grondwet dat die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[9396,5165,9395],"class_list":["post-7944","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-eiendomsreg","tag-grondwet","tag-menseregtedag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7944","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7944"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7944\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7944"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7944"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7944"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}