{"id":7913,"date":"2010-03-15T06:14:26","date_gmt":"2010-03-15T06:14:26","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7913"},"modified":"2010-03-15T06:14:26","modified_gmt":"2010-03-15T06:14:26","slug":"polisiestaat-of-piesangrepubliek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7913","title":{"rendered":"Polisiestaat of piesangrepubliek"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 naweek vra die Sunday Times die vraag of Suid-Afrika nader aan \u2018n polisiestaat beweeg, en stapel \u2018n aantal kommerwekkende tekens op. In die hoofartikel word onder meer die stelling gemaak dat elemente binne die ANC nou oor mekaar se voete val om te probeer kyk waar die harde manne van apartheid hul handboeke geb\u00eare het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afgesien van die tekens wat die Sunday Times gebruik, soos die terugkeer van milit\u00eare range in die polisie, en die minister se opmerkings van \u201cskiet om dood te skiet\u201d is daar nog meer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die minister van Samewerkende Regering, Sicelo Shiceka, het oorlog teen die, soos hy dit noem, wanbetalers verklaar wat weens swak dienslewering hul munisipale belastinggeld in \u2018n trustrekening stort. In die proses het nog \u2018n dreigement bykans verlore gegaan. Swart wanbetalers wat oproerig is word ook met die volle impak van harde teenoptrede gedreig, soos die afsperring van swart woongebiede en die uitrook van die belhamels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Klink dit nie ook bekend nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groot fout wat mense maak wat ongelukkig is \u2013 wat ook al die rede \u2013 is om die een hefboom te gebruik waaroor die regering gevoelig is, naamlik om die komende Fifa-toernooi as hefboom vir beter dienslewering te gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Presies hoe gevoelig die regering oor di\u00e9 kwessie is, het duidelik geblyk toe enkele misdadigers, waarvan minstens een blykbaar geestelik onwel is, gedreig het dat hulle die buitelandse besoekers aan die toernooi wil teiken. Geen steen is onaangeroer gelaat om die weerbarstiges op te spoor nie en joernaliste is voor die hof gesleep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierna het swart wanbetalers \u2018n soortgelyke dreigement gemaak. Ook hulle is laat verstaan dat hulle onsagkens opgespoor en vervolg sal word, soos die opmerking van Shiceka blyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe het Cosatu op die wa geklim. Di\u00e9 keer was die regering se aksie anders. Volgens berigte vanoggend lyk dit of die ANC die voet neersit teen wat as \u201clos kanonne\u201d beskryf word. Onder dreigemente van tugoptrede is al die eendjies skynbaar nou in die ry. Di\u00e9 tugoptrede is egter nie terugwerkend van krag nie, en almal begin nou met \u2018n skoon lei. Ook Julius Malema wat behoorlik soos \u2018n los kanon geskiet het, ook onder sy eie kaders in, kom in die proses skotvry daarvan af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat sommiges kommer het oor tekens van \u2018n polisiestaat, verdryf dit steeds nie die tekens van \u2018n piesangrepubliek nie. Ook hier speel die Fifa-toernooi dikwels \u2018n rol. Vanoggend word berig dat die Mangaung-munisipaliteit steeds hoopvol is dat straatverbeterings voor die Fifa-toernooi afgehandel sal kan wees. Intussen bly die gasheerstad-ooreenkomste wat stede met Fifa moes sluit min of meer \u2018n staatsgeheim. Af en toe kruip nog \u2018n bepaling soos \u2018n wurm uit die blik, soos dat die stede hulle tot boomplantaksies en vullisherwinning verbind het. Die snelbusvervoerdiens loop op taxistakings uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die dreigemente teen wanbetalers en belastingbetalersverenigings klink ook meer na \u2018n paniekreaksie namate die werklike treurige toestand op munisipale gebied tot die regering begin deurdring. Die huidige gefladder en beloftes dat sake reggeruk sal word kom te midde van meer as \u2018n dekade se beloftes en peperduur sogenaamde regsrukaksies. Onder die powerste munisipaliteite tel ook van di\u00e9 wat deur die taakspan wat oud-pres. Thabo Mbeki aangestel het en skynbaar dadels uitgerig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die minister identifiseer wel die kern van die probleem, naamlik dat die ANC, soos hy dit gestel het, onbekwame ampsdraers en amptenare aangestel het. Met die kern van die probleem ge\u00efdentifiseer, sou \u2018n mens verwag dat dit ook is waar die probleem aangespreek gaan word. Die oorlog word egter teen van die simptome verklaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Te midde van \u2018n stroom plaasmoorde en ander opspraakwekkende moorde gaan dring die kommissaris van polisie in die parlement aan om as generaal aangespreek te word. Heel gepas het die parlementslede dit ge\u00efgnoreer. Die land het werklik nie in sy stryd teen misdaad iemand nodig wat soos Idi Amin homself van sersant tot generaal, en toe veldmaarskalk bevorder het sonder dat dit teen enige merieteverwante maatstaf gemeet word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is maar enkele aspekte. Nog \u2018n belangrike en gevaarlike bontpratery is die voorneme om die artikel in die grondwet wat eiendomsreg waarborg te wysig. Kommersi\u00eble landbougrond is skynbaar in die oog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit gaan egter veel meer as die wysiging van artikel 25 verg. Suid-Afrika sal ook sy grondwetlike verbintenis tot internasionale verdrae moet opskort, anders sal mense wie se eiendomsreg ontneem word, hulle ook tot multi-nasionale arbitrasie kan wend soos die geval met Zimbabwiese boere was wat hulle tot die SAOG-tribunaal in Namibi\u00eb, en daarna die Suid-Afrikaanse howe kon wend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word dit ook ontneem, is die land nie meer \u2018n grondwetlike demokrasie nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free bonus slot<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0441\u043a\u043e\u0439 \u043e\u0431\u043b\u0430\u0441\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Di\u00e9 naweek vra die Sunday Times die vraag of Suid-Afrika nader aan \u2018n polisiestaat beweeg, en stapel \u2018n aantal kommerwekkende tekens op. In die hoofartikel word onder meer die stelling gemaak dat elemente binne die ANC nou oor mekaar se voete val om te probeer kyk waar die harde manne van apartheid hul handboeke geb\u00eare &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7913\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Polisiestaat of piesangrepubliek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[227,6332,9350,321],"class_list":["post-7913","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-anc","tag-cosatu","tag-sa-polisiestaat","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7913","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7913"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7913\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7913"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7913"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7913"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}